Unisa-betogings in Durban

Unisa-studente betoog Foto: ecr.co.za

Unisa-studente betoog Foto: ecr.co.za

Die polisie moes Donderdag van rubberkoeëls en pepersproei gebruik maak om betogende studente by die Universiteit van Suid-Afrika se kampus in Durban uit mekaar te dryf.

Die studente betoog teen die sluiting van eksamensentra en aansoekfooie wat studente moet betaal wanneer hulle inskryf.

Robert McKenzie, woordvoerder vir die nooddienste in KwaZulu-Natal, het gesê paramedici het een persoon op die toneel behandel wat met ʼn rubberkoeël beseer is en nog ʼn pasiënt wat met pepersproei gespuit is.

Prof. Mandla Makhanya, visekanselier van die universiteit, het met die studente gepraat en gesê hy sal met die Verteenwoordigende Studenteraad vergader, maar die betogers het dit verwerp en geëis dat die vergadering buite Unisa se perseel gehou word waar hulle teenwoordig kan wees.

“Hy het al vantevore met hulle [die VSR] vergader en hulle toe ontbind,” het een van die studente, wat anoniem wou bly, gesê. “Hy moet hier hulle eise aanspreek.”

Die betogers het uiteindelik verdaag nadat een van die studente oor ʼn luidspreker aangekondig het Makhanya sal Maandag met hulle op die kampus vergader.

Martin Ramotshela, woordvoerder vir Unisa, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andre ·

Hierdie is nou sommer twak! Dit wat hier en by ander universiteite gebeur, is niks anders as georkestreerde pogings om opleiding te ontwrig nie. Wie de duiwel is hierdie minderheidsgroepe om groot instellings te wil kaap met hulle belaglike eise? Tree op teen hulle en hou op om hulle twak te wil akkommodeer.

Ys ·

As dosent aan ‘n bekende tersiêre instelling sit ek al hoe meer terug in my hoek en beskou die sirkus. Dit sou seker snaaks gewees het as dit nie so inherent hartseer is nie. Want opvoeding strek nie net akademies nie. Die banale barbaarse optrede getuig van ‘n gebrek aan ander, beslis meer waardevolle, opvoeding as slegs boeke-kennis. En ek pak my boeke op, want terwyl my studente probeer toets skryf protesteer die een of ander drukgroep luidkeels buite. Cry, the Beloved Country.

Kaspaas ·

Kultuur van ek wil he, ek wil he en ek sal niks betaal en as ek nie kry sal ek breek en steel. “Proudly South African”

Kobus ·

stem saam Andre , n goddelose en chaotiese regering bring goddelose en chaotiese volgelinge na vore, ons moet maar bid, ons gevoelens verbeter nie die situasie nie

Brian ·

Arthur Keppel-Jones het reeds in 1947 in sy boek” When Smuts goes’ ‘ n voorspelling gemaak mbt die anc regering; Hy het voorspel: The return to barbarism. Dis wat ons nou sien.

André ·

Jislaaik, dit maak my woedend! Is hierdie klomp nie veronderstel om klasse by te woon en te LEER nie?! Wat is dit nou met die betogings teen dit en betoogings teen dat?! Nooit tevrede nie! En ek stem saam met Andre, Kobus ne Brian. “The return to barbarism,” for sure!

Gerhard Bezuidenhout ·

Ons land is reeds n bespotting van die wereld. Ek was onlangs in Kenia en tot daar praat die mense van die bakhandsindroom en arrogansie van hul mede Afrikane is SA en hoe gevaarlike land dit is en dit word openlik gese dat wet en orde teruggebring moet word sodat ons land kan genees. Hoe op aarde sal ons regering en sy kaders dit ooit verstaan want hulle het toegelaat dat ons in n donker put van wanorde val.

Blondie ·

Die donker put van wanorde is deur ons eie toedoen en die die regering van die dag se skuld nie. Dit is al wat hulle ken – Afrika mentaliteit. Breekaf , brandaf maak alles tot niet en blameer die bietjie mense met verstand dat hulle nie geleenthede gegun is nie. Altyd n ander volk se skuld as hulle nie hul sin kry nie. Nie te min… Afrikaners is ook baie genieg om die blaamkwas maar diep in die skuld emmer te druk. Dit is 21 jaar later … en nogsteeds kerm en kla hulle oor hul agtergeblewene sosiale status… en dit sal vir die volgende 1000 jaar ook die geval wees.

SNEL ·

Soos hulle betoog en voete stamp, gaan hulle pensioen trek en dan nog steeds geen geleerdheid hê nie. Dis belaglik.

tanya ·

Monkey see monkey do. Hulle het absoluut geen geleerdheid oor hoe die ‘grootmens’ lewe is eers nie en nog voor hul dit betree (werk vir wat jy wil he) breek hul af en wil alles verniet he. Die land maak my naar. Dis die een belaglike storie op die ander. Nie een van hul kan besef as jy nie alles afbreek want jy kry nie jou sin nie, sal daar dalk meer wees vir hul. Ek sak my kop in skaamte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.