Unisa en Nehawu skik oor salarisse

Staking by Unisa (Januarie 2017)

Staking by Unisa (Januarie 2017)

Die Universiteit van Suid-Afrika en die vakbond Nehawu het Dinsdag formeel ʼn loonooreenkoms onderteken.

Unisa en die National Education, Health and Allied Workers Union het ʼn ooreenkoms by Muckleneuk-kampus onderteken waar permanente werknemers ʼn verhoging van tussen 5% en 8% sal ontvang vir die 2017 finansiële jaar.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê kragtens die ooreenkoms is die verhoging op ʼn glyskaal gebaseer, met werknemers op hoër vlakke wat die laagste persentasie verhoging ontvang, en diegene op die laagste vlak wat die hoogste persentasie verhoging ontvang.

“Werknemers wat in ʼn tydelike kapasiteit aangestel is, byvoorbeeld vastetermynkontrakte of uurliksetarief-werknemers, uitgesluit diegene wat aangestel is kragtens die studentewerkerskema en informelewerkerskema, sal ʼn 7,75% verhoging ontvang,” het Martin Ramotshela, woordvoerder van Unisa, gesê.

Die partye het ingestem dat die salarisverhogings rondom 15 Februarie vanjaar in werking sal tree. Die partye het ingestem dat die beginsel van “geen werk, geen salaris”, nie van toepassing sal wees nie, en dat die interdik wat die universiteit tydens die staking bekom het, gekanselleer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wollie ·

Dit is vir my so ‘n vreemde konsep . aan die een kant skreeu studente hulle wil GRATIS onderrig word en aan die ander kant skreeu die werkers vir ‘n verhoging. Dink niemand dat die twee met mekaar verband hou nie? Maar ja, ek het dit nou genoe verduidelik, en steeds kry hulle albei reg .. sal maar oor 3 jaar sien hoe lyk die Universiteite in SA se finansies .. as al die bronne en beleggings en spaargeld uitgeput is .. Dan gaan die publiek seker belas word met ‘n ekstra EDUCATION tax!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.