Unisa maak weer registrasies oop vir eerstejaars

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) sal weer aansoeke oopmaak vir die 2018- akademiese jaar vir eerstejaarstudente, het die instansies Sondag gesê.

Ná kommunikasie van Universiteite Suid-Afrika (USAf) op 10 Januarie oor hoe universiteite instapstudente tydens die 2018-registrasieperiode moet hanteer, het Unisa sekere besluite geneem, het Martin Ramotshela, woordvoerder van Unisa, gesê.

“Unisa sal weer aansoeke oopmaak vir die 2018- akademiese jaar vir voorgraadse studente wat vir die eerste keer wil registreer en nog nie voorheen aansoek gedoen nie,” het hy verduidelik.

Eerstejaarstudente kan teen 19 Januarie aansoek doen deur die Unisa-webwerf of ʼn self-helpstasie by Unisa se dienskantore.

Unisa sal slegs nuwe aansoeke prosesseer wat teen die sperdatum van 19 Januarie ingedien is. Aanbiedings sal daarna slegs gemaak word aan kwalifiserende aansoekers, beperk tot die getal plekke wat steeds vir die 2018- akademiese jaar beskikbaar is.

Unisa sal in April 2018 aansoeke vir voorgraadse studente beskikbaar maak vir die tweede semester van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

het ek nuus vir unisa! as n mense nie kan lees “aansoek sluit ….” watse hoop het hulle om enige iets te lees of verstaan?

Callie ·

Niemand gaan klaarmaak wat Zuma en Malema begin het nie. Hierdie boorlinge van Afrika kan nie redeneer nie. Hy het gehoor van gratis studeer maar sal nooit verstaan sy punte wat hy op skool gekry het is te swak om te kwalifiseer vir studies nie. Niks gaan hom keer om daar te wees nie. Hou die spasie dop. Universiteite gaan brand. Hulle het altyd net twee maniere, of ek kry wat ek soek of ek breek en brand sodat niemand iets kry nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.