UP-bestuur verseker Afrikaans as onderrigtaal

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

Die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) het aan AfriForum Tuks bevestig dat Afrikaans as onderrigtaal by die universiteit gehandhaaf sal word. Dit was in antwoord op ʼn memorandum oor die universiteit se taalbeleid wat AfriForum Tuks aan prof. Cheryl de la Rey, visekanselier en rektor van UP, oorhandig het.

“Ons memorandum eis dat die universiteit Afrikaans as onderrigtaal moet verseker en sy historiese verbintenis met Afrikaans moet herbevestig. UP was nog altyd ʼn plek waar Afrikaanse studente tersiêre onderrig van hoë gehalte in hul moedertaal kon kry. Afrikaans is vir ons ononderhandelbaar en ons is verheug om te hoor dat UP-bestuur sterk standpunt inneem sodat Afrikaans verseker kan word,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale verteenwoordiger, gesê.

Die rektor het aangedui dat sy alle belanghebbendes sal nader en AfriForum Tuks ook uitgenooi om die memorandum en taalbeleid met haar te bespreek sodat geen party se regte in hierdie verband geskend sal word nie.

“Ons beplan om ʼn konsepbeleid aan UP-bestuur te voorsien wat sal verseker dat grondwetlike regte op die kampus sal seëvier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tina Gouws ·

Die tweede sin moet erder lees: Dit was in antwoord op ’n memorandum …

Soos hy nou daar is, is dit walglike Afrikaans.

Johannes Comestor ·

Dankie, Tina. Deesdae word “this” alewig as “hierdie” pleks van as “dit” gese, geskryf en vertaal.

Henk ·

Maroela lewer goeie diens, maar die taalvaardigheid is net te dikwels nie van ‘n aanvaarbare standaard nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tina, Johannes en Henk

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is ‘n persverklaring wat ons ontvang het en ons het nie die taalfout opgemerk nie.

Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Christie Joubert ·

Ek lees Maroela Media daagliks. My kommentaar word meestal nie geplaas nie. Ek neem aan die waarheid maak n bietjie te seer. Wat my verskriklik irriteer van Maroela is dat die basiese beginsels van Joernalistiek nie gevolg word nie. Die 5 W;s: Wie, Wat, Waar, Wanneer, Waarom word nie beantwoord nie. En die taal gebruik is swak. Ongelukkig sien ek dit op News 24 ook. Swak, swak, swak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.