Universiteit nie die enigste opsie, sê Nzimande

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Leerlinge wat die matriekeksamen geskryf het, kan alternatiewe opsies buiten universiteit oorweeg, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Maandag gesê.

“Die toekoms van ons jeug lê nie bloot net daarin om universiteit toe te gaan of om universiteit toe te gaan sodra jy matriek klaarmaak nie,” het hy aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Jy kan steeds toegang bekom tot betekenisvolle naskoolse geleenthede en betekenisvolle loopbane. Jy kan altyd op ʼn ander tyd universiteit toe gaan indien jy dit wil doen.”

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse samelewing bevind homself in ʼn doodloopstraat weens die klem wat daar geplaas word om by ʼn universiteit in te skryf ná matriek. Nzimande het gesê diegene wat “in rye staan vir plek in ʼn universiteit” is “kansvatters” wat nie kwalifiseer nie. “Daar is persone in die ry wat nie geslaag het nie. Dit is altyd die geval,” het hy verduidelik. “Ons weet dat ons as Suid-Afrikaners nie opgee nie, ons gryp die geleentheid aan wanneer ons kan. Baie min mense doen dit nie. Toe ek in Dambuza grootgeword het, het ek ook ʼn kans gevat.”

Nzimande het gesê daar is 425 095 geleenthede in naskoolse tersiêre opleiding en opvoeding. Dit is ʼn toename van 28 646 van die 396 449 in 2014. Dit sluit 204 522 plekke by ʼn universiteit, 44 000 ingenieurstudiegeleenthede en sakestudies by tegniese (TVET)-kolleges asook 16 250 voornemende ambagslui in.

Hy het bevestig die regering is bewus van die ernstige tekort aan studenteakkommodasie by tersiêre instansies. “As die regering is ons in talle gevalle die slagoffers van ons eie sukses. Ons syfers het vinniger toegeneem as wat ons infrastruktuur kon bou. Die universiteitsektor het egter uitermatig toegeneem sedert 1994.”

Nzimande het ook gesê die regering het sy befondsing aan die Nasionale Studentefinansieringshulpskema (NSFAS) vermeerder vir arm- en gestremde studente. “NSFAS sal finansiering verskaf aan 205 000 eerstejaars wat inskryf en studente wat in aanmerking kom by universiteite en 200 000 studente by TVET-kolleges in 2015. Die regeringskame sal lenings en beurse van R9.5 miljard beskikbaar stel. “NSFAS het in 2014 meer as R8.3 miljard beskikbaar gestel.”

Hy het bygevoeg die nasionale vaardigheidsfonds (NSF) maak ook jaarlikse bydraes tot NSFAS vir opleiding in kritieke vaardighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asjas ·

Geagte Mnr Nzimande,
Na aanleiding van u kommentaar in die media rig ek graag die volgende versoek aan u.
Stuur asseblief vir my ‘n lys van Afrikaanse Universiteite waar ek onderrig in my moedertaal mag geniet sowel as veilige huisvestiging vir vroulike studente.
Verder vra ek u vriendelik om vir my ‘n lys van maatskappye te stuur wat nog Wit, Afrikaanssprekende gegradueerde persone mag aanstel op grond van hul kwalifikasies.
Vriendelike groete,

Joe64 ·

Ou Lem, skerp ou grote! Weer ek en jy! waar gaan hulle werk die sonder verdere studies? Jy sal onthou hoe jy en ander in julle jeug gevra het vir sanksies en ander vernietigende pogings om die land te halter, toe later regstelende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, wel, nou word die werk wat hierdie outjies moes doen in China gedoen! Kyk bietjie die etiket op jou klere…., sien, proudly souf african made in China. En kyk op jou kar, oh nee, askies, Germanië.
Julle kort ‘n ander plan hoor, die een wat nou gebeur, werk nie.

genoegisnoublerriegenoeg ·

Hoe lank het dit vir Blade gevat om op so ‘n stelling uit te kom. Ons noem dit sommer logika!!! As jy nie by die Univ kan (mag nie agv jou velkleur) studeer nie, dan is dit vanselfsprekend jy MOET ‘n ander loopbaan of opsies oorweeg!!!

scalla ·

Sluit aan by enige staats departement, kleur is reg, korrupsie en bedrog is deel van jou vergoeding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.