Universiteite mag minder verpleërs oplei, krisis dreig

Universiteit van die Witwatersrand.

Groot ontsteltenis heers in verpleegkringe omdat die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleegkunde (SANC) skielik veel minder universiteite én studente per universiteit geakkrediteer het om vanjaar verpleegkundiges op te lei. Dit kan universiteite ernstige finansiële skade berokken en ook die reeds groeiende tekort aan verpleegsters in die land vererger, sê kenners.

Maroela Media het vanaf verskeie bronne verneem dat ongeveer die helfte van universiteite wat vroeër jare verpleegkunde kon aanbied, nié vanjaar weer geakkrediteer is nie. Universiteite wat wél geakkrediteer is, moet klaarkom met amper die helfte van studente as wat hulle tot verlede jaar kon inneem.

Volgens die SANC se eie dokumente kan net 13 universiteite vanjaar verpleegkundiges oplei, teenoor die ongeveer 22 universiteite van vroeër jare. Die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Kaapstad en die Sefako Makgatho Universiteit van Gesondheidswetenskappe (die ou Medunsa) is van die universiteite wat nié op die lys van geakkrediteerde universiteite verskyn nie.

(Foto: pixabay)

Die SANC het verlede jaar veranderinge aan die struktuur van die verpleegkursus gebring en universiteite moes hul kurrikulum van voor af deur die SANC laat goedkeur. Dr. Sue Amstrong, verbonde aan Wits se departement van verpleegkunde, sê die universiteit hoop om nog geakkrediteer te word vir vanjaar. Sizo Mchunu, hoof- uitvoerende beampte van die SANC, het aan Maroela Media gesê die rede waarom Wits en ander universiteite nog nie geakkrediteer is nie, is omdat hulle nie reeds ʼn jaar gelede aansoek gedoen het om akkreditasie nie. Armstrong sê egter dit is slegs nodig om akkreditasie ʼn jaar vooruit in te dien, indien universiteite aansoek doen om ʼn nuwe kursus. “In dié geval is dit bloot veranderings aan ʼn bestaande kursus. Daar was ook groot verwarring oor wie presies die kursus moet akkrediteer en waar dit dus ingedien moes word. Die raad moes dié dinge lank gelede uitgesorteer het,” sê Armstrong.

Universiteite wat wel geakkrediteer is, sê hulle kan vanjaar veel minder studente inneem, en sommiges is bekommerd oor die finansiële implikasie wat dit vir die verpleegkundedepartement sal inhou. ʼn Onberispelike bron wat anoniem wil bly, het aan Maroela Media bevestig dat die Noordwes-Universiteit vantevore 120 studente kon oplei. Die SANC het hulle nou egter vir net 60 studente geakkrediteer. ʼn Hoof van ʼn verpleegkundedepartement aan een van die geakkrediteerde universiteite, wat ook nie haar naam wou noem nie, sê sy weet van talle universiteite wat in ʼn soortgelyke bootjie is en nou moontlik hul deure sal moet sluit, aangesien die kursus nie volhoubaar is met so min studente nie. “Omdat die kursus baie praktiese opleiding behels, is dit baie duur. As die universiteit minder as 100 studente inneem, ly die universiteit ʼn verlies.”

Dr. Paul Steyn, Akademia. (Foto: Akademia.ac.za)

Volgens die syfers wat die SANC aan Maroela Media verskaf het, is net die Universiteit van die Wes-Kaap geakkrediteer vir 150 studente. Die res sal net tussen 50 en 80 voornemende verpleegkundiges vanjaar kan oplei. By navraag het Mchunu gesê syfers wat dui op die halvering van geakkrediteerde studentegetalle lyk nie vir haar feitelik korrek nie. Sy kon egter nog nie aan Maroela Media inligting verskaf met betrekking tot die aantal studente wat voorheen aan universiteite geakkrediteer was nie.

Armstrong sê die SANC het “geen besigheid” om die aantal verpleegstudente te sny nie – “veral in die lig van die tekort aan verpleegkundiges wat die land ervaar.” Volgens die  Wêreldgesondheidsorganisasie het lande met ʼn goed funksionerende gesondheidstelsel meer as agt verpleegkundiges per 1 000 van die bevolking. Suid-Afrika het vyf verpleegkundiges vir elke 1 000 inwoners. Volgens Statistieke Suid-Afrika was die verhouding van verpleegsters tot die bevolking in staatsinstellings in 2016 selfs minder, met 3,4 verpleegkundiges vir elke 1 000 van die bevolking.

In 2017 reeds het syfers van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge daarop gedui dat daar 44 000 vakante verpleegposte oor die hele land is. Phillip van Staden, die VF Plus se woordvoerder van gesondheid, sê Suid-Afrika gaan “ʼn helse gesondheidskrisis” moet trotseer indien genoeg verpleegkundiges nie opgelei word nie.

Dr. Paul Steyn van die hoër onderwysinstelling Akademia sê hy vermoed die SANC se besluit was ekonomies van aard. “Verpleegkundiges moet prakties doen by staatshospitale en betaal word hiervoor. Die staat het nie geld om hierdie salarisse te betaal nie.”

Hy sê Akademia sukkel al vier jaar lank om sy verpleegkursus geakkrediteer te kry. “Ons het darem vanjaar ʼn deurbraak gehad en behoort binnekort geakkrediteer te wees.” Hy meen enige kwalifikasie waar ʼn raad of professionele liggaam die kursus moet goedkeur, soos in dié geval die SANC, verg ekstra administrasie en kan onnodig sloer. “Teen die tyd dat jou kursus wel geakkrediteer word, is die graad al verouderd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Peter Ferreira ·

Ek sien dat Dr. Paul Steyn se dat SANC se rede moontlik ekenomies van aard kan wees. Wat ek lees is dat NWU moontlik gesny word met +- 50% , wat bogenoemde verduidelikind deur Dr. Steyn nie vir my sin maak nie. My dogter is n 3de jaar Bcur student aan die Universiteit van Potchefstroom, en sy het nog nooit enige vergoeding vir die ure wat sy moes werk ge ontvang nie.

Die +- 800 ure n jaar wat sy by staats hospitale verrig het sy gedoen teen geen vergoeding.

Belinda Erasmus ·

Die SANC is n nuttelose en uitgediende organisasie wat nie weet hoe om diens te lewer nie. Hulle is egter wel gretig vir jou jaarlikse fooi. As dit n dag laat is dan betaal jy n boete om weer geregistreer te kom sodat jy mag werk. In my opinie is daar te veel mense daar wat nie weet wat hulle doen nie.

Este ·

Dan word die staat weer tegemoetgekom wanneer hulle (swart) studente in Engels opgelei word by Akademia. Hoe gou gaan dit gebeur?

Frik ·

Maklik. ‘n Wet word deurgevoer om Akademia te verplig om Engelssprekendes te akkommodeer.

Sandra ·

…maar hulle wil gratis mediese sorg aan die hele bevolking verskaf, met die helfte minder opgeleide personeel, wat ‘n grap…

Eddy ·

Die bevolking groei vinniger as wat ons hulpbronne dit kan hanteer.As ons nie verder verpleegsorg kan oplei nie,wat gaan van ons mediese standaarde(wat reeds in die afgrond is)word?.Gaan ons nou Kubaanse verpleërs invoer?

Wielspore ·

Daar is geen verwysing na die hoeveelheid verpleegkundiges wat te kort is en hoeveel opgelei moet word om die tekort aan te vul en te onderhou. Deur net te verwys dat minder mense opgelei gaan word en minder unversiteite opleiding gaan verskaf is ‘n storie wat nie veel water dra.

PaulV ·

Wielspore; ja, daar IS. Moenie die storie die skuld gee en die skrywer beledig omdat jy te lui is om die hele berig te lees nie.

Verpleegkundige ·

Wielspore, wanneer laas het jy die binnekant van ‘n hospitaal gesien. Daar is chaos in die staat- sowel as privaat hospitale. Jy is gelukkig as jy lewendig en sonder infeksie van een of ander aard daar uitkom. Die SANC is net so korrup soos al die ander staatsinstellings.

jaco ·

Drukkersduiwel. Wat dan nou van werkskepping en regstellende aksie en BEE?
Dis jammer eks wit, want as ek swart was het ek die EFF se ge-poerpoer kla oor sleg behandeling van ons swart regering se eie mense lankal veel verder gevat het. Ek sou die ANC-regering radikaal blootgestel en beveg het.

Clipper ·

Die staat is vasberade om alles te mikrobestuur al is hulle totaal onbeholpe in absoluut alles. Tyd vir minder staatsinmenging. Dis hoekom ons so baie ministers het

Chrisie ·

Privaathospitale kyk ook nie na hul personeel nie. Nie net die Staatshospitale nie. Swak bestuurders en verpleeghoofde, wat nie hul posisies verdien nie, saam met winsbejag (minimum personeel en onderbemande sale), is alles redes waarom mense die beroep verlaat. Dink nie pasiënte besef aldag watter druk daar op verpleegkundiges is nie a.g.v al hierdié redes. Dalk moet media begin ondersoek instel en verslag doen.

Penellope Jones ·

Wil seker eerder “invoer” vanaf Kuba ens. . . . . .

Pasiënt ·

MediClinic het ʼn ooreenkoms om gekwalifiseerdes in te voer vanaf Indië. Hulle is vaardiger, behulpsamer, meer tevrede met hul werk, en praat beter Engels as die meeste Suid-Afrikaners wat nie Afrikaans magtig wil wees nie. Miskien raak dit goedkoper om ons studente uiteindelik óók na Indië te stuur? Dalk sal minder dan die beroep verlaat weens swak kollegas ook.

Hanna Hoekom ·

Ek het tot in 2015 in Medi Clinic gewerk en glo my, die Indiese verpleegsters beteken 99% van die tyd net mooi niks. Hulle opleiding nie op standaard nie, moeilik om te kommunikeer en boonop baie swak persoonlike higiene. Dieselfde ervaring in die Midde Ooste met die Indiers gehad. Hierdie verpleegsters is NIE op standaard nie. Ongelukkig tel dit vir baie van die “agtergeblewe” verpleegsters in SA ook. Hier kom n ramp. Wag net vir die NGV om in te skop… Ek het reeds my goedjies gepak. Ander lande waardeer ons SA verpleegsters meer en daar word nie teen ons velkleur gediskrimineer nie.

Danie ·

Logies.hulle sal eerder nog regerings ,geldontvangers.of leegleers wil oplei hoe om ,korrupt, te wees

Chris ·

Ons land se gesondheidsorg is met n spoed oppad na n nasionale ramp toe. Danksy onbehope regering met mense wat niks weet wat hulle doen nie,

Riaan ·

Selfs in die privaat hospitale, is die verpleeg standaard so laag,dit is skrikwekkend. Die trots wat in die beroep was is weg. . Die een of twee ou garde verpleegkundiges wat nog daar werk,het ook maar begin opgee,want as sekere mense hard aangespreek word oor hulle houding,en werk,dan is dit rassisme. Die I.k is maar net nie hoog genoeg nie

spuitnaald ·

Hulle moet die verpleeg kolleges wat bestaan het en goeie gehalte opleiding verskaf het terugbring , Dit het gewerk maar hoekom het hulle alles wat gewerk het tot niet laat gaan , ?

Susna ·

Intussen spog Australia openlik dat hulle daar van die beste opgeleide Suid Afrikanse mediese personeel, veral verpleegkundiges daar het. En nie net die wat in die praktyk daar is nie maar ook opleiding daar verskaf.

Hans ·

Die besluit is die mees onderdagte en irrasionele besluit waarvan ek in jare vehoor het!!!! Die arme arm van die armste hoe gaan hulle nou ly.

@pasient ·

Dit sal ook nie die smetterigheid probleem oplos nie. Indiers is smerig en ek weet want ek het vir ‘n Indier dokter gewerk. GaGa

jakes ·

As die huidige standaard van opleiding deur universiteite gehandhaaf word sal 70% van pasiente in staatshospitale se kanse op oorlewing baie laag wees. Ons verpleging in SA is van die swakste ter wereld. Wat n skande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.