Unisa-staking verby

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Bedrywighede by Unisa sal na verwagting Maandag weer terugkeer na normaal nadat ʼn staking, wat op 17 Januarie begin het, Vrydag tot ʼn einde gekom het.

Lede van die National Health and Allied Workers Union (Nehawu) het gestaak, wat die registrasieproses en ander bedrywighede by die universiteit ontwrig het.

Die staking het gevolg nadat loononderhandelinge tussen Nehawu en die universiteitsbestuur, wat in August 2017 begin het, ʼn dooiepunt bereik het.

Die werkers wat aan die vakbond behoort, het ʼn verhoging van 12% geëis terwyl die universiteitsbestuur ʼn verhoging van 6,5% aangebied het.

Unisa het in ʼn verklaring gesê die staking is afgelas nadat die vakbond en Unisa ʼn ooreenkoms, wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gefasiliteer is, tussen die partye bereik is.

Volgens die ooreenkoms wat deur albei partye onderteken is, sal permanente en vastetermynwerknemers ʼn salarisverhoging van 7,5% ontvang. Ingekontrakteerde werkers sal ʼn spesiale vergoeding ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.