Universiteitsgelde-verslag met gemengde gevoelens ontvang

Argieffoto: ANA

Die Heher-kommissie oor universiteitsgelde se verslag wat bevind het dat die staat onvoldoende finansiële kapasiteit het om gratis universiteitsopleiding aan alle studente te verskaf, word met gemengde gevoelens ontvang.

Die presidensie het Maandag dié kommissie se verslag te midde van groot afwagting en bespiegeling op sy webwerf geplaas. Pres. Zuma het die verslag oor studentefinansiering reeds op 30 Augustus ontvang, maar besluit om dit nou eers bekend te maak. Zuma het die kommissie, onder leiding van regter Arthur Heher, op 14 Januarie 2016 aangestel om die haalbaarheid van gratis hoër onderwys en opleiding in Suid-Afrika te ondersoek, ná verskeie gewelddadige betogings landwyd op kampusse in 2015 en 2016.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het in reaksie op die verslag gesê Suid-Afrika kan nie gratis tersiêre onderwys bekostig nie en die verslag het dit nou bevestig.

“Die VF Plus hoop dat hierdie boodskap inslag sal vind by pres. Zuma wat glo beplan om gratis hoër onderwysplanne tog deur te voer,” het Alberts gesê.

Alberts het gesê dit is ook belangrik om in ag te neem dat die verslag opgestel is toe dit geldelik veel beter met Suid-Afrika gegaan het. Hy sê Suid-Afrika se finansiële posisie verswak bykans daagliks en enige kans op gratis onderwys is nou selfs minder haalbaar.

“Die benarde finansiële posisie van die land, wat die direkte gevolg van die ANC se wanbestuur en sy leiers se plundering van die staatskas is, het die venster vir die moontlikheid om studente gratis te laat studeer, nou finaal toegeslaan. “Daar moet in die huidige omstandighede eerder daarop gefokus word om die geld wat wel aangewend word om universiteite te laat funksioneer, veel beter te benut.”

Intussen het die studentevakbond South African Union of Students (SAUS) asook die EFF die Heher-verslag verwerp en eis steeds gratis hoër onderwys. SAUS het gesê die regering moet van nuuts af met beplanning begin.

Die EFF het gesê dit is ʼn kwessie van menseregte dat onderwys nie as ʼn gebruiksartikel of handelsproduk beskou moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leahim ·

Ek kyk so na die argieffoto weereens n bewys hoekom die studente die universiteite so beskadig en afbrand die polisie is daar om wet en orde te handhaaf nie om betogende studente rond te ry nie is daar niemand meer oor in die polisie wat net daar is vir sy salaris elke maand en soveel moontlik stres verlof nie.

Johann ·

Só stook jy anargie deurdat jy die massas mislei met leë beloftes van als forniet! ANC LEGACY! Steel die land leeg en gee wat oorbly oor aan histerieses!

snoefie ·

leer kinders van kleintyd af, tersiëre opleiding is n luukse. so dis if jy kan dit bekostig of jy gaan werk! maak nie saak hoe goed jou kibf dink hy of sy akademies is nie. MONEY makes the world go round.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.