Universiteit gekap wat professor ‘sensor’

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad (UK) is gekap nadat hy hom van ’n professor se navorsingstuk gedistansieer het. Die universiteit het dié betrokke navorsingstuk as aanstootlik teenoor swart mense bestempel.

Prof. Nicoli Nattrass se navorsingstuk genaamd “Waarom is swart Suid-Afrikaanse studente minder geneig om biologiese wetenskappe te bestudeer?” is verlede maand in die Suid-Afrikaanse Joernaal van Wetenskap geplaas waarna die universiteit sy misnoeë met dié artikel uitgespreek het.

“Die artikel is gegrond op ondeurdagte aannames oor wat swart mense dink, voel, nastreef en in staat toe is,” het die UK Vrydag in ’n verklaring gesê.

“Prof. Nattrass se kommentaar is ’n voorbeeld van navorsing wat nie die historiese en ideologiese wortels van akademiese dissiplines kan ondersoek nie en ewe onbewus is van die rol wat magsverskille speel in die moontlikhede en keuses in die lewe van individue en gemeenskappe. Die stuk is beledigend vir swart studente aan die UK, swart mense in die algemeen en vir enige akademikus wat begryp dat die gehalte van navorsing onlosmaaklik aan die etiese begronding daarvan gekoppel word,” lui die verklaring.

Die DA beskuldig die UK van sensuur nadat Nattrass beweer het dat die universiteit haar probeer verhoed het om die navorsingstuk te publiseer.

Die party doen nou ’n beroep op die universiteit om sy verklaring terug te trek.

“Die verklaring en prof. Nattrass se bewering is albei ’n aanduiding daarvan dat die universiteit bereid is om die Grondwet en veral die Handves van Regte te ignoreer en dat dit duidelik sensuur toepas,” het Belinda Bozzoli, die DA se skaduminister oor hoër onderwys en opleiding, gesê.

Bozzoli wys daarop dat elkeen die reg op vryheid van uitdrukking het wat onder meer akademiese vryheid en die vryheid van wetenskaplike navorsing insluit. “Dit is die taak van elke universiteit om hierdie regte te verdedig eerder as om dit op te hef,” het Bozzoli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Magda ·

BLACK AND WHITE LIVES MATTER – PLEASE JUST GET OVER IT AND MOVE ON – THIS RACISM ISSUE IS GETTING TO MUCH. ALL LIVES MATTER, AND AND SO LONG AS YOU LIVE IN THE PAST NOTING WILL EVER GET BETTER – GET OVER IT AND MOVE ON. STOP WASTING PRECIOUS TIME TO GET ALL SOUTH AFRICANS WATER / HOUSING / SCHOOLS AND MOST OF ALL EMPLOYMENT. JUST GROW UP PLEASE

Stofdonkie ·

Nou kan die professor van regswetenskappe dalk ‘n navorsingstuk doen oor hoekom enige stelling oor swart gesien word as rassisme, in dieselfde regstelsel waar swartes mag sing vermoor die blankes.

Pieter ·

Die rasseprobleem is daarin gewortel dat elkeen se voordele en nadele nie erken mag word nie. Om voor te gee dat almal gelyk is, is onnatuurlik en lei tot al die ellendes van vandag. Ek weet waar ek staan en dit maak my sterk. Die universiteit se optrede is onwetenskaplik en onverskoonbaar.

Antoinette ·

Ek kan nie sulke kleinlikheid glo nie. Die wereld brand en nou is daar ontevredenheid oor sulke nonsens.

Adam Adriaan ·

Hoe gouer mense besef daar is net een Race en dit is die Human Race, hoe beter. Rasisme word vandag gebruik om eie swakhede en minderwaardigheids gevoel te verdedig. Plaas daarvan om eie trots en waardigheid te kweek en te beoefen. Die wêreld skuld geen mens iets nie. Die probleem is; die mens is inherent lui en sondig en deur allerhande truuks en gemors wil hulle dit verdedig en regverdig en die skuld op ander mense pak

KB ·

Goed gesê Adriaan Adam. Ek stem volmondig saam. Die Univ. v. Kaapstad is slapsielig in hul veroordeling. Hierdie veroordeling is ‘n minagting van die Grondwet van Suid-Afrika.

JohanR ·

Moet niks skryf of narvors wat die word “swart” in sluit nie. Kinder word van jongs af geleer om te se die swart kat spring oor die muur. Sal nou moet se “die kat wat die kleur is van geel, blou en rooi verf wat gemeng is, spring oor die muur.”

Heinrich ·

Ag sies tog UK, politieke ‘korrektheid’ weer heeltemal oordryf!

Fedup ·

Colour is definitely not the issue here.
People are.
Please do me a favor and build a bridge and get over this colour crap.
Go and find something constructive to do.

Hoekom ·

Waar lê rassisme rerig en broei?

As almal in hulle eie lande gebly het, saam hulle eie volk dan het niemand teen swartes kamstig gediskrimineer nie en wit mense kon in vrede leef soos wat hulle huidiglik wil doen…

Kerneels ·

En so laat die universiteit ‘n goue kans deur die vingers glip.

As mens kan bepaal hoekom swart Suid-Afrikaanse studente minder geneig is om biologiese wetenskappe te studeer, kan daar dalk iets aan die saak gedoen word…eerder as om net volstruis te speel en jou kop in die sand te steek?

koos10 ·

Apartheid, die ding waarteen almal baklei het, se wette of gedagtes word nou gebruik om mense te beheer.
Sensuur, inperking, beperking op beweging, reg op asosiasie, en so kan ons maar aangaan.

Pieter ·

My opinie- As dit n Swart Prof was wat oor wit sou skryf was die nou n nobel prys wat uitgedeel sou word. Mense moet begin ophou jammer se vir snert en aanbeweeg. Ek dink dit is n goeie stuk waaroor geskryf en navorsing gedoen is. (Daar is dinge oor wit wat mens ook kan navors, maar om altyd bang te wees om ites te se van swart is twak.).

Andre ·

How dare you!
I have been sitting here doing nothing looking at you for the past couple of days and then you have the audacity to write an essay to say how lazy I really am!

marius ·

As die artikel in Afrikaans gepubliseer was sou die mrk haar reeds hof toe gesleep het . Dit was in engels.

Peet ·

Hoe swart het die breins van instansies se bestuur nie geword nie. Foeitog en dis nou waar mense opgelei moet word. Swak, simpel en swart behep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.