Universiteit skors Qedani Mahlangu

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng. Foto: ANA

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, is deur die Bedfordshire Universiteit in Engeland geskors.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê Mahlangu studeer aan die Global Banking School, wat aan die universiteit geaffilieer is. “Gegewe die erns van die bewerings is Mahlangu sonder vooroordeel geskors,” het die universiteit in ʼn kort verklaring gesê.

Dit volg nadat Mahlangu gedagvaar is om in Desember voor die arbitrasieverhoor oor die Life Esidimeni-voorval te getuig. Mahlangu het egter aangedui sy sal eers einde Januarie 2018 beskikbaar wees om te getuig.

Daar is aanvanklik tydens die verhoor gesê Mahlangu kan nie verskyn nie omdat sy voorberei vir eksamens wat sy in die buiteland moet skryf.

Mahlangu word wyd blameer vir die mislukte oorplasing van meer as 3 000 psigiatriese pasiënte van Life Esidimeni na ongelisensieerde NRO’s. Minstens 141 van dié pasiënte is in dié NRO’s dood weens verwaarlosing en honger. Altesaam 59 van dié pasiënte word steeds gesoek.

Barney Selebano, die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, en Makgabo Manamela, direkteur van geestesgesondheid by die departement, is ook gedagvaar om voor die verhoor te verskyn. Hulle is vroeër geskors kort nadat die gesondheidsombudsman se verslag oor die Life Esidimeni-tragedie vrygestel is.

Daar word gehoop om die verhoor teen die einde van die jaar af te handel.

Lees alle vorige berigte oor Life Esidimeni op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elli ·

Uiteindelik geregtigheid. Mens kan duidelik sien sy het nie in SA “gestudeer” nie want hier sou sy niks oorgekom het nie!

maria ·

lekker man, lekker! Skuus, maar ek na nie help om bitsig te wees nie!

Willie ·

Elli, wat my pla is al die ANC gepaastes so in UK studier… lyk my dis n tipe van “Safe Haven” vir hulle….

So so ·

Elke volwassemens weet WEGKOM se draad loop nét só vér! daarna wat jy aan ander doen SAL terugkom na jou nié nét in die tyd maar ook in die hiernā…

Eish ·

Wonderlike ou Westerse standaarde, integriteit, verantwoordbaarheid, etiek en karakter.
Dearly missed in this hellhole!

Andrea ·

Jy is so reg, Eish! Wat sou ek nie wou gee om nog in so ‘n samelewing te leef nie.

Piet Pompies ·

Mens kan nie met bloed op jou hande loop en dink jy gaan skotvry daarvan afkom. Jou wêreld word net kleiner (skorsing) tot jy nie meer kan funksioneer. Politieke leiers in SA dink hulle is verhewe bo die land en wêreld se wette, dies wiel draai stadig maar seker.
Op ‘n positiewe noot, ek is opgewonde oor die toekoms van ons land wanneer Zuma in Desember uit tree as president en die regte persoon president word….

Pierre ·

Ek wonder of dit ‘n moordklag regverdig. Sal nogal wil hoor wat die uitkoms gaan wees. Glo sy is wel aandadig.

Andre ·

Nie seker van geregtigheid in SA nie, want die in die ANC wat haar die pos gegee het sal weer vir haar sorg soos wat hulle doen vir mekaar. Maar dit lyk my daar is darem wette in Engeland teen kriminele wat daar will wegkruip tot die stof gaan le.

Grassie ·

‘n Mens moet daardie foto, met die kwaai gesig en grypende hande, ‘n afskrif van maak en in jou huis teen die gang se muur hang. As die kinders stout is sê jy vir hulle “pasop, Sakaboela kyk vir jou. Sy gaan jou vang.” Dit sal beter werk as ‘n paar rapse.

Johan ·

Sy gaan miskien voor die kommisie verskyn….maar daar gaan niks met haar gebeur nie….sy het ook seker met haar bedanking n golden handshake gekry…..almal kry mos a job weldone bonus danksy ons wonderlike arbeids wet…. .sy gaan net sê dit is nie haar skuld nie…..net soos niks gaan gebeur met zuma nie……dink wat se groot bonus gaan hy die dag kry as hy bedank in 2019……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.