Uniondale-boere verskyn in hof

Uniondale (Foto: Facebook)

Die twee boere van Uniondale in die Wes-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hulle vroeër vandeesweek hul vuurwapens gedurende ʼn betoging op dié dorp afgevuur het, het vanoggend in die George-landdroshof verskyn waar hulle op borgtog vrygelaat is.

Nicklaas Gerber (48) en Marthinus Loock (49) staan tereg op aanklagte van poging tot moord nadat die klagte Maandag by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak is.

Gerber en Loock het na bewering die betrokke dag gedurende ’n betoging in die distrik van Uniondale albei, in afsonderlike voorvalle, in die rigting van betogers geskiet.

Drie betogers is glo tydens een van die voorvalle raakgeskiet.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Gerber en Loock is vanoggend op borgtog van R1 000 elk vrygelaat nadat hulle Woensdagaand in hegtenis geneem is.

Gerber en Loock sal na verwagting weer op 29 Julie in die hof verskyn, het Pojie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

sweis ·

Die wet is daar om te gehoorsaam maar ek vind dit snaaks dat die polisie so vinnig optree as n wit persoon die wet verbreek ,malema skiet op video skote in die lug vir almal om te sien en en begaan dieselfde oortreding afvuur van n wapen in n geboude gebied en nie omrede sy lewe bedreig was nie ,so hoekom is hy vandag nog nie gearesteer nie?

Andreas ·

En hierdie betogers is nie van ‘n bakkie af gegooi of in ‘n kis gesit nie, maar met dieselle uitslag …

Adel ·

Ongelukkig tel die wet net vir sekeres van ons, dis nou net omgekeerde Apartheid!

Gaitsigubib ·

Bygese Malema vuur wapens af om mense op te sweep om geweld te pleeg. Ander vuur n waarskuwingskoot omdat hulle bedreig voel en dus te dien as afskrik middel. Die een saak is krimeneel en daar behoort vervolg te word, met die ander saak is niks verkeerd nie maar daar word wel vervolg.

Pieter ·

Die land met twee regstelsels een vir die blankes en een vir die mnre die land is om van op te gooi

ne ·

Jammer daar was kastig beserings. Pleks hulle beter werk gedoen het.

Abe ·

ne,
Dink wat jy se. As die beseerdes dood was, was die arme boere in baie ernstiger moeilikheid. Sou jy lekker daaroor gelag het.

BMW ·

Stem saam, maar waar is die sogenaamde beseerdes moet darm errns behandel te geword het. Sien nerens fotos van die sogenaamde beseerdes wat vol gate geskiet is nie en in watter hospitaal is hulle opgeneem vir behandeling? Sal bly wees as Maroela mede kan uitvind.

BMW ·

Stem saam, maar waar is die beseerdes is hulle dan vol gate geskiet nie? Kan iemand dalk uitvind wie en waar hulle behandel is vir die skiet wonde.

Hierdie land het lankal sy g gesien ·

Maar as mense tot net duskant die dood gemartel word in plaasaanvalle, word ‘n saak van huisroof ondersoek…..maak sin né?

Pieter ·

So gaan dit elke blanke ou vir hom self dit is hoekom ons sit waar ons sit

Charlotte ·

Ek stem. Betogers wat skade aanrig kom niks oor. Ek sal maar nie sè wat ek op die hart het nie….Dis sooooo pateties.

Koos de Meyer. ·

Waar was die polisie met die betoging.
. Gou om die boere te arresteer maar los die betogers wat lewens bedreig uit. So siek as wat kan kom. Dubbel standaarde is aan die orde van die dag. Malema kom weg met afvuur van outomatiese wapen in die openbaar.

Maggies ·

Om iemand met ‘n klip te gooi, kan ook as poging tot moord gesien word. Om mense langs die paaie te blokkeer en dié wat waag om uit te klim om net die klippe te verwyder, en daarvoor doodgeskiet te word, soos vanoggend op die Kimberly pad. Is dit nie moord nie. Om’ n man sonder hande en sy vrou te vermoor en een van die gespuis kom los, is aanvaarbaar.
Nee wat ek gee op, daar is net géén redenasie vermoë in ons hele parlement nie. Nie eens DA staan regtig op vir plaasmoorde nie. Ek lees elke dag kommentaar soor “wys vir CR /stuur vir CR die of daai boodskap”. MENSE SKRIK TOG NET WAKKER
Niemand gee om wat ons hier skryf nie. Niemand.

jz ·

Hulle velle is wit daarom mag hulle niks doen as hulle lewens of hulle families bedreig word nie, tot die President deur sy stil swye keur die op treedes teen witmense goed.

Andreas ·

Ai, as die spook van Uniondale darem hier teen die betogers kon gehelp het!

Melissa ·

Maar bendelede kan wild en wakker skiet. Maar laat 2 wit boere dit nou doen dan is die gort gaar. Ons regstelsel is net so korrup. Jammer maar die 2 boere gaan sit en dit terwyl plaasmoorde voort woed. Dit is maar hoe die wind waai in SA.

Regs! ·

Hierdie ouens het geweet hulle gaan in die moeilikheid beland vir dit wat hulle doen. As jy weet jy gaan in moeilikheid beland, doen ten minste ‘n ordentlike “job” en maai die hele spul af!!!!

Liana ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom is almal van hulle so bang vir wit mense. Hulle kyk die hele tyd of hulle nie dalk iets verkeerd doen of se nie sodat hulle hulle kan aankla. Dan maak hulle sommer stories ook op. Shoe hulle voel erg bang. Shame.

Wessie ·

Toemaar Liana, die media is nét so skuldig daaraan. NW24 het in meer as een berig gevra of die boere al gearresteer is.
Bid jou dit aan. Pleks hulle bekommerd is en net so ywerig vra wanneer Gavin Watson eendag gearresteer gaan word ?

Staak saam ·

Kom ons kyk wanneer maak Gerrie Nel sy opwagting, seker eers as hulle skuldig bevind is en agter tralies is.

Abe ·

Staak saam,
Iemand wat so oningelig is as jy oor regsaangeleenthede, moet liewer niks se oor Gerrie Nel en Afriforum nie

Denise ·

RIGHT…!!!
Dan sal ek maar eerder NIE met my PAINTBALLGUN aluas VERFBALLETJIE geweer opi betogers skiet nie, want ek gaan vir moord aangekla word…!!
Hahahaaa…wat n grap

Blondie ·

Met alle respek, wat het Gerrie Nel met hierdie saak te doen?

Joe Olivier ·

Hierdie sogenaamde slagoffers is seker weer opertuniste wat deur hulle comrades geskiet is. Nou gaan hulle weer vergoed word met huise na n groot geliegery in die hof.

Adam ·

Dit is nie ongewoon om in so’n geval ‘n aanvanklike klag van poging tot moord te sien nie en dit word gewoonlik verander na ‘n klag van die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied. Natuurlik is dit ook te verstane dat sulke beskuldigdes vinnig voor die hof gebring kan word. Hulle is immers nie bosslapers nie en kan maklik gevind word in ‘n yl bevolkte klein gemeenskap. Die rassediskriminasie afleiding is gewis nie in die geval van toepassing nie.

Boer van Uniondale ·

Die feite in hierdie berig is op verskeie punte foutief:
1. Die twee boere staan tereg op slegs een aanklagt: “Afvuur van vuurwapen in Munisipale Gebied” Dit is minder ernstige klag.
2. Hulle het hul vasgery in gewelddadige betogers en het in noodweer waarskuwingskote gevuur.
3. Een van die boere is in sy gesig en hand beseer toe hy met klip gekap, met stuk hout geslaan en brandende stomp op sy voertuig gegooi is waarin ook sy vrou en kind gesit het.
4. Dit is jammer dat Maroela Media nie volledige inligting ten opsigte van die betogings wat gewelddadig was publiseer nie.
Anargie het op stadium in die dorp geheers. Voertuie is uitgebrand, winkel geplunder, elektriese installasie beskadig, paaie vir twee dae deur brandende bande versper, inwoner met panga gedreig en moes vlug vir sy lewe en toe is sy bakkie uitgebrand.

Ons verwag ewewigtige en feitelik korrekte beriggewing.

aj ·

Dankie # Boer … hier bo vir die feite!

As Gerber en Loock nie gewapen was en waarskuwing skote afgevuur het nie … was hulle moontlik erg beseer of dood?

Kom ons leer uit hulle voorbeeld hoe om ons self te verdedig.

Andreas ·

Kom ons vertrou Dr Dirk Hermann neem ook hiervan kennis, want dis nie die eerste keer wat mens hierdie klagte sien nie. Daar is mense wie se lewe van korrekte berigte afhang, en dan grommel ons omdat daar gesukkel word dat Mnr Ramaphosa moet sê dat moord en geweld teen boere het krisis bereik.

Wessie ·

BAIE DANKIE. Het jy hierdie inligting ook vir die patetiese NW24 gestuur? Hulle was kwansuis net so besorg oor die 2 boere wat nog nie in hegtenis geneem was nie. Maak my siek….

Ook 'n Uniondale Boer ·

Waarom,waarom,waarom word kommentaar wat die regte feite probeer gee of nie geplaas nie of binne enkele minute verwyder?
Alle klagtes is laat vaar behalwe die minder ernstige een van “Afvuur van vuurwapen in Munisipale Gebied.
Dit is jammer dat Maroela Media nie al die feite ten opsigte van die anargie wat vir twee dae in die dorp geheers het en die twee boere in noodweer waarskuwingskote gevuur het, publiseer nie.
Verskeie lesers het die regte en al die feite al probeer gee maar dit word nie geplaas nie.

Andreas ·

Die probleem is dat hulle is so versigtig om nie verkeerd te trap en die gevaar loop om ‘ander’ mense te affronteer nie, mense praat van polities korrek, die wat reguit is sê sommer, om terwille te wees.

Andreas ·

Waar is Solidariteit, Afriforum, hul sekuriteit, die VF PLus??

Mens sou dink hulle is lankal bewus van die regte omstandighede.

En hulle moet daarvan bewus wees omstandighede kan net slegter raak.

dennis jones ·

daar kan nie onregverdig n tag om Gerrie Nel se nek gehang word dat hy net daar is om witmense los te kry nie,volg die nuus daar is baie witmense wat erge misdade pleeg en hulle strawwe verdien .moenie soos ander mense word en iemand se korrupsie oorsien net omdat hy een van hulle is

Viky ·

Wil weet hoekom word hulle boere genoem. En die ander verdagtes genoem. En wil ook weet waar die verdagtes woon asb. Ons almal weet waar die twee boere woon.

CallieL ·

Maroela, kan jul op die aantygings antwoord asb. Dit is tog belangrik vir die publiek om kommentaar te kan lewer op feite

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.