UP skort klasse op

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

Prof. Cheryl de la Rey, rektor en visekanselier van die Universiteit van Pretoria (UP), het studente Maandag toegespreek, kort nadat akademiese aktiwiteite opgeskort is te midde van betogings op die universiteit se Hatfield-kampus.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat alle akademiese aktiwiteite vir die res van die dag opgeskort is. Studente het vroeër Maandagoggend die kliëntedienssentrum beset en gratis onderrig geëis. Hulle het ook geëis dat De la Rey hulle toespreek.

De la Rey het later ingestem om die studente toe te spreek. Sy het bevestig dat daar nie volgende jaar ʼn verhoging in klasgeld sal wees nie. De la Rey het verder gesê daar sal nie ʼn verhoging wees ten opsigte van geld vir akkommodasie, kos en enige aanvanklike betalings nie.

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

“Studente wat vir befondsing van die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) kwalifiseer, studente wat briewe van borge voorlê, en finansieel behoeftige studente wat die nodige finansiële reëlings met die universiteit getref het, sal toegelaat word om te registreer sonder die betaling van die aanvanklike registrasiegeld, op voorwaarde dat hulle voldoen aan alle ander kriteria.”

De la Rey het verder bekend gemaak dat die universiteit R20 miljoen beskikbaar gaan stel as bykomende befondsing om behoeftige studente te ondersteun. “Die universiteit se bestuur het ooreengekom dat, mits studente voortgaan om verantwoordelik op te tree, geen persone wat aan die massaprotesaksie deelgeneem het deur deur die universiteit of sy affiliasies vervolg sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Muller ·

Ja nee kyk ek het gewag vir die. Nou soek hulle GRATIS onderrig! Wonderlik, so Zuma wat gaan jy nou doen?

johantte ·

Ja hulle soek mos alles verniet. Ons wat betaal vir ons studies moet nou v4erontrief word.

stoney ·

Is hierdie land finansieel sterk genoeg studente gratis, vry en verniet te laat studeer? Wie gaan betaal daarvoor? Ek en jy? Hierdie land sien sy agterent sonder ‘n spieël. Wys my dankbaarheid by een van hierdie studente wat beurse kry. Hulle eis en eis net. Nee, sowat van ondankbaarheid het ek in my lewe nog nie gesien nie. Mag hulle maar suffer, ek het geen simpatie met so ‘n klomp moaners nie!

Carel ·

Al wat hierdie jonges geleer het is dat jy dinge regkry deur te brand en breek (wie wil nou sake deur harde werk en verantwoordelike gesprek verander) …… en kyk mooi – ‘n klomp ander ondankbares het ook geleer hoe om hulle sin te kry en kan nie wag om meer te brand en breek nie (ons kan nou nie terugstaan vir die studente nie)… en so brand en breek ons tot daar niks meer is om te brand of breek nie…

MJ ·

Volgende gaan hulle seker betoog omdat hulle moet studeer om ‘n kwalifikasie te kry.

Christine ·

In my jongdae, as jy nie fondse tot jou beskikkking gehad het nie, het jy nie gaan studeer nie. Streng kwalifikasies moes na gekom word vir beurs aansoeke. En jare se werk by instansie wat jy nou moet terug betaal vir die voorrreg om deur hul geborg te word. Ek is verstom, hulle kry alles, diplomas, werk die lot sommer so!

Retha Roos ·

Almal van julle wat so kritiseer moet ordentlik gaan navorsing doen. Tot en met laat tagtigs WAS skool verniet gewees en deur die staat gesubsideer. Universiteitsgelde was wel betaalbaar maar was ekonomies vergeleke BAIE laer as vandag agv staars subsidering. Hoekom moet persone wat werklike talent het altyd eers aan Rand en Sente gemeet word?? Hoeveel van sestigs, sewentigs en tagtigerjare het nie gaan studeer agv ouers wat te arm was om selfs dit by te bring. Hoekom lank nog moet universiteit slegs vir die welgesteldes beskore wees? En ja die media wys slegs die donkerder studente maar daar is BAIE wit kinders wie se ouers ook swaarkry om te betaal. Weet enige een wat ‘n graad REGTIG kos deesdae. My seun studeer BCom finansieel. In sy finale jaar. Totale kostes vir 4 jaar studie – verblyf, minimum sakgeld, boeke, klas en eksamengelde is R678,000 !!!

Paul ·

Retha,
Die klomp studente is gemaksugtig verby. My ouers kon in 70’s nie my studies betaal nie en ek moes werk en het elke sent wat my studie vir twee grade gekos het self betaal tot lank na ek voltyds begin werk het. Die staat het toe ‘n 49% bydrae aan die universiteite betaal en die anc betaal nou 40%. Hulle laer bydrae is net omdat hulle so onbevoeg is om te bestuur en te beplan en so skitterend suksesvol is om te steel en te vermors. Ek het omdat ek self moes betaal nie een vak gedop nie en het my grade in die minimum tyd voltooi.

Martin ·

Retha, nou as jy so tevrede is met die staking, hoekom aanhou betaal? Laat jou seun dan gaan staak. Dan kyk ons hoe lank gaan hy dan neem om sy graad te kry. So terloops, ons lewe nie meer in die Tagtigs nie, dinge het baie verander. En soos Paul sê, hoekom moet ons betaal vir ander mense se kinders se Grade?

Rynhardt ·

Talle studente by onderskeie universiteite is nog nie klaar met hul betogings nie.Hul slagpreuk us:”We demand,we demand!If we don’t get what we want,we will burn everything to the ground!”

Retha ·

Almal van julle wat so kritiseer moet ordentlik gaan navorsing doen. Tot en met laat tagtigs WAS skool verniet gewees en deur die staat gesubsideer. Universiteitsgelde was wel betaalbaar maar was ekonomies vergeleke BAIE laer as vandag agv staats subsidering. Hoekom moet persone wat werklike talent het altyd eers aan Rand en Sente gemeet word?? Hoeveel van sestigs, sewentigs en tagtigerjare het nie gaan studeer agv ouers wat te arm was om selfs dit by te bring. Hoekom lank nog moet universiteit slegs vir die welgesteldes beskore wees? En ja die media wys slegs die donkerder studente maar daar is BAIE wit kinders wie se ouers ook swaarkry om te betaal. Weet enige een wat ‘n graad REGTIG kos deesdae. My seun studeer BCom finansieel. In sy finale jaar. Totale kostes vir 4 jaar studie – verblyf, minimum sakgeld, boeke, klas en eksamengelde is R678,000 !!! Sonder ‘n beurs het dit bitter broekskeur gegaan.

Dup du Plessis ·

…….daar kan gevra word: – wie kry die voordeel nadat ‘n kwalifikasie bereik is? hoekom moet iemand anders dan bydra vir iets wat vir hom/haar geen voordeel gaan inhou nie? ……….en ja, ek betaal ook vir koshuis en klasgeld met ‘n groot gesukkel – maar weet die voordeel gaan eendag oor na my kind toe………….het voor my studentejare in ‘n myn gewerk vir geld om te kan studeer………

A.Willemse ·

Universiteite het al duurder geword omdat staatshulp doelbewus verminder is; vir swartes is beurse bykans onbeperk beskikbaar, (selfs die wat voorheen vir blankes en presteerders beskikbaar was). Selfs studielenings vir blankes vereis tans volle borgskap van ouers, deels deur wanbetaling deur swart studente, wat verantwoordelik is vir ‘n deel van die universiteite se geldnood. Die huidige toegewing van die president se kant af moet weer uit die private sektor kom met groter seggenskap vir die staat in die outonomie van universiteite.

adrian ·

Nee niks moet van privaatsektor of publieke belasting kom nie. Daar is geld …. baie. Laat die guptas n groot deel betaal asook tenders wat so maklik uitgedeel word 20% vir elke tender. Chancheler house het biljoene, verminder die parlement met 50% asook munisipaliteite moet drasties verminder. Niemand hoef te betaal nie, baie geld deur vermindering en kop hou

david ras ·

Nou waar meen jy Retha, het die staat die geld gekry vir gratis skole ?
In die middle tagtigs was ek een van die vele wat 40% plus BELASTING betaal het.
DAAR het die gratis in gratis skole vandaan gekom. Ons het BETAAL vir ons kinders se studies.
Kom ek vertel jou van my oupa se belastinglas in 1950 en 1951—ek het dit ontdek in ou dokumente van die oubaas. ‘n Hele maand se salaris moes hy betaal. En oupa het maar ‘n lae vlak joppie gehad.
Kom ek gee jou ‘n bietjie insae in WIT belastings vir;
1980/81–Blankes betaal 91,2% van die totale belasting van SA
1982/83 –92,2% van die totale belasting inkomste.
Dan, liewe Retha, vanaf 1973 tot 1983 verhoog die belasting uitgawe op SWART onderwys vanR 27 milj p/j tot R475 milj p/j en van 1980/81 tot 1985/86 tot R950 milj.p/j
Nou waar meen jy sou die geld vandaan gekom het vir gratis skole ?
Ek kan die bron van my inligting bekend maak, maar ek verkies om dit liewers nie te doen nie, dit gaan net hartversaking in sekere linkse kringe veroorsaaak.
Net so al groetende–
In sy boek “My beloved country” skryf oud senator Thomas Boydell dat in 1958, (toe was ek maar in std 8) was die Swart bydrae tot die staatskas 7,5 miljoen pond, maar het die regering 40 miljoen pond aan onderwys, pensioen , medies ens aan hulle bestee.
NIKS OP HIERDE AARDE WAS OOIT VERNIET NIE–dis een van die grootste leuens wat ooit deur die kommuniste en hulle meelopers verkondig is.

Landie ·

In my dae, kon slegs die slimstes van die slimstes gaan studeer, en al was jy slim en het jou ouers nie geld gehad nie, kon jy NIE gaan studeer NIE!!! Klaar. Daar is soveel duisende student op Universiteite, wat ook maar net deurgeskraap het om te kan kwalifiseer om ‘n sekere kursus te doen. Verhoog die slaagsyfer en ek stem, die met talent en die insig om te kan studeer, kan gehelp word. Dan sal daar genoeg fondse van die staat wees. As jy nie kan gaan studeer of dit nie kan bekostig nie, dan moet jy maar vir jou werk soek, en deeltyds deur Unisa studeer. Daar is ander instansies wat goedkoper is, maar nee, Universiteit is mos ‘n status-simbool vir sekeres. En dan mors hulle net almal se tyd daar!!!

Phia ·

My kind is ‘n eerste jaar student in ingenieurswese by Tukkies. Omdat hy ‘n man is en wit is , is daar nie beurse vir die kinders nie, veral nie in hul eerste jaar nie. Dus moes ons maar alles uit on sakke betaal. Wat van sy reg om te studier gegewe die feit dat sy universiteitsfooie vir die jaar betaal is? Het net sekere groepe in hierdie land regte?

Ouman ·

Volgende wil hulle seker salarisse ontvang terwyl hulle studeer om nie eers te praat van “pass one pass all” nie. Werkgewers moet twee maal dink voor hulle iemand in diens neem uit die”class of 2015″

Ina Laubscher ·

Ons woon in die VSA waar universiteit of college , soos hul se, n voorreg is en nie jou reg nie. Ek wonder wat sal hierdie betogers dink van ons dogter se klasgelde van $45 000 per jaar ?? Ons dink mt groot verlange terug na daardie R 35 000 per jaar klasgeld vir tog nog goeie standaard onderrig. ( die modules wat sy by UP in haar eerste jaar ingenieurswese gedoen het is deur haar universiteit hier in die VSA aanvaar en sy kon net voortgaan mt haar studies )

Rentia ·

Hier is ‘n brief wat my kind geskryf het vir hulp. Ons sukkel om ‘n beurs vir hom te kry en het al reeds studielening vir sy vorige graad. Ons het orals aansoek gedoen vir hulp. Dis nie so maklik nie, hy het nou as sy eerste jaar as mediese student “gepromoveer” en hoef nie eksamen te skryf nie. Dit is hoe graag hy sy droom sil bewaarheid en finansieël kan ons as gewone salaris trekkers dit nie doen nie. Hy bly by my sussie en moet elke keer 90km Universiteit toe ry en 90km terug.

Dear Reader,

My name is Dewald Hart. I am currently enrolled at the University of Pretoria as a first year medicine student. Circumstances has led me to share my story in hopes that someone would be generous enough to help me fulfil my dreams.

I am extremely passionate about medicine and making a difference in health care services in South Africa, but due to financial reasons I am forced to seek the help of others.

After I matriculated in 2011 I attended the North-West University where I joined the Golden Key Honours Society for top academic achievers in 2013. I obtained my BSc in Health Sciences with distinction in 2014. My journey had only begun. I applied to medical school and got accepted to pursue my dreams.

My parents have been amazing in helping me achieve these dreams and pursue further ones. Unfortunately they are unable to help me further. They are struggling to keep me in medical school despite their countless efforts. I have a younger brother that also needs to go pursue his dreams of becoming a Pharmacist.

As this is a known fact, bursaries are hard to come by for a student that already has a degree in South Africa, therefore I am writing this today to please ask for any financial assistance where possible. I understand we are living in a tough economic climate, but this is my last resort.
There is nothing worse than working your entire life to achieve your dreams and then having them in your hands and not being able to make them come true due to money.

If there is someone out there that is willing to make a donation towards my tuition money, I will be forever grateful to that person for taking me one step closer to making my dreams a reality

Please contact me on my email if you are willing to bless me in any way possible: [email protected]

Alternatively, click on the following link for the University of Pretoria banking details if you are able to please assist me: http://www.up.ac.za/en/fees-and-funding/article/262086/bank-details

My student number is used as a reference and is as follows: 12009637

Thank you for taking the time to read my story.

Have a blessed day!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.