Unisa-werknemer sê sy is soos ‘huishulp’ behandel

Alice Mkuzangwe. Foto: ANA.

ʼn Werknemer van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Dinsdag aan die menseregtekommissie (MRK) gesê haar direkteur boelie haar.

Masello Moekoa, ʼn administratiewe assistent vir Alice Mkuzangwe, direkteur van die direktoraat vir akademiese beplanning, akkreditasie en registrasie, het gesê Mkuzangwe het haar persoonlike takies laat uitvoer tydens kantoorure en op haar geskree oor waar sy een keer koek gekoop het.

Moekoa het Dinsdag voorleggings aan die ondersoekpaneel gedoen.

Dit was die finale been van die verhoor sedert dit op 20 Februarie begin het op versoek van prof. Mandla Makhanya, visekanselier van Unisa, om aantygings van onregverdige afdanking, rassisme, seksisme en teistering by Unisa se regskollege te ondersoek.

Moekoa het Mkuzangwe as ʼn “hartelose boelie” beskryf wat onredelike versoeke gemaak en moeilike werksomstandighede vir haar ondergeskiktes geskep het.

“Ek het eendag siek gevoel en in die kantoor gebraak; sy het geweier dat ek huis toe gaan en gesê ek lyk nie vir haar siek nie,” het Moekoa gesê.

Moekoa beweer Mkuzangwe het haar as ʼn persoonlike assistent behandel en dat sy onder meer een keer partytjiepakkies vir Mkuzangwe se seun moes gaan afhaal. Sy moes glo ook verskeie kere na Mkuzangwe se huis gaan om items wat sy vergeet het te gaan haal.

Masello Moekoa. Foto: Verskaf.

“Ek moes 07:30 al op kantoor wees om haar kantoor skoon te maak en seker te maak dis afgestof.”

Sy het nog bewerings gemaak en gesê sy moes te alle tye haar kantoordeur oophou. Sy beweer ook hulle mag nie verlof ingesit het nie en is nie toegelaat om vriende met mekaar te wees nie.

Mkuzangwe het in haar verdediging gesê prof. Peter Havenga, die uitvoerende direkteur van akademiese beplanning by Unisa, het die werksomgewing onuithoudbaar gemaak vir swart vroue in sy departement.

Moekoa het egter gesê Mkuzangwe se aantygings is ʼn poging om haar eie wangedrag toe te smeer.

Sy het Mkuzangwe daarvan beskuldig dat sy inligting verdraai om Havenga in ʼn slegte lig te stel. Sy het Havenga verdedig en gesê hy het net probeer om werkers, wat onder Mkuzangwe se “ondraaglike leierskap” was, te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anoniem ·

Dit is mos makliker om die wit man die blaam te gee! Hoekom moet rassisme altyd ‘n kwessie wees.

Gemaskerde Sopbeen ·

Want as jy niks anders het om jou gedrag mee te regverdig nie, dan “blameer” jy……en die enigste opsie hier is om enige persoon van ‘n ander ras as joune aan te val. Eenvoudig….

Kannaland ·

Daar het sy alle kredietwaardigheid verloor. Unisa is al so oorgetransformeer, blankes daar is slegs n klein onderdrukte minderheid en het nie mag om te doen wat sy beweer nie. Sy gebruik maar net die raskaart wat niue meer vir my werk nie.

snoefie ·

natuurlik almal weet mos, swartmense word nie nie in diens geneem om te werk nie. hulle word betaal om n blanke uot werk te hou. as swartmense hande uit die moue moet steek, is dit slawerny.

Denise ·

Dit is baie swak om so misbruik te maak van jou assistent en ons almal moet werk !!!!

Liberaal ·

Die arme vrou. Vroue het die reg om geen werk te doen as hulle nie wil nie, om geen druk te ervaar nie. Vroue het die reg om te rus en steeds salaris te verdien. Die afstofwerk moet aan ander gegee word of nie meer gedoen word nie, hoe kan enigiemand van n vrou verwag om af te stof?

Leah ·

Liberaal, ek verstaan nie jou sarkasme nie. Net omdat sy nie omrol om vertrap te word nie, nou wil sy ‘n salaris verdien sonder om te werk en met geen druk? En hoekom moet sy afstof as Unisa skoonmakers het wat daarvoor betaal word? Sou jy dieselfde van ‘n man verwag? Sulke chauvinisme is ongevraag en outyds. Miskien moet jy bietjie jou eie waardes beoordeel.

MadiMads ·

Was nou so geskok om nie n wit persoon se naam te lees nie dat ek weer moes lees. Kan jy nou meer, mense wat in top bestuur gesit is (en nie eintlik die kwalifikasies het daarvoor nie) misbruik gewoonlik die systeem en mense om hulle.

Annelize ·

MadiMads, jy vat die woorde UIT my mond. Moes ook nou letterlik 2 keer lees voor dit ingesink het dat dit nie-blankes is wat mekaar hier aanvat. Wil jy nou meer? En selfs toe dit twee nie-blankes is wat mekaar die stryd aanse, word die arme Ras-kaart weer gespeel as verskoning vir “ignorance”, swak leierseienskappe, die lys is nimmereindig.

Daar is 'n witte ·

Julle het MNR HAVENGA vir wie die dame EINTLIK die skuld wil gee MISGELEES.

Ampie ·

UNISA is ‘n grap om kleinlike polititiek deur die sogenaamde Menseregtekommissie te laat “ondersoek”. Die een verkwalik die ander! Absoluut pateties dat die rassekaart weer gespeel word daarby.

REGTIG? ·

Smaak my nie dit is wit teen swart hier nie .. smaak my hulle beskuldig mekaar nou al van rassisme en diskriminasie en onregverdige behandeling ens. SEKSISME? Vrou op vrou? Rassisme, swart op swart? GENADE NEE …Wat die mense nie alles vir geld sal doen en om van hulle minderwaardigheid ontslae te raak nie SHAME!

Careltjie ·

Liewe aarde, hoekom vergelyk sy haarself met ‘n huishulp? Sy verneder die posisie en die hele SA as sy so daarna verwys. My huishulp word met meer menslikheid as waarvoor sy kan droom, behandel! As sy gewoond is huishulpe (waarvan sy ook seker een het) word swak behandel, dan moet sy haar kop agtermekaar kry en aan haarself werk. Mens behandel elke mens met respek. Tensy, hulle dit nie verdien nie en daar redes is.

leee ·

blha-blha-blha…bla bla.
Eie geslag, eie ras – wat is nou so sensitief hieraan?

Worry liewers oor die arme SANDF se perde wat nie kos gegee word nie en uitgesit moet word, OF oor die hoë petrolpryse……………. seblief tog !!

GM ·

@Regtig, Alice probeer haarself verontskuldig deur te sê die witman het iets teen swartvroue. So m.a.w. twee anderskleuriges takel mekaar, maar omdat die één nie weet wat om ter verdediging te sê nie, nou bring sy ‘n witman in die onderonsie in en speel die raskaart.
Careltjie, ek het ook nogal gewonder oor die ‘huishulp’ deel. Dit kom nogal voor of sy neersien op huishulpe.

jaco ·

sien en lees ek reg: die klaer en die aangeklaagde is albei swart en die een hanteer die ander een soos wat wit mense swart mense in die ou SA hanteer het? Iets maak definitief nie sin nie. Dis dan juis die tipe klagtes wat hulle nog steeds, 24 jaar na apartheid, nog steeds teen wit mense maak. hoe dan nou ook met mekaar?

Nico ·

Hulle is deur die (kommuniste) ANC gebreinspoel om klagtes in op ‘n sekere manier te formuleer. Hulle kan nie anders as om hulle klagtes volgens hulle programering te formuleer nie. Ek lees tans Alexander Solzhenytsin se March 1917: The Red Wheel Node III oor die revolusie in Rusland. Die ooreenkomste met SA is verbasend. Geen nuwe tipe argumente in die kommunistiese front vir 100 jaar nie!

Attie ·

As ky now gelukig is nie bedank dan daar is baie wit mense wat wil werk

Carina ·

Dit hoort by die menseregtekomissie. Dit gaan hier omdat die vrou gesê het sy lyk nie siek nie, terwyl sy opgegooi het in die kantoor. Hulle doen dieselfde met ander mense wat aan ‘n onsigbare siektetoestand lei. Soos byvoorbeeld outoimmuunsiektes.

Anoniem ·

Dit is juis voor die Menseregtekomissie wat hierdie saak dien!

Niemand se Vloerlap ·

Dit is so sleg om te sien hoe almal nou die arme vrou wat die klagte ingedien het sleg sê. As ek in haar skoene was sou ek tien teen een dieselfde gedoen het. Ek is niemand se slaaf nie en sal die werk doen waarvoor ek aaangestel is en geleer het voor. Hoekom moet jy iemand se vuil werk doen? Dit is dalk hoekom meeste mense in vandag se tyd so ongelukkig is met hulle werke, almal se net ja en amen maar net niemand maak hulle monde oop nie, dit is baie makliker om eerder te klae.

marous ·

My oge bedrieg my seker want ek sien nie iemand wat van die verkeerde kleur is nie …..

leon ·

En so word ons geld verkwis!

G’n wonder ons opleiding faal nie.

Alida ·

Sy kon af siek gewees het. Mens mag siek wees en tuis bly vir wat gooi sy by die werk op. Dis walglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.