Neoza Hlabirwa, voorsitter van die Unisa EFF-studentekommando, het in ʼn verklaring gesê hulle sal die gebou beset totdat daar aan hul eise voldoen word. Die betogers eis dat kontrakwerkers voltyds deur die universiteit in diens geneem word en ʼn minimum loon van R8 000 per maand betaal word.
Unisa se bestuur het Vrydag in ʼn verklaring gesê dat die uitvoerende raad van die universiteit Donderdag oor die werkers se eise vergader het en op ʼn aanbod ooreengekom het. “Nadat die finansiële posisie van die universiteit in ag geneem is, het die bestuur besluit om die mees weerlose werkers in diens van ons gekontrakteerde onafhanklike veiligheidsmaatskappye ʼn minimum loon van R4 000 aan te bied met die teiken van R6 500 in 2020.”
“Werkers op die laagste vlak van indiensneming by ons gekontrakteerde skoonmaakmaatskappye word elk ʼn minimum loon van R3 500 aangebied, met die teiken van R5 500 in 2020. Die nuwe loonooreenkoms sal onmiddellik van toepassing wees.”
Hlabirwa het die universiteit se aanbod as ʼn “belediging” beskryf en gesê die werkers is nou meer vasbeslote as ooit om te volstaan met hul eise.
“Die minimum loon van R8 000 is nou nie-onderhandelbaar en moet betaal word vanaf Januarie 2016. Alle besluite en voorstelle wat deur die multidissiplinêre taakspan van Unisa geneem is, is doodeenvoudig deur die bestuur geïgnoreer. Die Unisa-bestuur het besluit om die lyding van die werkers te ontken en oorlog te verklaar teen arm werkers deur hierdie besluit,” het Hlabirwa gesê.
Unisa het Vrydag op sosiale media gesê dat alle kampusse gesluit is weens die betoging. ʼn Woordvoerder van die universiteit kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Sal die werkker gelykkig wees as hulle hul werk totaal verloor en geen inkomste het nie?
Want dit is waarop dit afstuur.
Het 27 jaar te4ug begin skoolhou. Het . B.Sc graad en onderwys diploma. Kry n bietjie meer as R13 000 n maand uit. Dit lyk my ek sal beter vaar in die skoonmaak bedryf. Met baie minder stres!!
Wie en WAT is n “studente-kommando”en van wanneer af het studente n se in die bestuur van n instansie? Wonder of EFF hierdie “kommando”lede R8000 betaal. asseblief tog!!
Hulle sal nie tevrede wees tot ale universeteite ens verwoes en tot niet verklaar is nie.
Aai toggie. Wonder of hierdie mense wat so gedurig staak oor lone enige benul het van hoe ‘n begroting LYK, WERK en VERSTAAN van enige instansie of besigheid. Geld groei nie aan bome nie dierbares!! Die hele Suid Afrika gaan gebuk omdat daar net ingegee MOET word aan allerhande vereistes omdat mense NIE finansies verstaan nie. ‘n Mens kan ‘n koei net soveel melk voordat sy opdroog en Suid Afrika is een van die dae slegs POEIER MELK!!! POEF!!!