Universiteit van Kaapstad beste in Afrika

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad (UK) is as die beste tersiêre instelling in Afrika aangewys en volgens die Wêrelduniversiteitsranglys is dié instelling 155ste uit die 200 voorste universiteite ter wêreld.

Volgens die Londense weekblad Times Higher Education is dit nie die eerste keer dat UK as een van die wêreld se voorstes aangewys word nie. In Julie vanjaar was die universiteit ook 220ste in die 17de uitgawe van die Quacquarelli Symonds World University Rankings-verslag.

In die Top-200-Wêrelduniversiteitsranglys neem Amerikaanse universiteite die voortou. Hulle beklee 59 plekke op die ranglys, gevolg deur Engeland met 29 plekke en Duitsland met 21.

Oor die algemeen neem Europese verteenwoordiging op die ranglys af en nege universiteite het die afgelope vyf jaar van die ranglys afgeval. Hulle plekke is ingeneem deur universiteite in China, Australië, Suid-Korea, Hongkong en Kanada.

Times Higher Education se Phil Baty sê daar was die afgelope paar jaar ’n beduidende toename in universiteite van Asië op die wêreldranglys. Die Tsinghua-universiteit in China het die top-20 vir die eerste keer betree en die getal universiteite in China in die eerste 100 het verdubbel.

“Hierdie nuwe ranglys is ʼn verdere duidelike bewys van ʼn verskuiwing in die magsbalans in die wêreldwye kennisekonomie van die gevestigde hoëronderwysstelsels in die Weste na dié in dele van die Ooste,” sê Baty.

Hy sê die neiging gaan waarskynlik voortduur omdat die Covid-19-pandemie groot uitdagings vir veral Westerse universiteite, veral dié in die VSA en Engeland, veroorsaak het.

“Hierdie universiteite verloor weens die virus aansienlike internasionale studente en so ook miljarde dollar se universiteitsgeld.”

Baty sê dié universiteite wat ’n lang geskiedenis van sukses toon, sal nietemin nie sommer hul top-posisies op die ranglys van beste universiteite verloor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adeline ·

WEL, wel wel RZA se UK universiteit het seker nr 200 behaal – geluk – want sover my kennis strek en ondervinding moet alle RZA graad behaalde of Matrikulante vanaf RZA wat hier gestudeer het aan enige Universiteit of skool weens die lae graad van opvoeding en geleerdheid standaard hulle eksamens oorsee oordoen verseker… so ek kan glo dat die RZA net 200 ste plek behaal PUNT. My studies se graad oorsee behaal en kan met vertroue enige plek in die wêreld gebruik word. Standaard is in RZA so verlaag is nie aanvaarbaar in die buite land nie. Vra my ek weet verseker.

Elize ·

Siestog nou word daar weer raskaarte rondgegooi. So pas op die nuus gehoor

Simon ·

Wonder hoe die ranglys bepaal word. As dit gemeet word aan die hoeveelheid internasionale studente wat aan ‘n spesifieke universiteit studeer, dan beteken die ranglys niks. Al wat dit se is dat dit goedkoop is om aan SA universiteite te studeer. Die gehalte onderrig en dehalwe goed geskoolde studente is twyfelagtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.