UP-gebedsbyeenkoms: ‘Ons droom nie in swart en wit nie’

Foto: ANA

Foto: ANA

Honderde studente het Woensdag naby die hoofingang van die Universiteit van Pretoria (UP) bymekaargekom om te bid.

Die groep van sowat 400 studente het in kleiner groepe verdeel, hande vasgehou en gebid. Die studente het die “rasgedrewe voorvalle” wat die afgelope paar dae op hul kampus plaasgevind het ten sterkste veroordeel.

“Dit breek my hart elke keer wat ek mense sien veg. Ek glo God is die antwoord. Soos my vriend gesê het: ‘Ons droom nie in swart en wit nie, ons droom in kleur. Selfs as ons slaap sien ons nie net wit en swart nie’,” het Tamra Golob, ʼn 21-jarige derdejaarstudent gesê. “God het ons almal lief. Ons is almal kleurblind. Swart of wit, ons is almal een.”

Paige Leresche, wat BSc omgewingswetenskap studeer, het gesê sy het die gebedsbyeenkoms bygewoon “om met God te praat” oor die rasseverskille op die kampus. “Ons is hier om met God te praat en Hom te vra om ons gesond te maak en om herstel en vrede te bring. Die probleme kan vreedsaam opgelos word.”

Awelani Mudau het gesê dit is ʼn geleentheid om ouer Suid-Afrikaners te wys dat die jeug vorentoe beweeg. “Ons wil Suid-Afrika na ʼn nuwe vlak neem.”

Henrico Gouws, wat BSc aktuariële en finansiële wiskunde studeer, het gesê hy glo dat die huidige spanning sal oorwaai. “Ons kan nie sê ons is ʼn reënboognasie nie, want ons staan nie saam nie. Ons is hier om te bewys dat swart, wit, Indiër, Chinees of wie ook al saam kan staan om die reënboognasie te vorm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hein Olivier ·

Uitstekend en wonderlik! Met sulke gesindhede kan julle baie reg kry. Mag die Here die eer kry vir dit wat julle doen. Sulke optredes bring mense bymekaar en laat ons net weer opnuut besef dat ons afhanklik van God is!

Oupa ·

Die arme kinders: hulle word deur gewetenlose kommuniste gebruik om ‘n “politieke doelwit” te bereik. Die opstande het niks met kleur of ras te doen nie, die land moet bloot in chaos gedompel word sodat, wanneer die kommunistiese “regering” met vredes-voorstelle kom, dit met ope arms aanvaar word.

Trolle ·

Jy is reg oupa dis die NWO wat agter alles sit.
Maar dis mooi om te sien wat hulle doen,dis al wat nou eintlik gaan help is maar net om in god te glo en te sterf vir hom.Kom wat wil die land gaan val niks kan dit meer keer nie.

Jaco Steyn ·

Weereens is godsdiens ʼn handige hulpmiddel wat misbruik word om mense verder aan die slaap te sis in plaas daarvan om die werklike oorsake van en oplossings vir probleme te adresseer. Die oorsaak is die bestaan van ras-geïntegreerde universiteite en die oplossing is verskillende universiteite vir verskillende bevolkingsgroepe.

Johann Marx ·

Absoluut 100% korrek Jaco Steyn. Maroel Media plaas nie meer my kommentaar nie…..maar gelukkig sê jy dit soos dit is. Sien jy die een foto wat lees “We are all the same human beings”?? Bokke, skape en leeus is ook almal diere…..maar hulle is nie dieselfde nie. En dis die “reënboog tragedie”…….mense is NIE dieselfde nie. Waardes verskil, opvoeding verskil, gedrag verskil, tale verskil. Hoekom probeer ons nog steeds om die “toring van babel” te bou? Gaan lees die skrif…

SE NET ·

God is jou enigste opsie, sonder HOM, sal jy nerens kom nie, hoe staar jy probleme in die gesig sonder God????
Hoe “solve” jy probleme sonder God? As jy HOM nie ken nie, sal jy nie verstaan nie, ons tyd is naby, dis n jammer dat soveel mense ander dinge wil eerste sit en nie God nie

Elizabeth ·

Rassehaat word deur politici aangevuur en dit is tyd dat almal dit besef. Die ANC en EFF wil nie he swart en wit moet oor die weg kom nie. Ek het baie swart kollegas en ons kom goed oor die weg. Daar is geen spanning want daar is nie politiek op kantoor nie. Beskaafdheid en respek is al wat dit kos. Maak ‘n punt daarvan om almal se kultuur te verstaan en respekteer.

anna ·

pragtig!!! so trots op julle ons nuwe regverdige generasie. bou so voort. moenie dat terrorismr julle intemideer nie!!!!!

Michael ·

Dit is ‘n goeie gebaar maar as jou taal en kultuur met geweld van jou weggeneem word dan word jy ‘n slaaf in jou land van geboorte en sal jy moet knie buig en ingee en so sal dit jou kinders se lot ook wees

StopTheMadness ·

Ek kan nie sê dat wat hierdie studente doen verkeerd is nie, om te bid kan nie verkeerd wees nie. Wat ek wel kan vra is dat hulle nie naief moet wees nie, moenie gaan lê dat mense oor jou loop nie. Dit is ons Christelike plig om te op te staan en te verdedig wat vir ons life en dierbaar is, of dit nou ons geliefdes, ons vriende, ons familie of ons taal is. Niemand het die reg om op ons te trap nie.

tambotie ·

‘n Reenboog is baie mooi, maar dit bly ‘n optiese illusie, daar is twee goed wat saamwerk om dit te maak, lig en water. Dit meng nie dit werk net saam, vir ‘n rukkie dan is dit weg.
As jy volke vermeng kry jy ‘n nuwe identiteitlose nasie, ek is tevrede met my volk, sy identiteit, taal en geskiedenis dankie.

hans ·

Die UP groep moet kennis neem wat met n gebedsgroep by UV gebeur het-die betogers het diegroep verdryf. Wees dus maar waaksaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.