UP binnekort in hof oor taalbeleid

Argieffoto: Universiteit van Pretoria

Argieffoto: Universiteit van Pretoria

Die burgerregte organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit se verlof tot appèl in die saak teen die nuutaanvaarde taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (UP) is Vrydag in die Noord-Gautengse hooggeregshof gereserveer.

Dié appèl sal gereserveer bly totdat die appèlhof uitspraak lewer in die organisasies se saak teen die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se nuutaanvaarde taalbeleid.

Albei sake handel oor die uitfasering van Afrikaans as primêre taal van onderrig aan die twee instellings.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het Vrydag gesê dié uitspraak word verwelkom.

“Hoewel die twee universiteite se sake verskille vertoon, gaan albei oor die breër beginsels van taalregtehandhawing, die reg tot moedertaalonderrig, asook bepalings van die Grondwet en ander Suid-Afrikaanse wetgewing in hierdie verband,” het sy gesê.

Die uitspraak in die UV-appèlsaak sal belangrike argumente en beginsels identifiseer, daarom sal die organisasies se appèl teen die Universiteit van Pretoria vir eers gereserveer bly.

“Deur uitspraak in die beslissing oor toestemming om verlof tot appèl in die UP-saak te reserveer, word ’n geleentheid aan AfriForum en Solidariteit gebied om ook argumente in die saak by te werk om dit in te sluit.

“AfriForum en Solidariteit sal enige stappe moontlik doen ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hulle moedertaal te studeer. Lede van AfriForum Jeug wat aan die Universiteit van Pretoria studeer het ook vandag se verrigtinge met groot belangstelling dopgehou en weer beklemtoon dat Afrikaanse onderrig van die grootste belang vir hulle is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christa ·

Ek hou duim vas dat die uitspraak in julle guns sal wees!!! Sterkte met julle werk!!!

Lewies ·

Wat is die kans dat die Universiteitsbesture ‘n referendum op die kampusse onder die studente kan hou, om hulle besluite te regverdig?

WitBlits ·

Hulle sal nie en ook goed so, want wie is tevrede met die regering wat die meerderheid gekies het?!

Jaco ·

Al wen afriforum ook die saak, sal dit n geval wees van “winning the battle but losing the war”. Dis onvermydelik dat alles in elk geval gaan verengels. Wit afrikaanssprekendes se gedurige gekla teen verengelsing skep in elk geval die indruk dat wit afrikaanse mense dom is en nie Engels verstaan nie. Ek sien ook nerens kleurlinge kla teen verengelsing nie. Al die gekla deur n minderheid binne die wit afrikaanse gemeenskap stigmatiseer net alle wit afrikaanses. Uiteindelik vat die ANC nie net ons taal weg nie, maar ons lewens NET omdat ons wit afrikaanse mense is. Wees eerder bly die nuwe onderrigtaal is darem ‘n algemeen verstaanbare taal EN LAG vir die ANC wat so lief is vir ‘n oorsponklik wit Europese taal wat oor EEN DERDE van die wereld VEEL ERGER as Afrikaans ‘n taal van onderdrukking was.

Alida ·

Geen geld meer vir julle nie. As my taal nie goed is nie is my geld ook nie.

Boerseun ·

So kom ons sien of moedertaal onderig regte die “reconciliation” regte gaan troef. Sover doen soliforum nie te goed nie.

Op die ou end kan jy nie die konstitusie se interpretsie beheer nie en sal moedertaal, volk’s eie initiative ens altyd twede kom teen “reconciliation” regte.

Op die ou end moet afrikaanses maar aanvaar dat als wat gebou is vir afrikaans verlore sal gaan en oor gebou moet word. Ek wag ook nog dan een ander nasie wat Afrikaans praat openlik dit bietjie steun. Maar sal nie gebeur nie, kaaps is mos in hoof van Afrikaans.

John ·

AfriForum en nie die universiteite se bestuursrade nie voer die stryd vir die behoud van Afrikaans. As mens na die verloop van die geleidelike verengelsing kyk, het die rade en die rektore wat hul aangewys het die veranderinge direk aangepor en gewettig. Om van buite vir ‘n saak te veg terwyl die mure van vyandigheid in stand gehou word, is ‘n feitlik onbegonne taak want die oe van die rade is op fondse vanaf die regering. Buiten vir die Afrikaanse departemente, Afrikaanssprekende studente wat nou tot ‘n minderheid afgewentel is en hul verdwaasde ouers, voel die res vere. Ja-en-amen sit brood op die tafel en verseker ‘n pensioen en ‘n mediese fonds. Help-die-naaste-en-vat-hande se liefdevolle nagevolge het ons van ons duur gekoopte taalregte op ‘n slinkse manier beroof. Daar is nie hoop vir die taal nie omdat ‘goody-goody’s’ bly glo dat as iemand 3 woorde in Afrikaans praat hy aan jou kant is en ons trek in miljoene op wanneer ‘n Engelse ‘has-been’-boer met ‘n ‘cowboy’-hoed en Bybel-onder-die-arm plaasstories en verslane-zim-antidepressante aan ons moee boere voer en sing daarna lustig saam in… Ingels. Maandag het ons weer krag vir ons stryd? Afrikaans is nie meer ons erns nie. Sekulere verplatting en globale ver-‘common’-ing het ons Afrikaners gepootjie.

andrea van vuren ·

John, jy praat die waarheid. Wil net byvoeg die toekoms lyk pikswart sonder hoop. Ons taal word uitgewis net soos ons kosbare boere…

Rymhardt ·

Daar moet na die groter raamwerk gekyk word.Die ANC streef na n Azanie-staat met engels as die enigste taal! Hul gaan nie van daai doelstelling afwyk nie.

ken van benoni ·

Die geskiedenis bewys dat alle politieke denke ook uiteindelik verander en die ou klomp wat nou so met die Engels saamloop se name sal dalk eendag wanneer die stroom weer swaai, weer met Afrikaans wil meeloop! Dan sal jy hoor van heldedade wat hulle gedoen het vir die mooiste taal! Kom ons teken hul name op en keer hulle die rug wanneer daardie dag kom! Daardie dag is dalk nader dan wat meeste mense dink!!!

Frik ·

Terwyl UP Afrikaans wegneem hoor ek is hulle stilletjies besig met gratis Sepediklasse vir personeel en studente. Bestuur is swak en skynheilig en dans na patetiese ANC se pype.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.