Universiteit van Pretoria kies slegs-Engels-taalbeleid

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die raad van die Universiteit van Pretoria (UP) het met instemming van die senaat die voorstel aanvaar dat Engels die primêre taal van onderrig en assessering aan die universiteit sal word.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê Afrikaans sal geleidelik uitgefaseer word vir studente wat reeds geregistreer is. “Die implementeringsdatum is onderworpe aan die proses wat gevolg moet word by die departement van hoër onderwys en opleiding om die universiteit se statuut te verander.”

Volgens die universiteit is die doel van die nuwe beleid om “maatskaplike samehorigheid” en “inklusiwiteit” te bevorder. Die universiteit sê die besluit volg op uitgebreide konsultasieprosesse en insette van alle belanghebbendes, ingesluit die transformasiewerkgroepe en die onafhanklike paneel wat vir die rede aangestel is.

Volgens die universiteit is daar ook besluit dat Afrikaans as ʼn taal van geleerdheid gehandhaaf moet word, terwyl die ontwikkeling van Sepedi na ʼn hoër vlak van wetenskaplike diskoers ondersteun moet word. “Die raad het aanbeveel dat die bestuur ʼn implementeringsplan moet voorberei, asook personeel- en begrotingsbehoeftes moet identifiseer om effektiewe taalondersteuning te bied.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen aangekondig dat hy konsultasie met sy regspan en ander belanghebbendes sal voortsit om te verseker dat die grondwetlike taalregte van Afrikaanssprekende studente en voornemende Afrikaanse studente nie geskend word nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalregtekwessies, het Afrikaans ʼn politieke speelbal op kampusse geword. “Die gees van die Grondwet, beste opvoedkundige praktyke, die jongste tendense in onderrig, internasionaal erkende taalregte … dit alles word geïgnoreer ten koste van die ideologiese agenda teen die taal,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

MCS ·

Ja,kom ons toy-toy, brandaf,plunder en dreig almal af dan kry ons wat ons wil he! Dis lekker wat geen een van hulle het n dag in hul lewens gewerk of geswot vir wat hul wil bereik! Waar gaan hierdie land eindig!

JC ·

UP sal maar net Hof toe gesleep moet word-net soos by die UV!
Dit is ‘n verdrukkiing van ons GWlike regte en dit sal dood eenvoudig net nie geduld word nie.
Wat het geword van diversiteit, inklusiwiteie en verdraagsaamheid.
NEE! So sal ons beslis nie ‘n rat oor ons kop laat draai nie!
Hof toe met TUKS vir die afdwing van ons grondwetlike taalregte! Hof toe met julle! Vervlaks!

Johannes ·

JC, hof toe sleep help nie en kos ons net ‘n helse klomp geld. Op die einde druk tot die regering die hof ‘n vet pit. Dit het tyd geword vir AKTIEWE FISIESE WEERSTAND!

Cherokee ·

Eindig? Wat bedoel jy met ‘eindig’? Sê jy dat die land gaan eindig? Ons taal is eksklusief en Indien ons dit waardig genoeg ag om te veg daarvoor moet ons dit reg gebruik.

JC ·

Johannes, jy is verkeerd op 2 punte: dit kos Afriforum nie geld nie want indien hul suksesvol is moet die universiteite hul regskoste betaal!
Tweedens, indien ‘n bevel verkry word wat ons taalregte vindikeer, en die universiteite gehoorsaam dit nie-m.a.w. hul druk die Hof ‘n pit-IS HUL SKULDIG AAN MINAGTING VAN DIE HOF en dan is dit perde! Maar dankie vir jou kommentaar! JC:-)

AJ ·

Wat van die kwaliteit van die diskoers?
Waar almal in die 12de taal van die land (dit is VROT ENGELS) kommunikeer gaan die kwaliteit van die redenasies verlore. Dit is tog alom bekend!
So, Tuks bevorder noodwendig middelmatigheid in onderrig en leer ter wille van politieke korrektheid.
In die huidige inligtingsera waarin die mensdom hom wêreldwyd bevind, wprd neergekyk op gemmiddelheid. Ongelukkig kan ons nog duisende werklose graduandi verwag met diê VROT ENGELS beleid van Tuks.
Ons skrander Afrikaanse matrikulante kan baie beter waarde kry deur in te skryf by aanlyn internasionale universiteite waar hulle op meriete toegelaat en beoordeel word.
Met aanlyn studie is hulle ten minste veilig teen brandstigters, geweldenaars en rassediskriminasie.

Omgekrap ·

Cherokee, jou begrip van “eindig” skiet voorwaar ernstig tekort. Stem saam met Akademia-kom ons skep ons eie opleidingsfasiliteite, ens. Ek hoop net almal wat nou so snork en blaas ondersteun die inisiatiewe van Solidariteit en Afriforum ook finansieel. Laat TUKS in hul swernoot invaar, al is dit die geld en akademiese intelligentsia van die gewaande Afrikaanssprekendes wat dit alles tot stand gebring het! Laat die massas dit ook oorneem en afbrand en die fasiliteite wat vir alle Suid-Afrikaners daargestel is maar tot stof en as reduseer. Ons as Afrikaners het bewys dat ons nie onderdruk kan word nie; ons sal soos kurkproppe weer opkom en terugvat wat nou van ons gesteel en onder die voete vertrap word!

Wat-ek-lees ·

Nog meer motivering vir ons eie.
TUKS, hou noord en foeter voort.

snoefie ·

dis dalk tyd om te se tuks is dan welkom aan hulle”engelse”. sal interessant wees om te sien how very hulle gaan kom sonder betalende students.

JC ·

Akademia is beslis deel van die antwoord, hulle het gister aangekondig dat hul nog ‘n BCOM graadkursus bygekry het! Intussen veg ons voort vir ons GW regte en sal die vorm en inhoud daarvan nou moet begin insluit fisiese optogte soos Johannes voorgestel het!!(wettig en ordelik) Afrikaners- hier sal ons NOU ‘n streep in die sand moet trek!

CJ ·

Is dit werklik die ergste wat kan gebeur? Indien jou kind in iedergeval na varsity oorsee gaan vir ervaring, emigrasie of watter rede ookal gaan hulle werkstaal in elk geval engels wees. Keer hulle dan terug na hulle oorsese ervaring gaan hulle tweetaligheid baie meer van n bate wees as n las. Die eintlike vraag wat gevra moet word is hoe gaan die Universiteit verseker dat die graad wat die student verwerf waarde gaan dra in die buiteland en plaaslik. Tuks se honneurs grade word in die buiteland slegs as “post graduate diplomas” erken. Vra maar enige optometris, onderwyser of fisioterapeut wat al oorsee gaan werk het, hulle moes of nog n vereiste kursus of twee doen om hulle kwalifikasie op gelyke vlak met hulle buitelandse kollegas te kry.

Victor ·

Ek stem saam met jou oor die keuse van Engels. Jy is egter verkeerd oor jou stelling oor die honeurs grade – dalk met optometriste, etc. maar in velde soos die wetenskap (dus ‘n BSc hons) word dit wel oorsee erken

Therese van Schalkwyk ·

Sjoe! Nou ja, as genoeg Afrikaanssprekendes soos CJ en Victor redeneer oor Afrikaans en moedertaalonderrig, dan is dit net ‘n kwessie van tyd voor Afrikaans weer slegs ‘n praat- en ‘kombuis’-taal is. En waarom hoef Afrikaanse skole dan te oorleef? Vreemd hoe Duitsers, Franse, Skandinawiërs, Chinese, Japannese ens. nie sukkel om hul stempel oral ter wêreld af te druk nie.

Hartverskeurend as gedink word aan die taalvegters van weleer en hoe daar geswoeg is vir Afrikaans se regmatige plek in die son. By Maties word die Marais-skenkersgeld, met die gepaardgaande voorwaardes daaraan verbonde, nou letterlik wanaangewend en misbruik. Sou reken dit moet teen een of ander wet wees?

Victor ·

Therese,

Die besigheidswêreld is ENGELS – internasionaal. Ek kan jou belowe as ‘n Duitse maatskappy met ‘n Amerikaanse maatskappy besigheid doen is die voertaal Engels – nie Duits nie.

Therese van Schalkwyk ·

Victor

Die Duitser gaan na ‘n Duitse skool en studeer aan ‘n Duitse universiteit. Hy kom heel gemaklik met die Amerikaner reg, en sit heel waarskynlik die ou ore aan. Hoe kan dit nog duideliker vir jou gemaak word? Ek help graag.

Die verskil tussen jou en die Duitser is “nasie- en taaltrots” en dit kan seker nie gekweek of afgedwing word nie.

Victor ·

Therese,
Eerstens, jy mis my punt.
Tweedens, ons en die duitsers is anders. Ons is Europese immigrante in ‘n Afrika land – en ons is ‘n minderheid in die land. Die duitsers is in Duitsland wat hulle grondgebied was deur die eeue.

Die feit dat ek realisties is maak nie van my minder trots op my taal nie. Nasie trots? Wie is my “nasie”?

Wim Kotze ·

Ja Therese, CJ dink seker alle Universiteite “oorsee” is net Engels? En Victor meen Nederland en Duitsland praat net Engels met die Russe. Seker maklik om diè menings te huldig as jy net met ‘n Engelsprekende toergids in die buiteland reis.

Flippie ·

Jy het ‘idee waar die klok lui maar weet niks van die klepel af nie.

Dink jy die Finne, Hollanders, Swede, Dene, Duitserd, Tjegge en Slowake studeer in Engels. Nee meneer hulle studeer in hulle eie tale. Hulle inoveer in hulle eie tale. Hulle dink tegnirs en akademies in hulle eie tale. Hulle droom en fantaseer in hul eie taal. MAAR as hulle internasionaal kommunikeer hulle in Spaans, Chinees, Frans en ook in Engels

Glo my dis nodig om wêreld tale magtig te wees on te kan kommunikeer, maar jou insig, denkfondament, en idee-ontvouing moet in jou moedertaal wees anders is jy “fake” en die Internationale gehoor sal dit gou sgterkom en jou afskryf. Die internasionale wetenskaplike gehore is uiters verdraagsaam teenoor gebekkige taalvaardigheid MAAR IS OOK UITERS KRITIES TEENOOR GEBREKKIGE VAKKENNIS EN VAKVAARDIGHEID.

Victor ·

Flippie

Waar val jy uit?

Jy kan nie die afrikaner vergelyk met die duitsers of franse nie. Waar is die afrikaner land? Idee ontvouding is “fake” as dit nie in Afrikaans is nie? Jy bedoel seker dis vals, lyk my jou eie idees ontvou nie so lekker in Afrikaans nie.

Watter gebrekkige kennis en vaardigheid? So jou redenasie is iemand wat ‘n PhD in SA gedoen het, in Engels, maar is eintlik Afrikaans, sal afgeskiet wees deur internasionale wetenskaplikes? Lagwekkend!

Veritas ·

Die spulletjie wil maar net nie leer nie. Sowat drie geslagte gelede het die Britte ook gedink dat hulle die Boere sal kan onderdruk deur hul taal te vernietig. Engels was as onderrigtaal op die Afrikaner afgedwing en Afrikaanse kinders was deur onderwysers verneder indien hulle sou waag om Afrikaans te praat. Ons almal weet wie het daardie oorloggie gewen. Al wat die huidige vyande van Afrikaans gaan regkry, is om die ware Afrikaners saam te snoer en hulle weer te laat uitstyg bo die res.

Omgekrap ·

Victor, jy sit die pot mis my “vriend”. Ek kan nie onthou dat ek na Suid-Afrika immigreer het nie; trouens, soos duisende ander Suid-Afrikaners is ek hier gebore-ek het net so veel reg om hier te wees as die miljoene wat beweer SA is hul tuiste, waarvan sommige deur die heining gekruip het van elders af. As jy moeite doen om die geskiedenis na te gaan, sal jy sien hoeveel my en jou voorouers moes verduur onder die Engelse bewind om die reg te kan verower om Afrikaans te praat, lees en skryf. Nasietrots? Ja, ek kan nasietrots he en ek het dit, want ons het voorgangers wat nie skroom om trots-Afrikaans te wees nie-ook het ek voorgeslagte wat hul bloed gegee het vir hierdie land!

Pierre ·

Belaglik, Dan noem julle julleself akademisie !! uitgebreide konsultasieprosesse??
Nuut vir die woordeboek: Konsultasieprosesse is eintlik” brand en plunder en maak soos ons sê” A, nou verstaan ons mekaar.

John ·

Daar word verwys na ware helde en vals helde in die akademiese literere wereld. Ons het die Boereheld, generaal De La Rey en dan is daar ‘n dame wat haar van na De la Rey verander het toe sy met groot fanfare as UP se rektor aangestel is … Beloftes, beloftes … en die een wat daarop wag is gekul …. Akademia … oppas!

Gertjie ·

Dit is goed so…. moenie huil as hulle die UP verbrand/uitbrand. Dit is verseker julle voorland van nou af.

Knapie ·

Die wat aandring dat Afrikaans verwyder moet word brand af.

Victor ·

Ja, dis waar – maar my punt is, as dit reeds gebeur oor Afrikaans die voertaal was, hoe gaan die skuif na Engels dit erger maak?

Lance ·

Intelegensie van SA ….veral minister van intelegensie … wil vir jou n klein brokkie gee wat waar gaan word dit sodat jy dalk kan beplan vir dit hehe …UP gaan brand …

Willem ·

Ware Afrikaners moet nou saamstaan, ondersteun mekaar. Lank gelede het daar ‘n Omie genaamd “Siener” geleef wat al die dinge geprofeteer het. Veel erger kom nog!
Ondersteun ons organisasies wat vreedsaam ons belange probeer beskerm en veral glo in God Almagtig hy sal ons beskerm en lei.

Esmay ·

Willem ek stem saam met jou, het ook al Siener se boeke gelees. Maar net jammer ons volkie staan nie meer saam nie !!!!

Johannes ·

Pukke sal binnekort ook nie meer Afrikaans wees nie, glo my.

realis ·

“Engels, engels, alles engels. Engels wat jy sien en hoor. In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor”

Isabel ·

Wat ek nou sien is erger as die 1976 opstande ! Toe kon ons hulle beheer en keer dat hulle in ons dorpe inkom en alles verwoes. Nee wat hierdie land is in chaos. Het julle nie geleer nie? Hulle is met niks tevrede nie. Voordat hulle nie die hele land verwoes en na Rommel status afgedwing het nie, sal hulle nie ophou nie. Ek stem saam: Siener het hierdie dinge sien kom!
Suid Afrika brand!
Arme Afrikaans. Wat mense nie besef nie is dat Engels die taal vd Nuwe Wereld Orde is.

Victor ·

Die besigheids wêreld is Engels. Meeste mense werk met internasionale kliente, en dan gebeur die korrespondensie in Engels. Hoekom moet Afrikaansspekendes in Afrikaans studeer?

Basson ·

Lees bietjie op wat bedoel word met die ‘Akademiese status’ van ‘n taal en die impak daarvan op (intellektuelle) groei en ontwikkeling, dan sal jy beter verstaan.

So die volgende vraag (volgens jou redenasie) is heel moontlik hoekom moet daar Afrikaanse skole wees, les bes hoekom moet daar dan enigsins Afrikaans wees?

Hierdie is ‘n massiewe terugslag, Shingane (SR voorsitter) het basies man alleen ‘n hele volk (taal) se akademiese status vernietig.

Victor ·

Appels en pere. Daar is ‘n groot verskil tussen skool onderrig en tersiere onderrig en tussen ‘n skoolkind en iemand wat op universiteit swot. Ek het twee grade, een in Afrikaans, een in Engels gedoen – die Engelse graad het my geen skade aangedoen nie – net my Engels nog beter gemaak vir die besigheidswêreld waarin ek elke dag lewe en moet geld maak.

Victor ·

My vorige kommentaar het verdwyn….

Basson, appels en pere. Daar is ‘n massiewe verskil tussen skool onderrig en tersiere onderrig. Ek het ‘n graad in Afrikaans en ‘n graad in Engels en die Engelse graad het my nie skade aangedoen nie, die teendeel.

Frans C ·

Victor net ‘n vragie- deur watter taalmedium het jy engels geleer lees, praat en skryf?

Victor ·

Frans C,

Afrikaans – ek het in die ou SA grootgeword. Dis hoekom ek sê daar is ‘n groot verskil tussen taal op skool en taal op universiteit. Wat is jou punt? Die artikel gaan oor tersiere onderrig, nie primere of sekondere onderrigtaal nie?

Victor ·

En mag ek noem, ek maak my kinders tweetalig groot – hulle praat Afrikaans by die huis maar op die ou einde maak dit nie ‘n verskil of hulle na ‘n Engelse universiteit gaan nie

Frederik ·

Victor, my een seun het ingenieurswese aan UP geswot en het aan UCT klaargemaak, want hy sê aangesien al die terme in Engels is, is dit makliker om in Engels te studeer. Trouens, hy het my verkwalik omdat ons hom nooit in ‘n Engelse skool gesit het nie.
Hier bo êrens het jy ook ‘n goeie vraag gevra: Wie is my “nasie” ??

Frans C ·

Die punt is dat jou hele gedagtewêreld gevorm is deur ‘n moedertaal wat betekenis aan jou bestaan en onderrig gegee het. Jy het dus Engels geleer omdat jou moedertaal magtig was. Toe jy skool toegaan was jou hele verwysingsraamwerk Afrikaans.

Nou wil jy Afrikaans as onderrigtaal uitskakel omdat die besigheidstaal Engels en meeste handboeke in Engels is. Dit is juis ons ondergang en toon ‘n groot leemte want daar was in 2011 6.8 miljoen sprekers van Afrikaans teenoor 11,5 miljoen isizulu sprekers en 8.1 miljoen Isikhoza.Afrikaans was dus die 3de grootste spreektaal. Engels sprekendes was slegs 4.8 miljoen en in die 4de plek.

Isizulu en isikhoxasprekers het dus ‘n groter saak dat een van hulle tale naas Afrikaans ‘n onderrigtaal naas moet word en nie Engels nie.

Basson ·

Victor jy mis die punt, die groot prentjie – hoekom sal Afrikaanse skole bly voortbestaan, waar gaan Afrikaanse onderwysers studeer, ens ens.

Tussen hakkies – ek het al my grade in Afrikaans verwerf, en ondervind ook geen probleem daarmee in die Engelse besigheidswereld. Afrikaanses is slim, kan in Afrikaans studeer en in Engels opereer.

Ek gun jou jou verengelsing, maar gun my ook my Afrikaans.

Victor ·

Hoeveel van jou persentasies is mense wat universiteit toe gaan? Hoeveel mense wat universiteit toe gaan in SA kan Engels praat, vs hoeveel kan Afrikaans praat?

Ek het mos niks gesê oor skool onderrig taal nie – net tersiëre onderrig taal – dus maak jou stelling oor skool taal nie sin nie.

Boerseun ·

Victor – daar is van ons wat in afrikaans wil swot en sorg dat ons volk voortbestaan en dan is daar jou soort wat die een wereld orde volg. Ons is nie dieselfde nie en sal nooit wees nie. Ek vra jou asb een ding, hou jou uit die argument oor Afrikaans ons sal die voortbestaan veseker sonder jou hulp.

Omgekrap ·

Victor, bly asseblief liewer stil-jy is ‘n verleentheid vir ware Afrikaners, ‘n hensopper-sonder jou soort sal ons ver kom…

Skuif Alumni Bydraes na Akademia ·

Dis genoeg! Kom ons almal skuif nou al ons alumni ondersteuning na Akademia. As ons taal en kultuur verwerp word sal ons geld ook nie meer daar welkom wees nie.

Disselboom ·

Die woorde “skuif die ondersteuning” (weg van die staatsinstellings), is strategies belangrik. Of Akademia regtig die antwoord as DIE Afrikaanstalige UNIVERSITEIT gaan wees op die langtermyn, is ‘n ander vraag. Dit is egter ‘n nuttige opleidingsinstansie vir sekere diplomas, sertifikate en staatsgoedgekeurde baccalareus-grade in Afrikaans, en dus sinvol om te ondersteun.

Basson ·

Victor – wat ek bedoel het, onderwysers moet nou in Engels studeer, en dan weer in Afrikaans gaan skoolhou, (Bv Afrikaans, Wiskunde, Fisika, Chemie, ens ens ens.) Die akademiese stand word afgewater, en meer en meer ouers sal nou se – “aangesien universiteite in elk geval Engels is, plaas ek sommer byvoorbaat my kind in Engelse skool” – sien jy die Domino effek?

Die impak is WYD, nie net beperk tot bg.

Kom ek help jou bietjie:
http://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/12/Taalgenoot2015Lente_DanieMarais.pdf
http://juig.co.za/article.php?id=437 (Veral (6) en (7)
http://www.litnet.co.za/waar-le-die-uitklophou-vir-afrikaans/
ens ens

Maar die afskaffing is nie JUIS nie punt, dit gaan oor die aanslag op kultuur, geskiedenis ens – dis hoekom ek se, kyk na die groter prentjie.

Dink jy jou kinders gaan oor een geslag nog 50/50 Afrikaans / Engels in jou huis besig – waar gaan hulle hulle kinders heen stuur – heel moontlik dalk na ‘n Engelse skool , want universiteite is mos in elk geval Engels. So nog een geslag en Afrikaans is totsiens.

(Dis maar net een voorbeeld – soos ek gese het, doen bietjie navorsing oor wat die ‘Akademiese status’ van ‘n taal beteken, en die gevolg daarvan. (Of die impak wat dit het as ‘n taal dit verloor.)

Sarie Marais ·

Ek wag in spanning om te sien wat die volgende ‘demand’ is… Geen wit/Afrkaanssprekende dosente? Dis eintlik klaar besig om te gebeur. .. Tuks se dae is getel. Dis die wit Afrikaanssprekendes wat hierdie instansie tot dusver gedra het. Wel gedaan, prof. de la Rey (ironies…).

Johann Barnard ·

Dan moet ons die plek gaan afbrand,die grondwet moes kamstig ons taal beskerm het!

Esmay ·

Ek hoop fw de klerk en al die “ja” stemmers leef lank om al die dinge wat nou aangaan te sien gebeur!!!!

Basson ·

Korrek – die wig word al hoe verder ingeslaan. (Akademiese verarming van ‘n volk, bo en behalwe al die ander onderdrukking wat wettiglik geimplimenteer word, ekonomies, kultureel ens.)

WIe is Agri? Seker bedoel jy Afriforum?

leon - Centurion ·

Die gekiedenis sal De La Rey beoordeel. Kom ons kyk oor vyf jaar. Die beste dosente sal hul goed pak. Akademiese standaarde net een rigting kies. Tuks sal verdom tot “Universiteite” soos Turfloop en Kwazulu-Natal. Ek voorspel Johannesburg en Pretoria se Engelse gaan nou aanskuif na die PUK. Dan skreeu hulle weer saam ……..English Please!

Basson ·

Beskou al die onluste / vernietiging / terrorisme in die Pretoria area die afgelope tyd – want inwoners wil nie aanvaar dat ‘n Zulu oor / namens hulle segggenskap moet he nie, maar ons laat siender oe toe dat ons taal en kultuur sommer netso vernietig word deur persone wie geen seggenskap oor ons moet he nie?

Ek steun Akademia ten volle – dankie vir die visie!

neelsie ·

Eens trots te se my kind swot by Tukkies……….dankie dis verby.
Het onsself tekort gedoen om ons kinders geleerdheid te gee by die instelling.
Dit WAS goed.
Laat ons ons eie instellings ondersteun,dankie aan Afriforum en Solidariteit.
Laat Tukkies maar voortploeter en standaarde verlaag wat net Afrika -standaard sal wees!

Johannes ·

Dis lankal tyd dat ons Afrikaners ook radikaal begin optree. Dit is al hoe ons gehoor gaan word!

Spikkel ·

Waar dink Tuks gaan hulle fondse vandaan kom? Hulle dae is verby. RIP Tuks.

Mr B ·

Alle Afrikaanssrekende studente gaan na Akademia of oorval Universiteit van Stellenboch met Afrikaanse aansoeke. So sal ons Afr in 2 universiteite waarborg. PRAAT MET AFRIKAANSE GELD. DIT IS ENIGSTE MANIER OM AFR TE BESKERM.

Johannes ·

Mr B, dit is tyd om met Afrikaanse WEERSTAND te begin praat!

Magda ·

Stoere Afrikaner wat ek is, steek hierdie my dwars in die krop. Ongelukkig is baie stellings rakende verdure studies in Engels ,waar nl dat dit beter is vir ons kinders om in Engels hul Universiteitsopleiding te ontvang. My seun het by UP sy Chemiese Ingenieursgraad verwerf in 2014. Hy het se 1ste jaar in Afrikaans begin maar spoedig oorgeskakel Engels toe omdat al die handboeke in Engels is en daar nie tyd is om in Afrikaans klas te draf maar in Engels te leer nie. Gegewe in die bedryf waarin hy werk,is 90% van die maatskappye Engels of is die moedermaatskappy internasionaal en dus ook Engels. Hy word dus verplig om in Engels te LEEF BY SY WERK, maar iemand kan die trots vir die AFRIKAANS wat hy steeds met trots praat, van hom wegneem nie, so UP maak wat julle wil, ANC EN EFF maak wat jul wil, die handjievol AFRIKANERS wat trots AFRIKAANS bly, sal nie vergaan nie. En onthou … daar is n groot verskil tussen n AFRIKANER en n Afrikaan..

Victor ·

Goed gestel.

Dis al punt wat ek probeer maak. Dis vir meeste rigtings makliker om in Engels te studeer want jy gaan meestal in Engels werk. Dit maak my nie minder trots op my taal nie – bloot realisties oor die besigheidswêreld

Flippie ·

Ekself het al my grade en diplomas in Afr verwerf My vrou ook. Al my kindets ook. En ons het stof in die Eng ouens se oë geskop. En die Afr ouens wat in Eng gaan swot het het min verder gevorder as ‘n B kwalifikasie en ploeter nog rond in die onderste range van profesionele neroepe. Hoofsaaklik omdat hulle nie kreatief kan dink in vreemde tale nie.

Met my kinders gaan dit voorspoedig hulle doen goed oorsee waar hulle nie net met Engelse kompeteer nie, maar ook met Duitsers, Finne ensomeer.

Victor ·

Flippie,

Jou “anecdotal evidence” tel niks. Ek ken hoeveel Afrikaanse wetenskaplikes wat in Engels geswot het en hulle kwalifikasies cum laude gekry het.

Waar is jou bronne vir al hierdie wilde aantuigings van mense wat in die “onderste range van profesionele neroepe” rondploeter?

Jy beledig lekker, maar sukkel self om te spel?

Janneman ·

Tuks le baie na aan ons harte maar hierdie is n geveg wat ons nie gaan wen nie. Die agenda het nou eers begin. De La Rey en haar kornuite gaan die volgende teiken word. Tuks gaan binne n jaar of drie net nog n Afrika mislukking wees.
Kom ons wen eerder die oorlog – steun en brei Akademia uit met erns en groot haas.

Andrea ·

Beslis!
Akademia sal blitsvinnig moet uitbrei sodat ander kwalifikasies ook aangebied word. Glo daar is baie Afrikaanse dosente van UP wat graag by hierdie proses sou wou betrokke wees!

Johann Barnard ·

Viva,Johannes,ek het lank vir die staat gewerk en hulle voel vere vir n hof of n hofbevel.Ons moet ophou geld mors met howe en ophou praat en iets begin doen.

Basson ·

Soos deur almal voorspel was die sg. ‘Taalkommisie’ net ‘n paaifront en ‘n klug – die lafharts-besluit was toe al duidelik.

Tyd dat ons (meer kragdadig) begin opstaan vir onsself.

DD ·

Hierdie taalbeleid sal NOOIT inklusiwiteit en samehorigheid bevorder nie. Dit sal net verdere verdeeldheid bring. UP leef in ‘n droomwêreld as hul dit glo. Daar kan nie gedurig aan een groep toegegee word ten koste van ‘n ander nie. As UP ouer en oud-student weet ek verseker dat alle vakke, alle vraestelle, alle kommunikasie ens in elk geval ook in Engels beskikbaar is. Hoekom dan nie die bietjie Afrikaans wat oorgebly het, steeds toelaat nie ? Word die arme meerderheid so deur Afrikaans geintimideer dat dit nou totaal moet verdwyn, terwyl hulle glad nie negatief daardeur beinvloed is nie ? Minderwaardigheidsgevoel laat meerderheidsgroepe so geintimideer voel. Siestog !!!

Johannes ·

DD, presies! Hierdie het niks met “inklusiwiteit” of “eksklusiwiteit” te doen nie. Hierdie gaan oor ‘n haat vir die Afrikaner en sy taal, geskiedenis, godsdiens en kultuur.

Oorwinnaar ·

Esmay gelukkig het jy nie sê oor wie moet lewe of nie. Geld moet net saam verbanning van Godsdiens taal velkleur ens. LOOP na waar dit kan BOU!
Deure gaan toe om REDE. Ander gaan oop WANT EEN DRAG MAAK MAG!Om
te GLO vat BAIE meer REGTE MAG oor (noem dit dis kla OORWONNE)

Noddy ·

Ongelooflik hartseer vir Afrikaans en WIT AFRIKANERS! Nou bly net die PUK oor! En hopelik in die toekoms ‘n uitgebreide Akademia.

Johannes ·

Die PUK is volgende om te val, hulle het reeds begin daarmee…

Johann Barnard ·

Hoop Donald Trump wil my kom haal.Ek praat eerder engels daar en bou Amerika op as om my tyd hier te mors met n klomp nonsens!

Dup du Plessis ·

……TUKSEXIT deur Afrikaanssprekendes…..logiese uitvloeisel……..

Maria van Dieweeck ·

Victor, ek weet nie van watter Eurpese land jy af kom nie. Ek het Europese voorvaders, en ek het n wit vel. Ek is in die Vrystaat gebore en het in Transvaal groot geword. Ek besig Afrikaans. Ek is niemand se immigrant nie, ek is SUID-AFRIKAANS!

Victor ·

Ek is Suid Afrikaans – my voorvaders kom van Duitsland af. Ek praat Afrikaans. Ek is bloot realisties dat Engels ‘n beter keuse is vir ‘n publieke universiteit soos Tuks.

Wat het ‘n “wit vel” daarmee te doen? Is dit 30 jaar terug en het ons die ontugwet?

Flippie ·

Ek dink dit is hoogtyd dat die Grondwetlike Hof mense straf sal oplê wat die grondwet oortree.

Soos dit nou aangaan is GH net een groot bol warm lug wat nie lekker ruik nie, dis al. Die bevindinge van die Hof word met minag bejeen. Dit is ‘n groot grap.

Die Mense regte hof het bewys hoe brutal hy kan optree teenoor mense dat volgens hom menseregte oortree of minag.

JC ·

Flippie, ons hoop van harte dat die Grondwetlike hof in hierdie geval ook die “oortreders” en onderdrukkers van Afrikaans sal straf, want in die grondwethof gaan die aangeleentheid definitief draai. Miskien speel UP net vir tyd en om ‘n skyn van politieke gedienstigheid voor te hou, WANT SEKERLIK MOET HUL TOG WEET HUL GAAN PAKSLAE KRY IN DIE GW HOF. DIT IS WAT EK NIE KAN KLEINKRY NIE! ENIGE PERSOON KAN IN HUL TAAL VAN KEUSE LEER, MAAR sekerlik kan hul tog nie ander persone verhoed om in hul taal te leer nie! Daar is geen benadeling vir die persone nie maar net vir Afrikaanse sprekers! Sekerlik MOET hul dan verloor, of miskien is ek net dom en mis ‘n punt.

Christie Joubert ·

Akademia en Solidariteit; Ek betaal elke maand om te help met die bou van julle Universiteit. Ek betaal ook om ons meisiekinders op skoolbanke te “daai tyd van die maand” Ek betaal ook dat honger kinders (MY MENSE) kan kos kry. Dus: Roer julle alies en bied meer kursusse aan of begin om nog n Universiteit te bou. Julle het my geld en my volle ondersteuning. Laat tuks, puk en wie ook al hulleself in die afgrond in bestuur. Ek is n BOER. n Boer maak altyd n plan. En ja, ek het reeds julle advertensie laat viral gaan (die een wat DSTV weier om uit te saai). En DSTV, julle is volgende op my lys van kansellasies. Julle is niks anders as n klomp omgekeerde rassiste en julle saai dieselfde snert oor en oor en oor uit. Ek is gatvol vir julle.

JC ·

Christie, jy is COOL. Ek stem saam met jou sentimente oor Afrikaans. Ek maak ook elke maand bydrae vir ons nuwe pragtige privaat Afrikaanse universiteit.

Christian ·

Tyd dat Nederland en België ingelig word dat ons as Afrikaners nie meer in ons eie taal mag studeer nie (wat meer as diskriminasie is!!) en dat die Nederlands sprekende lande die Suid-Afrikaanse regeering boykot of vir die Afrikaaners ondersteun om ‘n Afrikaanse/ Nederlandse universiteit hier in Suid-Afrika te laat bou wat alle drie lande kan gebruik. Ons moet saamwerk met ons oorspronklike stamlande want om met die mense in Afrika te werk het oor en oor bewys dit werk nie vir ons nie. Afrikaans moet weer deel word van die Nederlandse taalfamilie en so word ons taal dan ook internasionaal wat dit meer aantreklikker maak vir mense om in Afrikaans-Nederlands te wil gaaan studeer want dit open dan deure in Europe sowel as Suid-Afrika. Mense ons moes al lankal al met die Nederlandes sprekende lande begin onderhandel en begin saamwerk op kuturele vlakke. Alleen gaan ons dit nie oorleef nie maar saam met ons moedertaal het ons dan altyd ‘n tuiste in Europa en staan ons sterker hier in Suid-Afrika. Hoekom word Nederlandse boeke nie meer in Afrikaanse skole gelees nie???? Waarom is ons so vertraag????? Ons kon al lankal Afrikaans baie sterker gemaak het maar ons wil net soos voor 1994 net altyd eiewys en slim probeer wees en dan op die einde van die dag vang slim sy baas.

Christian ·

Hoekom het Afrikaners nie al lankal saam met ons stamlande, Nederland en België begin werk nie? Ons kon mos al lankal saam ‘n Nederlandse-Afrikaanse universiteit gestig het wat uitwisseling van Afrikaners, Nederlanders en Vlaamse (België) mense kon benut. Ons tale behoort aan een familie en saam is ons baie sterker en Afrikaans kry onmiddelik status as internasionaal taal. Hoekom het ons dit nie al lankal al gedoen nie en wag altyd eers dat die taal uitsterf. Daar is soveel wat ons kan wen deur om met onse taalgenote in Europa saam te werk maar nee die Afrikaner wil mos altyd alles self doen en weet mos altyd alles beter. Tyd om jou trots te sluk en terug te gaan na jou wortels.

Theresa ·

Dis ‘n skande. Daar is meer as genoeg Engelse Universiteite vir diegene wat dit as onderrigtaal en wat ookal wil gebruik. Dit is onderdrukking. Dit, saam met als wat so blatant in ons gesigte gegooi word, is heeltemal ongrondwetlik en wys dat daar ‘n ander agenda is as om sogenaamde vrede en ‘n goeie Suid-Afrikaanse nasie te skep.

Theresa ·

EN, ek weet nie hoeveel van jul het hierheen geimmigreer nie – ek is hier gebore. Meer deel van hierdie land as enige onwettige rondloper wat hier kom plunder en misdaad pleeg. Het sekerlik al meer belasting vir opbou en onderhou betaal, as vele wat nou rondspring en kwaad doen. Afrikaans en Afrikaners was nog altyd ‘n sterk taal en volk. Is dit dalk die probleem? Word ‘n sterk mag sommer so voor almal se oë en met hopelose min weerstand (omdat mens ‘n ingesteldeheid van wetsgehoorsaamheid en opvoeding het) weggevee? Mag die Here ons help.

GJ de C K ·

@Victor:

Ons is nie “Europese immigrante in ‘n Afrika land nie”.

Of ons nou 1e of 10e geslag op hierdie bodem is, ons is Christendom – van Tafelbaai tot by die Noordelike bosveld en riviere – kinders van Gelofteland!

Die verval en afbrand is onomkeerbaar…maar solank ONS leef sal ons glo en bou!

JC ·

Die geveg is nog laaank nie verby nie!!!!
Dit is nie die grootte van die hond wat tel nie maar die grootte van die baklei in die hond!
Kom ons staan saam en beveg hierdie diskriminasie. Theresa, ek dink jy is awesome om so te veg-ek deel jou sentimente heeltemal. Christian-jy maak ‘n paar goeie punte. Kom ons beveg die diskriminerende besluite saam en KOM ONS BOU aan Akademia. Ek maak elke maand ‘n beskeie bydrae tot Akademia want ek weet hoe belangrik dit is vir ons moedertaal onderrig. Ek is ook ‘n Afriform lid. Kom ons help Afriforum (shame hulle (ons) is meer in die hof as iets anders-ook goed so!!) dat die ledegetal groei tot bo 200,000. Tans is dit maar in die omtrek van 170,000. Kom ons staan saam ouens, kom ons beveg hulle!

FC ·

Liewe land maar daar is baie kommentaar.
Ons het nie die regering of enige universiteit nodig om ons taal te beskerm en te laat groei nie.
Die geskiedenis het reeds bewys dat wanneer daar onderdrukking is van byvoorbeeld Christene is dit gevolg deur die grootste groeitydperk van die geloof.
Dieselfde gaan gebeur met Afrikaans. Dit gaan groei en groei en sal steeds hier wees oor 50 jaar+. Dieselfde kan nie gesê word van die ander inheemse tale in SA nie. Ek voorsien dat hulle mettertyd selfs kan verdwyn want daar is geen groei daar nie.

JC ·

Hi FC, waardige punte. Die gevolg van hierdie onderdrukking gaan tien teen een wees dat Afrikaans ‘n bloeitydperk gaan beleef omdat mense meer bewus word van hul taalregte en die prag van ons taal. MAAR, ons moet egter baklei vir Afrikaans se regmatige plek!
Akademia is ‘n uitstekende AFRIKAANSE private universiteit, maar almal kan dit nie bekostig nie, en ons durf nie op ‘n hopie gaan le nie en ons afsonder van die res van die samelewing nie! Ons moet beide inklusief en trots wees op ons taal, en dit kan spreek in die openbaar en op universiteit. Wat word dan van inklusiwiteit, diversiteit, samehorigheid, respek vir mekaar, en verdraagsaamhied wil ek graag weet?

Hier is eintlik meer ter sprake as net Afrikaans, hier is ter sprake respek vir die Grondwet en die menseregte daarin vervat! Indien daar nie uiting gegee kan word aan fundamentele menseregte nie (ons taalregte)- gaan die ander menseregte darem bitter gou geminag en op getrap word ou maat!!
Ons is letterlik op ‘n “slippery slope”, ons het eenvoudig geen keuse as om te baklei nie! Sal dit waardeer indien jy kan aandui of jy verstaan en saam stem.

Elizabeth ·

Die keuse van ‘n universiteit is ‘n besigheidsbesluit. As jy nie van Engelse universiteite hou nie, moenie jou kind Tukkies toe stuur nie. In elk geval: wat gaan jy in Australië doen met Afrikaans? Een van die dae sit ons almal uitgerook in Annerland waar ons kinders binne 2 geslagte gaan verengels.

Johann Barnard ·

Mense,julle moenie oor Afrikaans bekommerd wees nie,ons gewone arm en ongeleerde Afrikaners sal die taal bly praat en sodoende sal die aremes en dommes die taal vir julle red.

JC ·

Haha Johan, ek is ook maar middelklas-ons armgat taalstryders! Oulike kommentaar!

Penellope Jones ·

Wel, mens moet darem seker die mode volg, of hoe?

Poot ·

Bla bla bla….
Onderrig in jou huistaal is vir skool kinders. Hou op kla en kry jou graad in engels. Die hele korporatiewe wêreld daar buite, SA inkluis, word in engels bedryf.

chrisp ·

Poot en die res van die weenkoor so teen my Taal.(1)
Ek het by ‘n vorige skrywe dit genoem maar sal weer.
Kom ons vat een beroep, Ingenieurswese.Wie sou jy se lewer die beste ingenieurs op? Ek sou se Duitsland,Japan,Amerika ,Italie,Frankryk en Rusland. Hoeveel van die mense leer by Engelse universiteite,en hoeveel van hulle werk nou vir maatskappye wat engels is? Ek sou se by verre die meerderheid werk vir engelse maatskapye. Wie was verantwoordelik vir die ruimte programme in beide Rusland en die VSA?
Beide was Duitsers na die 2 de wereld oorlog.Dink jy werklik hulle Engels en Russies was goed of dat hulle by die’ se universiteite afgestudeer het?
My suster is een, sy het in Afrikaans gestudeer,werk nou net in engels,uiters suksesvol.Sy kon soos ek omtrent geen engels praat nie.

chrisp ·

Poot en die res van die weenkoor so teen my Taal.(2)

Dit is eintlik baie envoudig gaan leer in jou moedertaal.Hoekom moet ek my kind en Thabo sy kind laat leer in engels en sodoende dan sommer begin met ‘n agterstand?As jy my nie glo nie stuur jou kind na ‘n Zoeloe skool en kyk waar le sy punte.Dalk verstaan jy dan.
Om ‘n taal aan te leer as komminikasie middel is baie makliker as om daarin te studeer.Maar soos reeds gese jy is welkom om jou kind in engels te laat leer, daar is orals in RSA sulke geleenthede.Weet egter dat jy hom benadeel(die bewyse van moedertaal onderig is al deeglik gedoen).Maar dit gee niemand die reg om my kind en Thabo sy kind die reg te ontse om te leer in sy eie taal nie.En dit sluit julle in.

Chris ·

Ek weet nie waarom daar sulke grappe gemaak word weens Afrikaans nie. Mense as Afrikaans nie meer op universiteit gebruik mag word nie, sal daar ook nie meer Afrikaanse dienste beskikbaar wees by banke, howe, hospitale ens. Afrikaans verloor dan sy hoër funksie en word dan slegs ‘n kombuis taal. Al ons voorouers se harde werk, verniet! Tyd om terug te baklei. En ja weereens ons het ondersteuning vanaf Nederland en België nou meer nodig. Tyd het aangebreek om saam te werk of ons almal moet verengels en almal moet maar Engels by die huis praat. Jy verloor nie net jou taal nie, jy verloor jou hele kultuur.

Gertjie ·

Sekere mense hierbo dra al die graade maar het geen ruggraad.
Niemand sal my moedertaal vernietig nie…. niemand nie.

Poot ·

Gertjie
Die sommiges hierbo waarna jy verwys is nie uit om jou taal te vernietig nie. Dit gaan ook nie oor rugraad nie, maar oor “commen sence”. Askies vir my engels.

Boland ·

Ek dink hierdie is die verdrukking waarvan Openbaring in die bybel praat.

Johann Barnard ·

Geagte Chris,jy het seker baie lanklaas van genoemde “dienste” gebruik gemaak,orals net engels en volksvreemde mense wat daar werk

Poot ·

Chrisp
Jy sê so baie dat jy jou eintlik self in die voet skiet. Wil jy my vertel dat omdat ek in Afrikaans my onderrig kry, dit my meer kundig maak? En al die tyd was ek onder die indruk dat dit is oor die stof wat in my dop sit. Ek is self GROOT Afrikaans en trots daarop met ‘n vierkleur en al. Maar nie so verkramp om te dink dat my taal my “superior” maak nie.

chrisp1 ·

Poot .

Waar skiet ek myself in die voet(poot)?
Bewys my stellings verkeerd asb.
Gaan lees weer mooi wat ek geskryf het of verduidelik waar ek se jy of ons Afrikaners is “superior” ?
Dan sal jy ook verstaan dat ek se dit maak jou makliker kundig en nie meer kundig nie. Ai tog Poot jy verstaan werklik nie wat ek se nie of jy is net moedswillig.
Die woord verkramp het dieslfde gewig as rassis nl nil(almal gebruik dit as daar geen teen argument is nie).

charmaine ·

Ek stem lets speak the English very lekke…….
My seuns is vanaf n afrikaanse tegniese skool, in hulle studie rigitngs van dag een af in engels, hulle kla nie. My jongste swot by Belguim College(Pta Noord) en hoe wonderlik ja ons betaal n kleinhuisie se geld aan sy studie lening maar hulle word deur Belgie(oor die see) ondersteun. Lekker Privaat en goeie dissipline. My oudste is n student by Mediclinic all English al sy studies en boeke is in engels en hulle kla nie want dit is tot hulle voordeel!

Standaardvraat ·

Ek het twee van my grade aan UP verwerf en is ‘n dosent aan ‘n ander universiteit. Ek bied alles in keurige Afrikaans én Liesbeth se Engels aan. Baie Afrikaanse studente neem my modules deur medium Engels. Hul Engels is net so swak en onelegant as dié van meeste ander studente wat deur medium Engels studeer. Hulle mag moontlik eendag gemakliker vóél om Engels in die werkplek te besig, maar dit het niks met hul Engelse vermoëns te doen nie — eerder met die feit dat hulle gemaklik geword het daarmee om swak Engels te gebruik.
Engels is so gemaklik dat almal behalwe die heel agterlikstes dit kán gebruik. So word Engels die omgangstaal van massas mense wat dit alles behalwe kan beheers. Dis die “grass roots”-taal en dit word deur meeste op die vlak vlak van die voetsool gepraat. Finland het die heel beste onderrigstelsel ter wêreld. Kundiges het 3 faktore vir hul welslae geëien. Een hiervan is moedertaalonderrig. Finland is homogeen, en meeste leerders/studente leer deur medium van hul moedertaal. As onderrig in Engels aangebied word vir studente waarvan die oorgrote meerderheid nie uit huis uit Engels is nie, moet die dosent die vlak van Engels afbring na die voetsoolvlak. Meeste dosente vind dit gelukkig nie moeilik nie aangesien hulle óók nie Engels is nie en gevolglik reeds daar rondploeter. ‘n Groot gedagte kan helaas nie in ontoereikende taal verwoord word nie. Besigheids- en skinderpraatjies wel.

Therese van Schalkwyk ·

Standaardvraat

Baie dankie. Ons kan maar net hoop en vertrou dat ‘n paar kortsigtige siele hier jou boodskap verstaan. Dit sukkel maar wanneer die wíl nie daar is nie.

Die ironie: dis gegradueerde mense wat so bevoorreg was om hul stewige grondslag in hul moedertaal te ontvang, maar dit nou nie vir ander generasies gun nie.

Omgekrap ·

Dankie vir Standaardvraat se kommentaar-oplaas iemand wat beide kante toelig en weet welke invloed “kombuistaal-Engels” op opvoedings-instellings kan he!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.