Underberg-plaasmoord: Beskuldigde vrygespreek

Dan Knight en sy lewensmaat, Beth Bucher

Dan Knight en sy lewensmaat, Beth Bucher

ʼn Man wat tereg gestaan het op aanklag van moord en roof met verswarende omstandighede van Daniel (Dan) Knight en die aanranding van sy lewensmaat, is Dinsdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof vrygespreek op alle aanklagte.

Regter Jerome Mnguni sal op 5 November die redes vir sy uitspraak in die saak teen Lucky Gcina (24) van Bulwer gee. Nog twee beskuldigdes in die saak, Tsepiso Ramongale (20) en Bonginkosi Nyawose (33) sal op daardie dag hul lot hoor. Hulle bly in aanhouding.

Knight en Dilys (Beth) Bucher is in Oktober 2013 in hul huis in Himeville aangeval. Die hof het in Junie gehoor Knight is vasgebind en met ʼn hamer doodgeslaan. Bucher is aangerand, aan ʼn wasbak se poot vasgebind en ʼn sjirurg se handskoen is oor haar neus en mond getrek. Sy het haarself van versmoring gered deur ʼn gedeelte van die handskoen in haar mond in te suig en ʼn gat daarin te byt.

Knight se twee voertuie en drie vuurwapens is gesteel. Bucher, wat ʼn brandhoutbesigheid bedryf het, het die distrik verlaat en kus toe getrek.

Lees ook:
Underberg-plaasmoord: Vierde verdagte in hegtenis geneem
Drie vas vir KZN-plaasmoord
KZN-plaasmoord: Boer se naam bekend
Plaasmoord: Boer glo met hamer doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ocks ·

ONSKULDIG!!!!!! Want sy vellletjie is pikswart! Sirkus Suid Afrika.

Paul ·

Of dalk omdat daar nie bewyse teen hom was nie? Of dink jy nie dis moontlik dat ‘n fout gemaak kan word en ‘n verkeerde persoon gearresteer en aangekla kan word nie? Is alle polisiebeamptes en aanklaers heeltemal onfeilbaar?

Het jy opgelet dat daar nog twee ander persone is wat aangekla is en wat nog geoordeel moet word?

alex gous ·

Bestaan die DA party of hoor jy net van hulle voor vekiesings Dan daardie danse van hulle leier daar in die lokasies. Jammer hulle is tans so STIL.

boer ·

Alex,wat gaan die DA in hierdie geval doen, want hulle toi toi dan net so lekker saam.
Hiers niemand in hierdie land wat na die blanke omsien nie. Jy moet maar na jouself kyk,
of skakel gerus in by groepe wat die blanke se belange op die hart dra.

Theresa ·

Ja Alex en Ocks. Ek het aan dieselfde ding gedink. Amazing is hierdie land net nie…!!!

Valkyrie Meisiekind ·

Is daar nog mense wat oor die DA bekommer – DA is ANC-Lite
Die Plaasmoorde is glad nie vir DA enigsins ‘n prioriteit nie. Volgens zille bestaan daar ook nie iets soos White Genocide in SA nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.