Universiteit kry hofinterdik teen betogers

Studente betoog by Wits  (Oktober 2015) Foto: Wits, Facebook

Studente betoog by Wits (Oktober 2015) Foto: Wits, Facebook

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Maandag ʼn dringende hofinterdik teen betogende studente gekry om hulle te verhoed om met die universiteit se bedrywighede in te meng.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê hy is baie bekommerd oor die feit dat betogers deur ’n geslote hek gebreek het om onwettig die Brember-gebou op die middelste kampus te beset. “Ons hoop hierdie hofinterdik sal die studente oortuig om die perseel te ontruim,” lui die verklaring.

“Ons is gewillig om enige en alle kwessies met die betogers te bespreek, maar dit is noodsaaklik dat die universiteit se bedrywighede terugkeer na normaal. Dit is nou die eerste prioriteit.” Eksamens is veronderstel om later die maand by die universiteit af te skop.

Die UK is een van minstens drie universiteite wat gister bedrywighede moes opskort weens betogende studente wat die kampusse tot stilstand gedwing het. Chaos het Maandag by die Universiteit van die Witwatersrand ontstaan toe studente die kampus beset het en paaie om die universiteit afgesper het. Die Rhodes-universiteit was ook vir die dag gesluit nadat meer as 100 betogende studente die kampus bestorm het.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Asjas ·

En dit is ons toekomstige dokters, prokureurs en geleerdes???

DeWet ·

Wie se hulle gaan dit word.. Om die oomblik gaan hulle dop. Intelligente mense is nie kwaadwillig nie

nico ·

Hulle kort om mariere geleer te word maar wat kan ons doen as die anc die land opneuk dan kan hulle seker maar die universitye ook opneuk ons land is n orkaan besig om op te bou en wag vir uitbarsting

Berhalet Beukes ·

Julle wou hulle toelaat om Rhodes beeld te verwyder en almal het gee weet dis die begin van nóg en nóg en nóg! Pluk nou maar die vrugte daarvan!

Johan 2 ·

100% Berhalet…lyk my die Kaap leer nog. As jy terugval, val hul aan.

Willie ·

Ek kan net nie verstaan dat na ‘n hofbevel die Universiteit hoop die studente sal die perseel ontruim indien hulle dit nie doen nie laat hulle arresteer en skors hulle lewenslank uit die Universiteit uit. hulle is nie daar om te leer nie, en hulle is die minderheid, wat alles vir die meerderheid wat wil studeer opmors.

Piet Pompies ·

Die regering is lank al nie meer in beheer van die land, pasop, die gevolge daarvan is ‘n baksel van geweld die hele land vol

Michelle ·

Die groot probleem is die jeug word groot met die mentaliteid dat almal hulle iets skuld. Die land °̩s opgebou deur harde werk niks kom verniet in die lewe nie, maar die regering se mentaliteid dat ons al die minder bevoorregte mense iets skuld maak n gemors van ons land ȇȠ alles ϖӐȾ in elk geval in hul hande beland word verwoes. Dis net korupsie, Geweld ȇȠ verwoesting. Deur bakhand te staan ȇȠ te dink alles val net uit die lig uit °̩s besig om ons land te verwoes. Tooi tooi ȇȠ breek ȇȠ verwoes, maar wie moet alles weer opbou. Werk en integriteit ȇȠ trots het n vloekwoord geword want almal soek werk ȇȠ geld maar hul wil nie werk nie, so val alles maar plat. Die studente ϖӐȾ tooi tooi moet geskors word, die ϖӐȾ wil leer moet kan aangaan, daar °̩s baie universiteite ϖӐȾ engels °̩s hoekom gaan hulle nie soon toe ni, hulle het geweet van dag een af watter tale word onderig gegee, ϖӐȾ die kostes van die studie °̩s ens ens , as J̶̲̅ÿ dan nie tevrede was nie hoekom skryf J̶̲̅ÿ dan in, daars baie ander opsies. Ȅk◦°˚° gaan staan ȇȠ tooi tooi nie ƁӰ n engelse universiteid omdat daar nou teen my gediskrimeer word omdat ȅk◦°˚° nie in afrikaans onderrrig kan ontvang nie, ȅk◦°˚° gaan soek vir my n univeriteit ϖӐȾ aan my behoeftes voldoen, ȅk◦°˚° skryf nie in ȇȠ dan na verloop van tyd verwoes alles nie. Alles in die lewe kos geld niks kom verniet nie, mens moet hard werk ȇȠ opoffer om iets te bereik, nie ander mense vir jou nie. Niemand skuld jou iets nie jyt self n verantwoordelikheid ȇȠ jou ouers het n verantwoordelikheid tot jou, verder skuld niemand jou niks.

Rina Pretorius ·

Dis hoekom ons nou moet saamstaan en Afriforum Solidariteit en Vryheidsfront moet ondersteun vir onafhanklike selfregering, sluit aan op hulle whatsapp 0837552177

Dee ·

Dit is een belofte wat die anc gestand gedoen het. Hulle het gesê dat hulle die land onregeerbaar gaan maak.

Gideon ·

Hoe gouer die universiteite heeltemal verengels hoe beter! Kyk maar oor so 5 jaar waar al hierdie eens spog Universiteite se graderings gaan wees.
Kinders gaan soebat om Afrikaans te praat, want alleen die wat Afrikaans kan praat sal toegelaat word om in te skryf aan die nuwe Afrikaanse Universiteit wat algeheel privaat gaan wees, en wat sal tel onder dié bestes in die wêreld!!

Jaco Grobler ·

Nogal ja, wat ek wonder is wat die kriteria gaan wees vir inskryf by die instellings, baie ander rasse is Afrikaans magtig, en ‘n relatiewe intelligente persoon kan ‘n taal redelik goed baasraak in ‘n paar maande. Dit gaan nie veel moeite verg van enige kwaadwillige organisasie om 2000 kandidate te werf met die doel om te probeer inskryf en dan skietgoed te kry om die plek toe te maak op grond van diskriminasie nie. Wat van ledegeld bydrae vir 5 jaar of meer aan Solidariteit as die eerste vereisde? Jy het dan tog help bou aan die instansie deur jou bydraes, en dit sal heelwat kwaadaardiges diskwalifiseer. Solidariteit se instansies en Unisa is tans die enigste oorwegings wat ek het sou my kinders belang stel om verder te studeer.

Andries Pieters ·

Hul blameer die regering vir als van swak dienslewering tot universiteitsgelde.Maar kom die volgende verkiesing,vir wie stem hulle weer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.