Unisa-kampus gesluit ná betogers gebou beset

Foto: Izelle Jacobs / Unisa

Foto: Izelle Jacobs / Unisa

Unisa se Muckleneuk-kampus moes Vrydag gesluit word nadat stakende werkers glo 15 verdiepings van die OR Tambo-gebou op die kampus beset het in protes teen die bestuur se loonaanbieding aan die werkers.

Neoza Hlabirwa, voorsitter van die Unisa EFF-studentekommando, het in ʼn verklaring gesê hulle sal die gebou beset totdat daar aan hul eise voldoen word. Die betogers eis dat kontrakwerkers voltyds deur die universiteit in diens geneem word en ʼn minimum loon van R8 000 per maand betaal word.

Unisa se bestuur het Vrydag in ʼn verklaring gesê dat die uitvoerende raad van die universiteit Donderdag oor die werkers se eise vergader het en op ʼn aanbod ooreengekom het. “Nadat die finansiële posisie van die universiteit in ag geneem is, het die bestuur besluit om die mees weerlose werkers in diens van ons gekontrakteerde onafhanklike veiligheidsmaatskappye ʼn minimum loon van R4 000 aan te bied met die teiken van R6 500 in 2020.”

“Werkers op die laagste vlak van indiensneming by ons gekontrakteerde skoonmaakmaatskappye word elk ʼn minimum loon van R3 500 aangebied, met die teiken van R5 500 in 2020. Die nuwe loonooreenkoms sal onmiddellik van toepassing wees.”

Hlabirwa het die universiteit se aanbod as ʼn “belediging” beskryf en gesê die werkers is nou meer vasbeslote as ooit om te volstaan met hul eise.

“Die minimum loon van R8 000 is nou nie-onderhandelbaar en moet betaal word vanaf Januarie 2016. Alle besluite en voorstelle wat deur die multidissiplinêre taakspan van Unisa geneem is, is doodeenvoudig deur die bestuur geïgnoreer. Die Unisa-bestuur het besluit om die lyding van die werkers te ontken en oorlog te verklaar teen arm werkers deur hierdie besluit,” het Hlabirwa gesê.

Unisa het Vrydag op sosiale media gesê dat alle kampusse gesluit is weens die betoging. ʼn Woordvoerder van die universiteit kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Vra maar net ·

Sal die werkker gelykkig wees as hulle hul werk totaal verloor en geen inkomste het nie?
Want dit is waarop dit afstuur.

outannie ·

Het 27 jaar te4ug begin skoolhou. Het . B.Sc graad en onderwys diploma. Kry n bietjie meer as R13 000 n maand uit. Dit lyk my ek sal beter vaar in die skoonmaak bedryf. Met baie minder stres!!

tw ·

Wie en WAT is n “studente-kommando”en van wanneer af het studente n se in die bestuur van n instansie? Wonder of EFF hierdie “kommando”lede R8000 betaal. asseblief tog!!

Gavin ·

Hulle sal nie tevrede wees tot ale universeteite ens verwoes en tot niet verklaar is nie.

Sorika ·

Aai toggie. Wonder of hierdie mense wat so gedurig staak oor lone enige benul het van hoe ‘n begroting LYK, WERK en VERSTAAN van enige instansie of besigheid. Geld groei nie aan bome nie dierbares!! Die hele Suid Afrika gaan gebuk omdat daar net ingegee MOET word aan allerhande vereistes omdat mense NIE finansies verstaan nie. ‘n Mens kan ‘n koei net soveel melk voordat sy opdroog en Suid Afrika is een van die dae slegs POEIER MELK!!! POEF!!!

TDW ·

Unisa moet die volgende sê: ons is baie jammer, aangesien ons nie julle beveelde minimum loon kan bekostig nie, sal ons julle moet laat gaan en ander mense in diens neem wat tevrede sal wees met die loon wat ons aanbied. Aangesien julle ons kampus ontwrig het en ons inkomste in gedrang gebring het sal ons julle geen salaris vir hierdie maand kan betaal nie. Ons by Unisa hoop ter harte jul kry ‘n pos wat vir julle soveel kan gee, totsiens.

Bertie ·

Stem 100% saam, raak ontslae van hulle, daar is duisende wat sal werk vir enige inmomste, ‘n halwe eier is beter as ‘n lee dop. Hulle kan vir die EFF gaan werk as hulle nie gelukkig is met hulle loon nie, dan sal ons sien hoeveel dikkop hulle gaan betaal.

Frederik ·

Ek wonder hoe sou die studente kommandolede vanaand gevoel en gelyk het as ons nog die ou SAP gehad het!!

Emo varkie ·

Ai daar gaan my laaste greintjie van hoop dat hul my registrasie nog sal aanvaar en goedkeur..

Eric ·

Met alle respek gese daars mense wat minder as R4000 verdien en tog lewe en gelukkig is.Daars took baie wat wonder week sit end graag daarvoor sal week.Die probleem is hulle is heeltemal te onproduktief en daarom het hulle tyd om aan staak te dink

Wat-ek-lees ·

Jare der jare gelede het my oupa met ‘n vonkel in die oog na Muckleneuk verwys as malgeneuk. Sou hy ooit kon besef dat sy woorde só waar sou word. Dit is presies wat nou daar aangaan.

Ronel ·

Ek is al so keelvol vir UNISA. stakers en betogers kry die skuld vir alles. Daar word van ons studente verwag om gelde op tyd te betaal. Ons is amper by middel Maart en ek het steeds nie my studie materiaal ontvang nie. UNISA se verskoning: Studiegidse is nog nie gereed nie. Wonder wat sal gebeur as ek sou se my betaling is nog noe gereed nie.

Erika Taylor ·

Beste raad met Unisa is om die studiemateriaal op MyUnisa op hulle webtuiste te kry. Hulle beveel ook aan dat jy dit doen.

Santie ·

Die kloutjie wat ek glad nie by die oor kry nie is dat dit die einste EFF is wat betoog vir studiefooie om te verlaag terwyl hulle die kampus werkers aanhits om te betoog vir verhoogde salarisse. Die intelegensie is bo my vuurmaakplek. Dis niks anders as politieke boewery nie en bitter jammer mense val hiervoor.

Niel ·

My suster werk by UNISA, hulle is soos honde met stokke uit hulle kantore gejaag en gedreig

Amanda ·

Wonder wat is die stakers en opstokers se TOEKOMSVISIE nadat hulle almal en alles verwoes het….het hulle n plan?

Flippie ·

Die enigste manier om die problem op te los is ‘n 50% verhoging in salarisse. Dan moet die Rand in dieselfde tyd met 50% devalueer.l

DEE ·

Gratis onderrig en alles wat daarmee saamgaan, maar salarisse moet so drasties verhoog word? Wie moet dit betaal? Die universiteite kan klaar nie finansieel oorleef nie? Hoe nou?

Patrys ·

Dié mense het géén benul van begrotings, waarde van geld, beplanning vir die dag van môre nie! Hulle leef in die hier en nou en in die verlede! Die intelligensie ontbreek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.