UNPO aanvaar resolusies oor plaasmoorde en Afrikaans

UNPO (Grafika: UNPO, Facebook)

UNPO (Grafika: UNPO, Facebook)

Die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) het oor die naweek met sy twaalfde algemene kongres in Brussel, België, resolusies van die VF Plus oor plaasmoorde en Afrikaans aanvaar, en moet nou ingevolge sy mandaat optree om die belange van een van sy lede – in hierdie geval die Afrikaner – te beskerm.

Dit beteken dat daar nou op die hoogste internasionale vlak druk op die Suid-Afrikaanse regering uitgeoefen gaan word om antwoorde te verskaf en op te tree teen plaasmoorde en die aanslag op Afrikaans as moedertaal-onderrigmedium.

Dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus, het die resolusie oor plaasmoorde voorgehou en het die kongres toegespreek oor gewelddadige aanvalle en moorde wat die landbougemeenskap as strategiese minderheid teiken.

Ingevolge die aanvaarde resolusie, gaan UNPO nou ʼn beroep doen op die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie (MRK) om sy ondersoekverslag oor plaasaanvalle uit te reik, en die Verenigde Nasies (VN) se menseregte-kommissaris gaan gevra word om die aangeleentheid te ondersoek.

UNPO het ook onderneem om Suid-Afrika se regering te versoek om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Wouter Wessels, nasionale jeugleier van die VF Plus, het die resolusie oor moedertaalonderrig aan die kongres voorgehou. In hierdie geval het UNPO onderneem om ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering te doen om gelyke onderwysgeleenthede aan almal in hul moedertaal te gee, en om die stelselmatige diskriminasie teen Afrikaans stop te sit.

• ʼn Groot eer het die VF Plus tydens die kongres te beurt geval deurdat Groenewald as voorsitter van UNPO se verkiesingskommissie aangewys is met die verkiesing van die organisasie se president, vise-president en dagbestuur, en dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, is herkies tot die dagbestuur van UNPO.
• Nasser Boladai van Wes-Balochistan (Pakistan) is as die nuwe president van UNPO verkies, en Abdirahman Mahdi van Ogaden (Ethiopië) as vise-president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

kobus smit ·

Baie goeie nuus. Wys hulle ook Treurgrond. Die media moet ook hul kant bring en meer beriggewing doen oor plaas en kleinhoewe aanvalle

Johan ·

Dit is nou wonderlike nuus vir Afrikaans en plaaamoorde. A+ vir VF plus!!

Hansie ·

Ek kan nie glo sulke belangrike nuus is nie op die TV nie!!
Kom ons hoop van harte daar gaan iets van kom. Dis mos die regering se gewoonte om almal te ignoreer as dit hulle so pas!!

Willie Kok ·

Het die gene wat verbaas is dat dit nie die TV nuus haal nie, vergeet dat die SABC onder ANC beheer is!!??

Drieks ·

Dankie almal wat baklei vir ons. Die Anc moet heeltyd deur howe en organisasie gelei word. En hul uitlatings deesdae is pateties veby…..

Frik Lotz ·

Puik gedoen deur Pieter Groenewald en Wouter Wessels van die VF Plus. Dit wys nou onteenseglik die VF Plus veg vir ons regte en die tyd is hier dat almal hul steun toesê aan VF Plus.

Winston ·

Puik VF+!!! Hierdie is nog n veldslag wat gewen is. Baie geluk. Dis voorwaar n prestasie en goeie vertrek punt om die aandag uit te brei, op die onderdrukking van minderhede in SA.

Erika botha-Rossouw ·

Baie geluk Dr Pieter Mulder met u heraanstelling op die dagbestuur. Baie dankie Dr Groenewald en Wouter Wessels wat namens VF+, Afrikaner belange op die hart dra en die huidige krisisse suksesvol voorgedra het. Trots op VF+!

HEVW ·

Bulkat!!!!! Dr Connie se seun. Baie geluk jul span, ons kyk met nuwe inspirasie vorentoe. Oud PUK.

pjk ·

Baie geluk. Ons benodig meer van julle om ons hieruit te red. VF+ word opgedra aan ons Hoër hand….

A van C ·

Dit is voorwaar goeie nuus. Mag dit die sneller wees wat sal lei tot groter dinge!

david ras ·

Die druk moet nou volgehou en verder uitgebrei word. Ons kan nie terugsit en hoop op Unpo en moontlike VN optredes nie.

Ons as gewone Afrikaners kan begin deur op sport gebied te weier om SA sportspanne wat onderhewig aan kwotas gekies word , te erken

Ekself verwys al jare lank na die springbokspan as ‘n Politieke Uitnodigingspan.

Die politici bepaal nie WIE gekies moet word nie, maar HOE daar gekies moet word vir ‘n span.
Deur weg te bly van die groot sportgebeure, is my beskeie bydrae tot die stryd om Afrikaner te kan wees.

Solank die televisie ‘n klomp juigende, vlagswaaiende wittes by ‘n toetswedstryd in SA aan die wereld vertoon, gaan niemand werklik glo dat dit sleg gaan met ons nie.

UNPO gaan maar ‘n opdraende stryd namens ons voer.

Vraag is : wat kan elkeen van ons doen om te help ?

anet ·

Ek haal my hoed vir julle af. Dankie aan Dr. Pieter Mulder! asook Dr. Groenewald en Wouter
Wessels. Dit is wonderlike nuus, en baie bly dat julle opstaan vir ons Afrikaner regte, en dat julle aanhou baklei het tot by UNPO. Ek bid en vertrou dat hierdie wreede plaasmoorde nou aangespreek sal word. Ek wonder hoe voel die ANC oor hierdie oorwinning?

Vlooi ·

Dankie vir julle wat hard gewerk het om hierdie ding deur te druk. Ek wil nie julle bubbel bars maar julle het nou beleef hoe ons regering inmenging van die hoër howe hanteer. Dink julle rerig dit gaan na iets lei.

Mary-Ann ·

Mense hierdie is al klaar wonderlike nuus en nog voor dit behoorlik insink en bekend word, word dit al klaar deur negatiewe komentaar gekelder. Ons moet positief dink en ons steun hieraan gee. Ons moet uitgaan en die res van die land inlig en vra hoe kan ons help. Moenie terug sit en net se “wat gaan dit help nie”. Alles is moontlik. Hierdie is klaar n deur wat oopgemaak is en ons moet dit gebruik.

tina ·

in nederigheid wil ons as afrikaner voor U kom Here, en U die eer gee dat U hierdie gesante van die afrikaner – moed,durf en krag gegee het om ons te verteenwoordig en sodoende die kollig te laat val op die ongehoorde aanvalle op ons as boerevolk. NIEMAND soos U Here, kan help tussen die kragtelose en magtelose. Sonder U o Here, sou dit nie slaag en gee ons U die dank en aanbidding van ons harte, amen. (11Kron.6v39-41:…wil dan uit die hemel, uit U vaste woonplek, hulle ( die afrikaner) GEBED en hulle SMEKINGE hoor en aan hulle REG VERSKAF en U volk VERGEWE wat hulle teen U gesondig het. My God, mag U oe tog nou oop wees en U ore luister na die gebed van hierdie plek…….41:..en laat U gunsgenote hulle VERHEUG in die goeie…..11Kron.7v14:My volk…hulle VEROOTMOEDIG en BID en My AANGESIG SOEK…..hulle bekeer van hulle verkeerde wee..DAN sal Ek uit die hemel hoor en hulle SONDE VERGEWE EN hulle LAND GENEES.

Mooi so manne, ons as afrikaner volk is trots op julle en bid dat die Here julle krag gee, sodat hierdie saak momentum kry.

Andre ·

Pragtig wonderlik hierdie is goeie nuus en dank vir julle volharding,hoop regtig dit gaan vrugte afwerp.

Andries ·

Goeie werk word gedoen by UNPO. Baie geluk ook aan almal wat betrokke was by die historiese gebeurtenis, en wel gedaan. As dit nie vir julle was nie, dan was die Afrikaner al lankal nie meer nie.

Ons ou volkie is soms heeltemal pateties, ons staan nooit soos een man bymekaar nie, ons gun mekaar niks nie, ons is altyd aan die toutrek met mekaar ensovoorts ensovoorts. Is dit nie tyd dat ons nie aan verskillende politieke partye behoort nie, maar soos een man die hand vat en die toekoms vir ons voortbestaan saam as ‘n eenheid aanpas nie.

Sonder eenheid is ons verlore en kam net onsself daarvoor blameer. Ek dink die ANC en die res van die wereld lag maar net agteraf vir ons Afrikaners, ons dink mos die son skyn uit ons agterstewes uit en dat ons poef nie stink nie.

Kom ons wys die wereld ons kan ook saamstaan en sal tot die bitter einde veg vir ons en ons nageslag se bestaan en erkenning.

Goeie werk VF +, mag al jul moeite en onselfsugtigheid ryklik beloon word.

Groete en beste wense aan al my mede Afrikaners.

Paul ·

Besef dat die UNPO niks met die Verenigde Nasies (UN) te doen het nie. Dit kan goed of sleg wees. Neem wel kennis.

Henry ·

Uitstekend VF+!!!
Hoog tyd dat alle moontlike instrumente/metodes gebruik moet word om die onregte wat die huidige regime teen ons pleeg, buite die grense van hierdie droewe land te verkondig.

Theresa ·

Uitstekend. Waardering vir baie, baie ure se harde werk en goeie beplanning om dit te kon vermag. Mense soos julle, wat so hard en slim werk om ons nog ‘n plek in die son te laat geniet, sal nooit weet hoeveel dit vir ons beteken nie! Bravo!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.