Unisa-kampus gesluit weens betoging

Die Unisa-kampus in Sunnyside. (Foto: Izelle Jacobs/Unisa)

Unisa se Sunnyside-kampus in Pretoria is Dinsdag weens ʼn betoging noodgedwonge gesluit.

Lede van die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) staak onder meer oor geboue op die kampus wat volgens hulle nie aan beroepsveiligheid-, gesondheid- en veiligheidstandaarde voldoen nie, het Martin Ramotshela, Unisa se woordvoerder, gesê.

Hulle voer aan die geboue is dus nie ʼn geskikte werkplek nie.

“Die universiteit vergader met Nehawu-leiers oor die kwessie en hoop om ʼn vriendskaplike ooreenkoms te bereik, die betoging te beëindig en te verseker dat die Sunnyside-kampus so gou moontlik heropen,” het hy gesê.

“Die besprekings behels ook vordering oor die instandhoudingsplan van al Unisa se geboue, wat die universiteit reeds aan vakbonde en ander betrokkenes voorgelê het.”

Ramotshela het gesê Unisa raai enigeen wat die kampus wil besoek, veral personeel en studente, aan om eerder hul naaste Unisa-dienssentrum te besoek, of so ver moontlik hul sake aanlyn te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Judge Dredd ·

……wel dan weet Ramotshela blykbaar nie van hoe Unisa se dienssentrums lyk nie……

Tinus ·

Mos nou weer eksamentyd – wat verwag ons ! Enige rede om nie te werk nie ….

ThinusP ·

MM, die geboue op die foto is die Unisa-kampus in Muckleneuk.

Gert van Wierdapark ·

Dis nogal snaaks dat hul die slag ‘n “rede” aan voer vir die staking. In SA is dit mos half 2e natuur om te staak!!!

George in Bloem ·

Enige verskoning vir ‘n bietjie anargie en wetteloosheid net om die sieldodende studieroetine te breek ANC-styl. Mooi man. Viva.

aj ·

Protesteer die werkers teen hulle self? Hulle is dan die WERKERS wat die geboue moet skoonmaak en instand hou?

Daar sal geen verskil waarneembaar wees as hulle almal AFGEDANK word nie.

Michelle ·

Daar is nou maar net niks onder die son waarmee hul tevrede is nie staak vir alles slaan buite ‘n tent op dalk hou hy daarvan.

John ·

?… gelees van die perd wat soos ‘n os neerslaan as iemand op hom wil ry?

Banie ·

Beslis nie dieselfde Unisa waar ek 30 jaar gele3de my graad ontvang het nie. Toe was dit een van die be3ste universiteite in die wereld. En nou? Hoekom so swak?

Banie ·

Jammer, my graad is 40 jaar gelede ontvang. Dit is daardie tyd wat Unisa so uniek was.

Danie T ·

Vakbondaksies is regtig nie meer snaaks of wek GEEN simpatie by meeste realistiese mense wat graag die ekonomie wil laat groei.Hier sluit ek Solidariteit uit. Dit laat die volgende vrae:
1) Het vakbonde werklik nog enige doel of sin in die huidige wereldorde?
2) Hul voel ‘n veer vir ekonomie inteendeel hul verstaan dit glad nie
3) Hul weet of wil nie weet dat die werkloosheidsyfer op naby 30% staan
4) Daar bestaan geen wil of vermoee by hul om alternatiewe op die tafel te le om werkskepping te laat plaasvind
5) Hul leef uit voeling met ekonomiese werklikhede
6) Hul leiers se persoonlike verryking geniet prioriteit
7) Hul het geen beheer oor hul lede gevolglik is vernietging,verwoesting aan die orde van die dag
8) In baie gevalle is hul optrede arogant, ondermynend en volg uitgediende ideologiee en besef dit nie eers

Estelle vd Westhuizen ·

En dit is hoekom ek al vir maaaaaaande sukkel om n antwoord op n epos te kry. Stuur gereeld dieselfde epos en kry geen antwoord nie. Niemand antwoord fone wanneer jy bel nie. Patetiese instelling. En dan noem hulle dit DIE Universiteit van SA. Skande.

Annalize Pienaar ·

Daar is nou n groep mense wat se: I Stay, wel ek wens ek en ny familie kan more die land verlaat!

Attie. ·

Mense, kom ons besef dat die land van ons is ‘n derde wêreld. Meeste van ons oues gaan dood en die wat vandag jonk en dom is sal dan die volwasse agtergelewenes wees. Binne 10 jaar sal die Uniegebou vervalle wees en die Voortrekker monument sal vol werkloses wees. Die Vaaldam gaan opdroog en die N1 gaan genoem word dieJulius Malema Highway. En wie moet ons bedank, FW, FW de Klerk en Roelfie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.