Universiteit jammer oor ‘tender vir openingsgebed’

Die tenderadvertensie om ‘n openingsgebed by MUT waar te neem.

Die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie (MUT) in Umlazi in KwaZulu-Natal het om verskoning gevra vir ʼn tender om ʼn openingsgebed waar te neem.

Nie net moes die persoon ʼn belastingsertifikaat indien nie, nóg ʼn minimum vereiste was ʼn swartbemagtigingsertifikaat (BBBEE).

Die gebed moes Vrydagoggend [vandag] gelewer word en die sluitingsdatum vir tenderaansoeke was Dinsdag.

Die advertensie vir die tender op die universiteit se webblad het groot woede ontlok en talle mense het veral op sosiale media daarteen uitgevaar.

“Suid-Afrika se prioriteite is hopeloos skeefgetrek. Studente is desperaat vir finansiële hulp … maar by MUT is daar ʼn tender vir ʼn openingsgebed,” het ʼn boodskap op Twitter gelui.

Nog ʼn gebruiker het gevra of daar nie ʼn enkele persoon verbonde aan MUT is wat ʼn gebed kan doen nie.

Die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie. (Foto: Facebook)

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê só ʼn tender is die logiese gevolg van ʼn meganistiese rasbenadering waar rasseformules met sakrekenaars uitgewerk en mense weggelaat word. “Dit is die absurde van ʼn rasse-ideologie wat klakkeloos toegepas word; waar jy selfs gebed – diegene wat mág bid – op grond van ras moet klassifiseer.”

Hermann sê die swartbemagtigingsvereiste is boonop net een kant van die muntstuk. “Ek het nog nooit van ʼn bid-tender gehoor nie. Dit is op sigself vreemd. Dieselfde belaglike denke wat daartoe gelei het dat iemand moet tender om te bid, lei tot die vereiste dat jy ʼn swartbemagtigingsertifikaat daarvoor moet hê,” het Hermann gesê.

“Skielik raak dit ʼn transaksie, ʼn gebedstransaksie. As korrupsie so sistemies geraak het dat jy selfs tenderprosesse moet hê vir gebed, is dit nou net te erg.”

Die universiteit het die afgelope week gesê hy is bewus gemaak van die “verkeerde kommunikasie” wat oor die tender uitgestuur is.

“Die universiteit betreur die fout en vra om verskoning aan lede van die publiek en al ons strategiese belanghebbendes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johan Venter ·

Die kaf was nog altyd van die korrels geskei, dié wat dit nou eers raaksien is stokblind.

Charmain ·

Mens kan maar net jou kop in verwondering skud (en laat sak). Die mense probeer so polities korrek wees dat dit aan die absurde grens

Phillip ·

Ken hulle nie predekante wat geleer het en weet hoe omte Bid . Dit is n skande wys jou waar die mens dom oppad is geen wonder dit gaan so in die leefbaare mense nie maak n grap oor God die Vader God die Seun en God die Heiligegees

Estelle ·

Mens hoef nie geleer te word hoe om te bid nie. As jy n verhouding het met die Lewende God weet jy hoe om te bid m. a. w. n wedergebore Christen is.

Marcello ·

Wow !!! nou het ek alles gehoor, net sodra ‘n mens dink, dit is die toppunt, dan gebeur iets erger. Geen respek vir God en sy woord nie.

Vriendelike Frikkie ·

…en nog steeds is mense wat dink dat ons hierdie sinkende skip kan red. Wanneer jy die aanroep na die Here in ‘n finansiële transaksie omskep is jy reeds ‘n Farisieër.

Thomas ·

Ek dink nie hulle besef dat hulle ‘n bespotting van die Koning van die Konings maak nie. Hulle kan verskoning vir al wat ‘n mens is vra – maar die dag wanneer hulle voor die God van die Heelal staan dan sal hulle moet rekenskap gee oor hulle dade.
Vader vergewe hulle – hulle weet nie wat hulle doen nie.

Henk ·

Thomas , jy mis die ding met die Here . Hy bring na vore dit wat in donker hoekies bedink en wat in die mens se kop aangaan in SA .

Johanncb ·

Ai, miskien moet ons dit met ‘n knippie sout neem en na die humoristiese sy kyk!

Gawie ·

So dit lyk vir my dat al die kere wat ek by skoolopeninge gebid het was ek polities verkeerd gewees!

WLM ·

Ek het ‘n beter voorstel. Laat elkeen vir homself bid en sy eie verhouding met Vader skep. Ek dink ons moet ophou om te dink ‘n dominee of pastoor is die enigste kanaal vir kommunikasie en dat ons God net na hulle luister. Die wonderlike ding van ons Vader is dat jy nie ‘n titel of groot bank balans nodig het dat Hy na jou sal luister nie (inteendeel). Daar is net een middellaar na God en dis Jesus nie enige mens nie.

TO ·

Regtig net gedag ek het nou als gehoor en gesien,maar SA never seize to amaze me. I Dis hoekom dit so gaan in DA.

DieKriek ·

Jeeper Tracy, as jy niks van Engels weet nie, cease and desist.

Boris ·

As jy in die Christelike geloof eers aan sekere vereistes moet voldoen of sekere kwalifikasies moet he om ’n gebed te doen, moet jy bid maar los en sommer ook afstand doen van jou Christen aanspraak, want dit is dan net ’n hol klank.

Gato ·

As dit nie so ernstig was nie kon mens seker lag daaroor. Dit wys jou net hoe werk die mense se koppe.
Daar is bitter min wat vir hulle self kan dink. Van wanneer af word iemand betaal om ‘n gebed te doen by ‘n byeenkoms?

Anoniem ·

Daar is niks lagwekkends aan hierdie situasie nie. Dit is ‘n skreiende skande dat hierdie instansie die vereiste daargestel het dat die bidder ‘n spesifieke kleur moes wees voordat hy by hierdie instansie kon bid. Geen wonder dit gaan so in Suid-Afrika nie. Nee wraggies nou het ek alles gehoor.

pestilensie ·

My gevoel is ,aalgemene praktyk om geld vir hulle kronies te betaal . Die suksesvolle tender kry seker n paar R100 000 om met gebed te open

Jakes ·

Seker die grootste sirkus in die wereld met die meeste narre wat daar rondsluip.

Sandra ·

Wow! Wat volgende? Dis amper te belaglik om te glo! Ek kan net my oë opslaan en vra vir hulp van Bo!

Yvonne ·

Ek is bly die mense heg soveel waarde aan gebed! Die persoon wat die gebed gaan waarneem sal dan seker ook ‘n familielid wees en sal sekerlik ten minste’ n paar nulle agter die ooreengekome syfer/s hê!

Tienie ·

Ek wonder net; vir wie en wat bid hulle in hierdie geval. My Bybel waarsku my teen sulke vreemde goed. Ek glo nie ek sal deelneem aan so iets nie.

Net soos die “meditasie” oomblik in die parlement.

My nekhare staan regop….

Estelle ·

Mens hoef nie Universiteit toe te gaan om te leer bid nie. Enigeen wat n verhouding het met die Lewende God weet hoe om te bid m. a. w. enige wedergebore Christen. So n persoon se gebed sal in elk geval meer gewig dra by God as die gebed van iemand wat geleerd is maar Hom nie werklik ken nie.

Louis ·

Gelukkig het niemand getender vir die flater. Sou ook nie help om die rekenaar te vervloek nie, omdat dit n dooie organisme is en so geprogrameer is.?!

Carel Johannes ·

Satan grynslag oor sulke “christelike” stomiteite wat so reg in sy kraal speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.