Unisa-vraestelle wéér gelek

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Studente aan Unisa is boos nadat ʼn reeks vraestelle wéér enkele dae voor die eindeksamen gelek en te koop aangebied is. Verskeie studente het by Maroela Media gekla dat hulle die afgelope weke WhatsApp-boodskappe ontvang het waarin die vraestel wat hulle tydens die November-eksamen skryf, te koop aangebied word. In dié boodskappe, wat Maroela Media ook onder oë gehad het, is vraestelle vir die ekonomie-, finansiële rekeningkunde- en belastingeksamen geadverteer. Studente kan die vraestel sonder antwoorde vir R1 200 aanskaf en moet ʼn skamele R300 meer opdok as hulle die antwoorde op die vrae óók wil hê.

“Die vraestel verwys na die presiese vraestel wat jy gaan skryf. Dit is hoogs vertroulik en as jy dit nie as vertoulik hanteer nie, is die gevolge vanselfsprekend,” lui die boodskap wat aan studente gestuur is. So ver Maroela Media kon vasstel, word die boodskap gestuur aan alle studente wat vir die bepaalde vak geregistreer is. Luidens die boodskap sal studente die vraestel dieselfde dag ontvang as waarop die vak geskryf word en word die inhoud per WhatsApp gestuur.

Verskeie vraestelle is ook tydens die Junie-eksamen gelek en per WhatsApp te koop aangebied aan studente wat die vak moes skryf. Toe dit op die lappe kom, is eksamenuitslae nietig verklaar en studente moes die vak oorskryf.

“As ons hierdie vakke moet oorskryf, sal dit die derde keer wees wat van my medestudente ʼn eksamen moet oorskryf omdat die vraestel gelek is. Unisa is ʼn sirkus,” sê ʼn derdejaar BCom (Rekeningkunde)-student aan Unisa. Sy wou nie haar naam noem nie uit vrees vir viktimisasie. Sy sê studente ontvang foto’s van die vraestel via WhatsApp sodra hulle betaal. “Iemand kry dus fisiese toegang tot die vraestelle om dit te kan afneem. Dit ontstel my ontsettend, aangesien ek baie tyd en harde werk insit om te studeer vir die eksamen, terwyl ander studente bloot die vrae -en antwoordstel memoriseer.”

Nog ʼn student wat Maandag ekonomie geskryf het, sê hy het ʼn paar dae gelede ʼn WhatsApp ontvang wat die vraestel te koop aanbied. “Ek weet nog nie of ons die vraestel sal moet oorskryf nie. As Unisa internasionale akkreditasie verloor omdat vraestelle gedurig uitlek, gaan baie mense hul geld en tyd gemors het,” sê die student, wat ook op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gesels het.

Maroela Media wag nog vir Unisa se terugvoer.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

22 Kommentare

JohanR ·

Soos verlede jaar, en al die jare voor dit, het ek weer lekker geld in my bank rekening. R1500 aan 250 leerlinge is R375000 vir Xmas!!

Pieter ·

Dis dikwels ook ‘n bedrogspul. Ek het al met studente gepraat wat vraestelle gekoop het en toe was dit bloot ‘n ou vraestel en nie die een wat geskryf word nie. Dis baie maklik om bloot ‘n “fake” vraestel aan studente te verkoop – en dis duidelik dat dit soms gebeur. Twv geloofwaardigheid word die vraestelle dan in elk geval oorgeskryf.

Self n BCompt Rekeningkunde student ·

Heel hartseerste Deel van alles is dat Unisa die enigste opsie is om n graad te bekom deur die pos…

Alma ·

Daar het Vrydag ook die Law of Evidence vraestel uitgelek van Unisa se Fakulteit vir Regte. Dosente het eers dit onder die mat probeer vee om te se dis nie die presiese vraestel nie na studente daarop reageer het maar dit was wel. ‘N uur voor die vraestel geskryf is. Dis gedeel op Facebook, Whatsapp en Telegram.

Unisa raak ‘n sirkus!

Johan ·

Ja darem snaaks nê, so 25 jaar terug was Unisa ‘n universiteit met kredietwaardigheid. Wonder wat het verander….

Gerhardt O ·

Weens die ekonomie is my kredietwaardigheid ook daarmee heen. Unisa se geloofwaardigheid is egter naby aan nul…

Es ·

Dit spy my maar UNISA is nou al n geruime tyd nie wat dit in die goeie ou dae WAS NIE. Selfs my kollegas van kleur het nie eens meet n goeie woord oor UNISA nie. Doen jou graad deur NWU se korrespondensie kursus, kyk na akedimia,

Student ·

@Es slim voorstel maar genoemde instellings het beperkte keuses

Adri ·

Alma, is jy seker? Ek het ure spandeer om voor te berei en het geen behoefte om ‘n vak oor te skryf nie. Dit is darem maar pateties.

Natasha ·

Fac3702 – was een van die vraestelle wat versprei was oor telegram. Ons studente het dit onder hul aandag gebring en steeds verdedig hul Die situasie
Lyk my Dit gebeur nou elke keer as hul staak!
Is al gatvol! Breek mens se spoed!

Hul moet vraestelle in so geldtas sit en dan moet dit net 10min voor die tyd geaktiveer word, waar is die ingenieurs studente… ontwerp so iets!!!

Niklaas ·

Bestaan daar enige sektor in hierdie in hierdie land waar korrupsie nie teenwoordig is nie ? Daar is net eenvoudig geen eerlikheid en morele kodes meer nie.

Regstelende Opheffing ·

Wat is nuut? Maar net die gewone opheffing van die agtergeblee…… iets soos dit……. waar jy alles kan koop, van ‘n graad tot ‘n bestuurderslisensie……

Jaco ·

Wat n klug. Ons weet mos almal hoekom dit so gaan. SA is klaar n banana republiek en dan druk ons steeds ons koppe soos volstruise in die sand en ontken dit en jubel oor die wen van die WereldBeker. Ons glo dit gaan alle probleme regtoor. Magtag mense, ontwaak uit hierdie euforie en besef dat ons land ten gronde gaan.

John ·

Enige lektor wat sy sout wil verdien, het reeds lankal gewaai by Unisa. Dis ‘n nes en dis hoekom dit so gaan. Alle kampusse is tjok-en-blok vol beautiful afwagtendes op vraestelle… en antwoordstelle… onthou dit tog!

Student ·

SMI181Q se vraestelle het ook gelek. Dis ook onder Unisa se aandag gebring maar geen terugvoering van Unisa se kant af nie. As ‘n student breek dit mens se spoed om te weet jy kan jou vraestel oorskryf, waar mens eintlik net wil aan beweeg en groei

marous ·

Dis hoekom suid afrikaanse universiteite beter is as voorheen !

jennefer ·

Jy is reg, ek wonder hoeveel mense het die berig gelees gister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.