Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se gradeplegtigheidseremonie, wat aanvanklik verlede Dinsdag sou plaasvind, is gister (Dinsdag) wéér uitgestel. Die seremonie is aanvanklik met ʼn week uitgestel nadat dit deur protesoptrede ontwrig is.
Unisa het verlede week in ʼn verklaring gesê lede van die vakbond Nehawu wat by Unisa se kampus in Sunnyside, Pretoria, betoog het, het die seremonie verlede Dinsdag ontwrig. Die betogers is glo ontevrede oor salarisverhogings.
Die universiteit het beloof om alternatiewe reëlings vir graduandi te tref wat deur die ontwrigtings verontrief is. Die res van die gradeplegtighede is na gister (Dinsdag) uitgestel.
Unisa het egter gister weer ʼn verklaring uitgereik waarin hy bevestig dat die gradeplegtighede nou na Maandag 28 Maart uitgestel word.
Volgens die universiteit is salarisaanpassings deur die universiteitsraad goedgekeur, maar het betogers nog nie die beloofde verhogings ontvang nie. Die raad hoop nou dat die gradeplegtigheidseremonie Maandag normaalweg sal kan voortgaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
UNISA, eens ‘n ikoon van kennis en kwaliteit het nou verander in ‘n gekaapte spelonk vol rowers!
So …… voeter…. die ANC Kader almal se lewens omver en elke keer word daar maar net aanvaar en alles word rondom die ANC Kader beplan. Tree ‘n slap op teen die ………………… dat die lewe kan voortgaan . Die ANC geniet dit om almal se lewens te verontrief.
Unisa se gradeplegtigheid raak alhoemeer irrelevant omdat hulle grade alhoemeer irrelevant is
TIPIES! Als is hierdie korrupte land word ontwrig met protesoptredes. Wens hulle wil so fluks wees om eerder hulle werk te begin doen
Die unies met behulp van die ANC, breek ons land af. Daar sal net as en stof oorwees, dan sal hulle daaroor ook betoog.