Universiteit doen stappe oor werknemer se FB-plasing

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

ʼn Werknemer van die Universiteit van Kaapstad se ingenieursdepartement word deur dissiplinêre optrede in die gesig gestaar ná ʼn Facebook-plasing waarin hy vroue aangeval het omdat hulle die bewoording “men are trash” gebruik het.

Deel van die plasing het gelees: “Ek was nie daar toe jou gemors-ma jou gemors-pa aangetrek het nie. Vir sommige van julle loop die gemors-aantrekkings in die familie. Leer jou geskiedenis en kyk of dit nie in jou bloed is om gemors aan te trek nie.”

Hy het dit verder gestel dat mense wat ander verkrag aan depressie ly en toe hý depressief was hy sy eie tweejarige kind wou leed aandoen en verkrag. “Ek het niks in haar gesien nie, geen liefde nie,” het die plasing glo gelees.

Volgens Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het die instansie met die personeellid vergader en is ʼn amptelike voorskorsing-verhoor gereël. ʼn Amptelike ondersoek is ook van stapel gestuur.

“Die inhoud van hierdie plasing is ernstig, onaanvaarbaar en ontstellend en strook glad nie met die universiteit se waardes nie. Dit is heeltemal verstaanbaar dat die plasing mense ontstel het en tot reaksies van pyn en aanstoot gelei het. Dit is betreurenswaardig,” het Kruger gesê.

Kruger het die versekering gegee dat die kwessie behoorlik ondersoek en hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

pasop ·

Verstaan nie lekker wat hier aangaan nie, vrouens mag mans trash noem maar as hulle se die vrou se ma en pa is gemors dan is hy in die moeilikheid? Ek verstaan wel die plasing van dat hy sy 2 jarige kind leed wou aandoen, maar die res van die storie maak nie vir my sin nie ..

Cherokee ·

As dit dan vir jou uitgespel moet word, ‘n groep (bv mans) kan nie belaster word nie maar dit is verpersoonlik toe haar ma en pa belaster is.

Annamarie Olivier ·

Hierdie student is eintlik besig om hulp te soek vir homself. As jy lees wat hy se toe “hy” depressief was, het hy dit oorweeg om sy kind leed aan te doen. Het die gevoel nie miskien iets te doen met die medikasie wat geneem word nie?Ek dink hy het eerder hulp nodig.

Wondermaarnet ·

Annamarie hy is ‘n werknemer en nie ‘n student nie.

LouE ·

Hulle sê: “men are trash”. As jy jou vir ‘n toffie uitgee moet jy verwag om gekou te word.

Hou Verby ·

Ek is nie verbaas nie – want dit is mos die Rhodes Must Fall Universiteit met ‘n Rektor wat se die studente moet betoog en dan ‘n hou van die betogers kry.
Neewat stel nie belang in hulle dinge nie.
Geen moraliteit nie.
Dit is sigbaar.

Dubbelstandaard ·

“Men are trash”. Wat ‘n kinderlike argument. Nie dat die man se kommemtaar aanvaarbaar is nie maar ek glo dat die vroue dan ook hulle werk moet verloor. Wat geld vir een moet geld vir die ander.

stewing ·

jy is so reg. hy het net gelyke munt terug betaal. ek hoop egter net die ma van sy kind hou altyd haar oog op haar kind. hy gaan mos nou weer depressief raak. ek sê verder vroue wat t hemde dra wat sê “men are trash” moet ook vir karakterskending gestraf word. uit al die mans wat ek ken, is daar nie een verkragter nie. so moenie veralgemeen nie.

Peanut ·

Hoe sê die spreekwoord;
Doen aan ander soos jy aan jou gedoen wil hê. Myns insiens het hierdie man niks anders gedoen as presies dit. As daar stappe teen hom geneem word, neem stappe teen die persoon wat gesê het mans is ‘trash’.
Ek is n vrou, kom uit n gewelddadige huis as kind, maar nooit sal ek dink mans is ‘trash’ net oor my pa ‘trash’ was nie.
Terselfdertyd dink ek die werknemer moet berading kry, want duidelik het sy depressie gelei tot gedagtes wat sy gewete nou nog ry.
Mans word heeltemal te maklik en te vinnig aan die groot klok van ‘skuldig’ gehang.

Leandra ·

Is dit nou dieselfde universiteit waar daardie man die vrou teen die bors skop dat sy doer in die gang af trek en haar dan aanhou skop waar sy lê? Het afgryslike video gesien in die Engelse koerant.

Lektor ·

Hy is ‘n lektor – o my genade – wat leer hy die studente?

Cherokee ·

Julle vat so maklik iemand se kant selfs sonder bewyse! Is daardie vrou(ens) ooit in ‘n hof verkeerd bewys? Klink asof julle sommer ‘n boendoehof hou en besluit sy is verkeerd.

Koppie Raas ·

Gaan seker net oor die vingers getik word.
Kyk wie is die rektor en jy het jou antwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.