Twee mans is Maandag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord van Daniel (Dan) Knight in Oktober 2013.
Regter Jerome Mnguni het Tshepiso Ramongale (28) en Bonginkosi Nyawose (33) tot ʼn verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede op Knight en sy lewensmaat, Beth Bucher.
Knight en Bucher is in Oktober 2013 in hul huis in Himeville in Underberg, KwaZulu-Natal, oorval. Hulle is vasgebind en die mans het vuurwapens en geld geëis. Knight het gesê daar is geen geld nie, en het aangebied om ʼn tjek vir hulle uit te skryf. Hulle het hom herhaaldelik met ʼn hamer oor sy kop geslaan totdat hy gesterf het.
Bucher is aangerand, aan ʼn wasbak se poot vasgebind en ʼn sjirurg se handskoen is oor haar neus en mond getrek. Sy het haarself van versmoring gered deur ʼn gedeelte van die handskoen in haar mond in te suig en ʼn gat daarin te byt.
Sy het ʼn brandhoutbesigheid bedryf, maar het intussen die distrik verlaat en kus toe getrek.
ʼn Vermeende medebeskuldigde, Lucky Gcina (24) is in Oktober vrygespreek.
Kom ons kyk maar of hulle wel lewenslank daar gaan sit. Hulle is binnekort weer vry om te moor,
as dit afhang van ons ANC regering