‘Universiteite moet personeel beskerm’

Betogende studente by UP. Foto: GrootFM/Twitter

Betogende studente by UP. Foto: GrootFM/Twitter

Die vakbond Solidariteit neem tans regstappe om universiteite te dwing om Solidariteit se lede en ander personeel behoorlik te beskerm.

Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, het gesê die regstappe word gedoen nadat personeel en studente die afgelope paar dae onder uitgebreide geweld en vigilante-optrede op kampusse deurgeloop het. “Personeel moes in die afgelope dae beledigings, dreigemente en fisiese aantasting van hul persoon verduur, wat meermale ingesluit het dat hulle gedwing is om klasse te verlaat. Dit is onaanvaarbaar dat universiteite toelaat dat gewelddadige studente van klas tot klas loop op kampusse en hul sin kry.”

Kruger het gesê Solidariteit berei tans ’n prokureursbrief voor waarin die Noordwes-Universiteit gemaan word om sy personeel behoorlik te beskerm. “Indien die universiteit in gebreke bly om dit te doen, sal Solidariteit dringende regstappe neem om beskerming van personeel af te dwing. Universiteite behoort enige student en nie-student wat klasse ontwrig, personeel fisies bedreig en ander vorme van geweld pleeg, onmiddellik onder bedwang te bring en op gepaste wyse te vervolg. Indien die Noordwes-Universiteit dit nie uit eie beweging doen nie, gaan ons hulle daartoe dwing,” het Kruger verduidelik.

Solidariteit oorweeg om, benewens die skrywe aan die NWU, ook skrywes aan ander universiteite, waar sy lede se veiligheid nie verseker word nie, te rig. “Ons is in gesprek met ons lede by verskeie universiteite en behou ons regte voor,” het Kruger gesê. “Solidariteit nooi sy lede, ander universiteitspersoneel en studente uit om voorvalle waar hulle bedreig, beledig of fisies aangetas is, onder ons aandag te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis nou goeie nuus van Solidariteit se optrede. Sterkte met ‘n grootse poging wat nie maklik sal wees onder die huidige omstandighede wat geskep word deur ‘n slap regering.

Mariette Hammann ·

Die studente moet ook beskerm word teen ander gewelddadige elemente wat meestal nie eers studente is nie.

sarie an heerden ·

Na wat ek heeldag gister op televisie gesien het besef ek dat die kulture tussen die verskillende groepe in hierdie land totaal verskil en besefek dat ek tans polities verkeerd is om te aanvaar dit waarvoor baie van ons 20jaar gelede gestem en gekry het. Ons het verkeerde keuses gemaak.

sarie van heerden ·

My kommentaar wat sopas ingestuur is kon nie gedupliseer gewees het nie want ek lees ALLE kommentaar en ek het NIE gedupliseer nie. Ander het ook al hieroor gekla. Dit sal meebring dat ons eenvoudig nie meer julle nuus sal lees of die moeite doen om kommentaar te lewer nie. Komaan, die Engelsman se: PLAY THE GAME.

Arie Plaasboer ·

Die “dit is ‘n duplikasie” kommentaar het ek ook heelparty keer ervaar, terwyl ek seker is daarvan dat daar absoluut GEEN duplikasie plaasgevind het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.