‘Universiteite moet fokus op vierde rewolusie’

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die begroting vir tersiêre opleiding sal vanjaar fokus op die voorbereiding van die Suid-Afrikaanse bevolking vir die tegnologiese kennis-ekonomie bekend as die vierde industriële rewolusie, asook die verskaffing van gratis naskoolse onderwys.

Dié aankondiging is Donderdag deur Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, gedoen.

Pandor het aan die parlementêre perskorps gesê dit is belangrik vir haar departement om al sy aandag op die tersaaklike veranderinge en hul implikasies vir Suid-Afrikaanse universiteite, kolleges en gemeenskapsgerigte onderwys en opleiding te vestig.

“Ek is van voorneme om ʼn taakspan uit verskillende sektore saam te stel wat sal bepaal hoe tegnologie kan help om die huidige maniere waarop ons navorsing doen, onderrig gee en gemeenskapsuitreiking doen te verbeter,” het Pandor gesê.

Voorbeelde van wat reeds aan Suid-Afrikaanse universiteite gedoen word sluit in nanotegnologie, vernuwende landboutegnologie, bio-informatika en ander studievelde wat sterk deur die regering ondersteun sal word.

Die belangrikste begrotingsverandering in tersiêre onderwys vanjaar is die instel van ten volle staatsgesubsidieerde hoër onderwys en opleiding vir Suid-Afrikaanse eerstejaarstudente uit armoedige omstandighede in die werkersklas.

Pandor het gesê 84 000 eerstejaarstudente en nog 190 000 studente in ander jaargroepe se studiegeld sal ten volle deur die staat gesubsidieer word.

Dit beteken dat universiteite en voortgesette onderwys- en opleidingskolleges (voormalig tegniese kolleges) nou en vir die volgende vyf jaar meer as 1% van die nasionale begroting ontvang.

Die totale 2018-begroting van die departement is R89,9 miljard, waarvan die belangrikste oordragte aan universiteite (R38,6 miljard), die nasionale finansiële studentehulpskema (NSFAS) (R20,5 miljard), vaardigheidsopleiding (R16,9 miljard) en voortgesette onderwys- en opleidingskolleges (R10,7 miljard) is.

Sowat R8,5 miljard is vanjaar begroot vir die verbetering van infrastruktuur by tersiêre instellings en huisvesting in koshuise vir sowat 30 000 studente word oor die volgende tien jaar op kampusse geskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Judge Dredd ·

4de Revolusie? Sommige SA’s sal dit verstaan as nog meer brand en verwoes.

Eish ·

Die enigste bietjie goeie nuus vandag. Genade, met die moord en doodslag, die onbeskoftheid, skietpiete sonder skietlisensies, opblaas van transito voertuie, proteste en verdere verrotting van die SAA is mens in die ergste graad van pessisimisme in die helhool! Genadiglik die vierde rewolusie en nie verafrikanisering nie.

John ·

Ek wag angstig op die 5e rewolusie. Tot dan gaan ek niks doen nie. Net wag, want dit behoort alle verstand te bowe te gaan en dan gaan dinge begin gebeur. Ek voel dit kom. En wag daarvoor…. Die aarde tril reeds hieronder en dis nie die Gautrein nie want ek sit in die heerlike warm Wildtuin. Watter klere sou reg wees vir so ‘n geleentheid? Ek hoop daar is baie kos en drank….

Marinda ·

Hoop vir die regering se part, hierdie “rewolusie” ontplof nie in hulle gesigte nie.

GM ·

Ek wonder hoe gaan die eerstejaartjies reageer wat nou nie ‘n beurs ontvang nie!

Reguit ·

Laat die dommes soos ek maar emigreer sodat die hoogs-intellektueles van Afrika in hulle wonderlike reënboog-paradys kan agterbly en heerlik rond rol in die rewolusies en derglike akademiese & kulturele wonderwerke wat hulle kinders verorber.

Casper Labuschagne ·

Die probleem wat ek het met nuutaangestelde werkers het (en hier is wit en swart ewe hopeloos, hulle het dieselfde klasse bygewoon) lê by die gebrek aan basiese vaardigheid. Dit is nie die vierde revolusie wat skort nie maar die basiese goed waarop die industriële revolusie gebou is wat skort. Ek vermoed dat daar te min, of geen pappegaaiwerk meer op skool is en daar word net genoeg geleer om ‘n uiterste lae slaagsyfer te behaal.

Nico ·

As ek haar sien kan ek nie help om aan Willie Madisha se hong, hong, hong te dink nie.

Johann ·

TIPEIS ANC! Eenmaal n “revolusionere” terroris denke.. altyd. Veral so voor verkiesingstyd.

Nie net hoef jy 30% slaagsyfers te he om te gaan REVOLUSIE nie, jy kan dir verniet doen!!!!!!!!

Land van die sotlikheids beheptes.

Oom Kalahari ·

Jul bly in ‘n land waar daar gedurig “Revolusie” voortleef

Janneman ·

Praat van die kar voor die perde span!

Dit is n juis hierdie arm studente wat totaal onvoorbereid is vir tersiere onderrig en in strepe uitval na die eerste jaar.

Die bevondsing word benodig op skoolvlak……maar die regerende party soek stemme en onderwys is net n bysaak.

Jan Rap ·

Hmmmm. Meer as sewentig persent van die mense in ons land het gestruikel en bly vashaak by die Industriële rewolusie. Die vierde rewolusie? Nee, wat. Hou maar verby…

Robbie Wiliams ·

To compare the educated with the uneducated ,
Is like comparing the living with the dead,–Aristotle,
When will they ever learn?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.