Untu bevraagteken bedrywighede by myn, spoorlyn

kumba-iron-ore-1

Kumba Iron Ore Kathu (Sishen-myn) Foto: Kumba Iron Ore

Die United National Transport Union (Untu) wil by Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, weet waarom hy besluit het om Kumba Iron Ore-myn weer oop te maak, wat daartoe gelei het dat die Transnet-spoorlyn weer bedrywig is.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê die vakbond kan nie sien waarom bedrywighede by die ysterertsmyn, wat direk lei tot Transnet-bedrywighede tussen Sishen en Saldanha, beskou kan word as noodsaaklike dienste in ʼn poging om die Covid-19-pandemie hok te slaan nie.

Untu het nie enige motivering ontvang wat die myn by die minister ingedien het nie en ook nie waarom die minister dit goedgekeur het nie.

“Untu glo dié besluit stel die lewens van diegene, wat geen keuse het as om weer te begin werk nie, en die lewens van hul geliefdes tuis, in gevaar. Volgens ons is dié diens nie noodsaaklik nie,” het Harris bygevoeg. “Die vakbond en al sy lede is verbind tot die regering se pogings om die verspreiding van die dodelike wêreldwye pandemie te bekamp.”

Untu versoek die minister om te verduidelik waarom hy die besluit geneem het, omdat die vakbond van mening is dat dit ʼn direkte oortreding is van die riglyne vir die algehele landwye afsondering.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie ·

Ek moet sê, dis die eerste keer in die geskiedenis dat ‘n vakbond kla omdat ‘n myn oop bly. Is hulle werklik bekommerd oor die werkers se gesondheid, of is hulle ongelukkig omdat die mense nie nou by die huis kan sit teen betaling nie.
As die werkers nie werk nie, gaan hulle nie maar in hulle hostelle steeds naby mekaar wees nie -wat dalk ‘n erger situasie veroorsaak.
Miskien moet hulle al die taxi-bestuurders wat so kla oor swak besigheid stuur om in die myne te gaan werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.