Unisa reageer op vraestelle wat verkoop word

Die Unisa-kampus in Sunnyside. (Foto: Izelle Jacobs/Unisa)

Unisa het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat sommige van die vraestelle wat tydens die eindeksamen geskryf is, vooraf geadverteer en “te koop” aangebied is aan studente wat die betrokke eksamen afgelê het. “Ons kan bevestig dat sommige van die vraestelle voor die eksamen aan studente beskikbaar gestel is. Unisa was egter nie bewus daarvan dat vraestelle te koop aangebied sou word toe die eindeksamen op 1 Oktober afgeskop het nie,” sê Thomas Huma, Unisa se woordvoerder.

Verskeie studente het by Maroela Media gekla dat hulle die afgelope weke WhatsApp-boodskappe ontvang het waarin die vraestel wat hulle tydens die eindeksamen skryf, te koop aangebied word. In dié boodskappe, wat Maroela Media ook onder oë gehad het, is vraestelle vir die ekonomie-, finansiële rekeningkunde- en belastingeksamen geadverteer. Studente kan die vraestel sonder antwoorde vir R1 200 aanskaf en moet ʼn skamele R300 meer opdok as hulle die antwoorde op die vrae óók wil hê.

Maroela Media kon intussen vasstel dat vraestelle vir vakke in die LLB-studierigting ook te koop aangebied is. Unisa kon nie sê hoe die ondersoek verloop ná die verkoop van vraestelle tydens vanjaar se Junie-eksamen nie en wou ook nie verklap watter voorsorgmaatreëls hulle getref het om te voorkom dat vraestelle verkoop word nie.

“Studente word aangemoedig om nie aan sulke bedrieglike aktiwiteite deel te neem nie. Enige studente wat hulle wel aan bedrog skuldig maak, sal na die universiteit se dissiplinêre eenheid vir studente verwys word,” sê Huma. “Sou ʼn student daaraan skuldig bevind word dat hy die dissiplinêre kode vir studente oortree het, sal sy modules gekanselleer en sy punte teruggetrek word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

23 Kommentare

Oplossing ·

Dis eenvoudig, die Universitet het die vermoë (en mandaat) om elke student se vordering (rekord en punte) na te gaan… Te bepaal wie skielik uitstekende presteerders is en sodoende te begin sif… Besef die mense nie hulle doen hulself en hierdie land groot skade aan nie!

CJ ·

O, nee, julle verstaan nie. Dis Hoërgraad om so n probleem op te los! Is daar sowaar niks en nêrens meer iets wat eties korrek en sonder skandaal funksioneer nie.

Peet ·

Oplossing. Die onding het ons klaar ingehaal. Kyk na ons politici en skade wat deur onbevoegdheid aangerig is.

Ongelukkig ·

Dis nie die eerste keer nie Unisa. Ondersoek die opstellers, dosente, en mense wat die printing doen. Dit kan nie so moeilik wees om agter te kom dat ienand binne dit laat uitlek nie. En elke keer word studente wat hard werk, en geleer het benadeel deur julle onvermoë om vraestelle veilig te hou!!!

Alicia Van Staden ·

Dis regtig onregverdig. Mense wat hard leer en hard werk lui daar onder. Dit vat soveel langer om jou kwalifikasie te kry as jy heeltyd moet oorskryf. Dink Unisa moet begin om die mense vas te trek wat skuldig is.

Dennis ·

En dit is hoekom on kwalifikasies al hoe minder werd is in die buiteland. Vele lande aanvaar nie neer Unisa kwalifikasies nie.

Lewis ·

Waar het al die spotvrae in die verlede vandaan gekom, vra ek maar net. Daar is net nie vir dit betaal nie.

Gert van Wierdapark ·

Hu-ma(ak) jy nou as jy nie geleer het nie en jy kry die vraestel en antwoorde vir net ‘n bedraggie van R1 500! Indien dit waar is, is daar mos ‘n groot skroef los wat die sekuriteit rondom die vraestelle betref!? Klink vir my soos ‘ n “inside job”!!!

Zoro ·

Nou maak dit duidelik sin hoe mense wat gesukkel het op skool so maklik grade kry sonder onder rig –

Stelling ·

Ek studeer self deur Unisa en elke eksamens kry ek smsse van “exampacks” te koop. Ek het dit al gerapporteer maar niks!? Ek sal definitief nie my nagraad studies by Unisa voortsit nie.

Wonder ook ·

En dan word daai mense aangestel in poste omdat hulle “grade” het en hulle kan dan nie die werk doen nie en dan word konsultante ingebring teen ekstra kostes. Dis een bose kringloop en die soustrein kry net meer en meer trokke. Dit maak my siek

John ·

Hier in Suid Afika moet ons bly. Dit kan nog lekker raad. Viva !!

Wendels ·

Hoe spyt is ek nou dat en nie vir n profesor gaan leer het nie… ????????
Welkom in SA!

Stres my dood ·

Ek as n finale jaar student is bekommerd oor wat my graad gaan beteken vir my in die toekoms. Om 3 semesters in n ry te moet wonder hoeveel maande ek my graad moet uitstel agv oneerlikheid van studente EN UNISA. GEEN voorsorg maatreels was getref nie!!

Anoniem ·

Ek is geensins verbaas nie. In ‘n land waar enige kwalifikasie, lisensie of posisie te koop is.. what else is new?

LK ·

Toe ek nog in STD 8 was in my jare (eks nou 72) was vraestelle geseel en in die eksamenlokaal eers oopgemaak. Ek verstaan die besigheid nie, regtig. WAAR is daar nie korrupsie nie??? As die media slegs oor nie-korrupsie moet berig….. shame, dan het ons nie meer ‘n enkele koerant of ‘n Maroela Media nie. Net advertensies. Hoe tragies!!!!!

Gert ·

Conspiracy theory: Dalk sit die universiteit self agter die lek van die vraestelle: Dis ‘n goeie ekstra inkomste en die slaagsyfer is hoër en meer studente wil daar studeer omdat hulle niks hoef te leer nie en ‘n geldige kwalifikasie kry.

SonjaM ·

Watse eindeksamen by Unisa? Dis ‘n universiteit nie ‘n skool nie, dit word net genoem eksamens, nie eindeksamen nie.

Jakes ·

Ek sal by Unisa inskryf om my MBA te doen. Ek het baie geld en sal met graagte al my vraestelle koop sodat ek cum laude kan slaag. Daarna sal ek ook medies wil swot op dieselfde wyse en spoedig dan groot operasies wil doen.

Anneen Steyn-Durand ·

Opkundige instellings bepaal so baie van ‘n land – wanneer hierdie instellings faal, maak hulle swak magistrate en regters wat kriminele laat loskom, swak dokters wat pasiente laat doodgaan, swak ingenieurs wat brue laat intuimel, swak onderwysers wat kinders se toekoms opmors, swak prokureurs wat onskuldige mense aan die pen laat ry.

Christa x ·

Ek het 32 jaar by Unisa gewerk. Was betrokke by formatering en finalisering van studiemateriaal en vraestelle. Elke keer wat n vraestel gelek is was ons onder geweldige druk om vinnig n ander vraestel beskikbaar te kry. Ongelukkig is daar elemente in Unisa wat alles sal doen om alles omver te werp!!!! Was op n dag trots om daar te gewerk het. Nou skaam. Goeie werkgewer. Minder goeie instansie en dit nadat ons op n stadium 5de beste in die wereld was. Nou word sommige grade nie eers meer oorsee erken nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.