Universiteit in rou na nóg ʼn Puk-student sterf

Bianca Page. Foto: Facebook

Bianca Page. Foto: Facebook

Die Noordwes-Universiteit is in rou nadat ʼn derde Puk-student in die afgelope drie weke dood is.

Bianca Page (19), ʼn tweedejaarstudent in aptekerswese aan die universiteit, is Maandag omstreeks 06:30 in ʼn motorongeluk buite Potchefstroom dood. Carli Huyser (19), ʼn eerstejaarstudent, is net ʼn week vantevore ook in ʼn motorongeluk dood terwyl nog ʼn eerstejaar, Leana Labuschagne (19), op 14 Junie aan breinvliesontsteking dood is.

Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die universiteit, het gesê die universiteit is bedroef oor die afsterwe van die studente en het haar innige simpatie met die studente se families betuig. “Dit is nooit lekker om enige jong mens aan die dood af te staan nie, maar nog moeiliker wanneer hulle verbonde is aan die universiteit,” het sy gesê. Sy het gesê die universiteit sal berading bied aan studente wat dit benodig.

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Bianca is dood nadat haar motor sowat 20 km buite Potchefstroom op die N12 teen ʼn tenkwa gebots het. Sy was op pad om ʼn hereksamen by die universiteit te gaan skryf. Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê Bianca se motor het onder die vragmotor vasgesit en sy was in die motor vasgekeer. Haar liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word en sy is op die toneel dood verklaar.

Intussen het Colin Page (23), Bianca se broer, aan Maroela Media gesê die gesin is platgeslaan na haar dood. “Dit gaan glad nie goed met my ouers nie. Hulle is heeltemal vernietig,” het hy gesê.

Hy het gesê Bianca was ʼn vriendelike mens wat altyd almal om haar wou help. “Sy was net ongelooflik. Sy het haarself as haar vriende se sielkundige gesien en enigiemand kon altyd op haar steun,” het hy gesê.

“Ek as haar ouer broer was altyd daar om haar battles vir haar te baklei. Ek wens ek kon Maandag daar gewees het vir haar.”

ʼn Gedenkdiens vir Bianca vind Vrydag om 11:00 in die NG Kerk Primrose-Oos plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

EMK ·

Daar gebeur ontsettend baie ongelukke op hierdie pad naby Potch! Word daarna in diepte gekyk deur owerhede? Mense jaag ook erg!

Mark ·

Die N12 vanaf Potch is seeker die slegste pad wat ek ken. Padwerke find daar all plaas vir n paar jaar. Geen Lyn aanwysings, pad baie nou op seker plekke.En all die padwerke aanduidings maaak n men’s meet deurmekaar. Been beligting help took nie die pad nie . Sit beligting op vanaf Potch.End ASB gee daai mense n deadline wat San die pad week.

Liezl ·

‘n Meisie van Kasteel, Karlien Trollip, is ook die 5e Junie oorlede. Selfmoord.

Peet Schabort ·

Wat kan ek sê ? Ek huil saam oor ons jongmense.
NET GOD sal weet.
Sterkte met ‘n onvervangbare verlies.

Colin Page ·

Hi

Die begrafnis is by die Ned Hervormde Kerk Primrose

Dankie

SNEL ·

Dis vreeslik erg, so jong meisie. Baie sterkte aan die ouers, broer en familie.

Was die nie n onwettige U-draai deur die vragmotor nie, en dit nog as dit half skemer is nie, hoe anders beland n kar onder n vragmotor? As dit is moet die bestuurder van die vragmotor opgaan vir manslag.

Marilize ·

Ek was in die middel 80’s op die Puk en het jare daarna in Fochville gebly, en daardie pad het toe al bekend gestaan as “die pad van die dood”.

Linda Nel ·

Sy is nog so jonk. My ogies is vol trane.
Sterkte aan haar ouers. Studente van potch moet asb mooi ry en altyd vir die ander ook kyk. En altyd mooi kyk as hulle in die aande ry. Jy kan versigtig wees maar die ander een nie.♡M♡onthou asb ♡M. Kyk altyd – eks self n student. My hartjie gaan uit na Tannie hulle. Ek ry self die pad soms. Sterkte vir die hele gesin…

Hanlie ·

My innige meegevoel vir die hele gesin. En Linda ek weet jy ry ook die pad. As jy dalk hierdie boodskap kry. Kan jy Tannie Hanlie asseblief skakel. Ek het nog niks van jou gehoor van vrydag nie. Is bietjie bekommerd oor jou. Liefde.

CHRISTA ·

Ek verstaan nie wat maak die Metropolisie of Verkeerspolisie elke dag nie. As dit die begin en einde van die skoolvakansie is kry jy hulle feitlik om elke hoek en draai, maar die res van die tyd sien jy hulle af en toe padblokades hou NET om te sien wie uitstaande boetes het!! Luister maar na 702 – ELKE DAG is daar ‘n ongeluk op of naby die Gillooly’s Afrit!! Kan daar nie puntsmanne geplaas word tydens spitstyd nie? Hoekom moet hulle eers daar aankom as dit reeds TE LAAT is?

Linda Nel ·

My hartjie is baie seer.
Sterkte en my gebede aan ouers.

corrie steyn ·

Colin, Ella en Colin junior
Ons harte is baie seer met Bianca se dood ons het nie troos woorde nie ons ,tannie Hettie en Alta ons innige simpatie aan julle, baie sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.