Unisa dreig met hofbevel teen ontwrigtende studente

Die Unisa-kampus in Sunnyside. (Foto: Izelle Jacobs/Unisa)

Unisa sê hy sal nie huiwer om ʼn hofbevel te bekom om die belange en eiendom van sy studente te beskerm teen oproerige studente nie.

Tommy Huma, woordvoerder van Unisa, sê die universiteit het onlangs bewus geword van die beoogde ontwrigting van die akademiese program op verskeie van sy kampusse.

“Unisa wil dit onomwonde stel dat enige ontwrigting van die akademiese program strydig is met die universiteit se beleid en ʼn skending van die regte is van studente wat nié aan sulke optrede deelneem nie. Dit is vir die universiteit ook absoluut onaanvaarbaar dat voorvalle aangemeld word waar studente hardhandig uit studiesale gesleep en met geweld gedreig word,” het Huma gesê.

Dit is onseker waaroor studente ontvrede is. Dit gebeur egter gereeld dat Unisa-studente staak voor ʼn groot eksamen.

Unisa sê sy bestuur het reeds verskeie vergaderings met die nasionale studenteraad gehad en oor ʼn hele aantal sake ooreengekom. Die bestuur het ook al begin werk maak van sommige van die griewe wat die studente geopper het.

Volgens die universiteit is dit ʼn oortreding vir enigiemand om die universiteit se werksaamhede of akademiese program te ontwrig. “Unisa doen ʼn beroep op studente om die regte te respekteer van diegene wat vir die eksamen wil voorberei en om hulle te weerhou van enige optrede wat tot tugstappe kan lei.

“Die universiteit gaan nie huiwer om ingrypende stappe te doen teen diegene wat onwettig optree nie,” het Huma gesê.

Unisa is geen vreemdeling vir gewelddadige optrede deur studente nie. In Januarie vanjaar, selfs nog voor die akademiese jaar behoorlik afgeskop het, het die studente van Unisa se Sunnyside-kampus al gedreig om te begin staak as daar nie aan die eise van die studenteorganisasie Sasco gehoor gegee word nie. Studente het onder meer geëis dat hulle van handboeke en skootrekenaars voorsien word.

Die universiteit het ʼn paar dae later wél ʼn interdik bekom om die studente te verhoed om enige bedrywighede te ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wurmpie ·

Staak voor eksamens. Omdat hul nie weet wat daar aangaan nie. Niks geleer in die jaar wat verby is

Cecilia ·

Want hulle is te lui om te leer en wil mos alles op ‘n skinkbord he. Maak nie saak van die studente wat wil skryf en klaarmaak met hul studies nie. Dan word daar gereeld gedans in die strate dat Fees Must Fall, maar hulle wil ook nie eksamen skryf nie, Die land is absoluut belaglik.

Dr Phil ·

Dis wat gebeur as die stert toegelaat word om die hond rond te swaai…
Wat jy saai, sal jy maai…

Hennie ·

O gits, julle het vergeet om dit detail te gee. Dis swart studente wat die universiteit ontwrig. Jip, swart kinders wat geen idee het waarheen met die lewe nie.

Josua Keys ·

Dit is juis die student wat alles verniet kry wat droog maak of, om meer regverdig te wees, die meeste wat nie betaal vir studies nie. Die wat wel ten duurste betaal ly daar onder. Ek voel dat die wat wel betaal se regte beskerm moet word ongeag die wat droogmaak. Skors die wat klasse ontwrig en verwyder hulle van die Unisa se perseel met n hofbevel wat hulle toegang tot sulke instansies weier. Dit het tyd geword dat daar van hulle voorbeelde gemaak moet word dan sal die snert vir eens en altyd stop. Besef die mense nie waste uitgawes Universiteite het aan infrastruktuur salarisse, boeke, rekenaars, internet, krag, water en so kan ek aangaan. ‘Laaities en dogters laat die oom julle iets vandag leer, Universiteite is ‘n besigheid sonder ‘n inkomste en winste kan ‘n besigheid nie voort bestaan nie, geld val nie uit die lug uit nie, dit is daardelik dat sogenaamd “geleerde” kinders dit nie verstaan nie, in waste skool/e was julle onderig voor julle universiteit toe gegaan het??? Julle is veronderstel om ons toekomstige leiers te word WAT N GRAP!!!!!!! As jy ‘n leier wil word moet jy verantwoordelik kan dink en optree en dit duidelik julle het die trein verpas.

wonder ·

My dogter het deur Unisa deur die pos gestudeer want ons het nie geld gehad om haar aan n universiteit te laat leer nie.
Ek het nie geweet dat Unisa ook klasse gee nie. My dogter het alles deur die pos gedoen.

Jerry ·

Die UNISA bestuur het positiewe voornemens, alhoewel dit bietjie mostert na die maal is met al die vorige onwettige ontwrigtingsaksies wat reeds plaasgevind het. Verwag maar die ergste van julle aktiviste studente wie met politieke agendas deur die ANC en eff by UNISA geplaas is!

Hanlie ·

Hoe kan hulle aandring op skootrekenaars en boeke? My kleinkind op universiteit moet self (of dan haar ouers) daarvoor betaal. Wys jou net hoe arrogant hulle is, wil alles verniet he. As jy verder wil studier moet jy bereid wees om daarvoor te betaal. Klaar!!!!

Jr ·

Nie voorbereid vir eksamens. Ontwrig sodat ons later kan skryf. Maar kom ook nie die mas op nie want party , drink , jol is beter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.