UP-taalbeleid: Finansies speel geen rol

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Volgens AfriForum Jeug het ʼn verslag, wat deur ʼn onafhanklike transformasiepaneel saamgestel is, bevestig dat die Universiteit van Pretoria geen addisionele uitgawes hoef aan te gaan om Afrikaans as onderrigmedium te behou nie.

“Die UP-raad het telkemale die argument gehuldig dat ’n enkeltaalbeleid meer kostedoeltreffend gaan wees,” het Henrico Barnard, woordvoerder van AfriForum Jeug se Tuks-tak, in ʼn verklaring gesê. “Die verslag deur die onafhanklike transformasiepaneel van die raad van die universiteit, lewer klinkklare bewys dat die universiteit geen addisionele uitgawes hoef aan te gaan om Afrikaans as onderrigmedium te behou nie. Die argument kan dus nie gevoer word dat finansies ’n rol gespeel het in die UP-raadsbesluit dat Engels vanaf 2017 die primêre onderrigtaal aan dié universiteit gaan wees nie.”

Volgens Jaco Grobbelaar, koördineerder van AfriForum Jeug se Tuks-tak, het die universiteit nie ’n opname van die taalbehoeftes van UP-studente gemaak nie. “Daar was slegs een pro-Afrikaanse verteenwoordiger wat op die taalwerkstroom van die UP gedien het, met die gevolg dat die stemme van die Afrikaanse studentegemeenskap bloot geïgnoreer is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JC ·

O jinne, tuks gaan darem maar hul alie sien in die hof-nog ammunisie vir afriforum se hofsaak.
DIT IS NOU REGTIG ONGEREGVERDIGDE DISKRIMINASIE-Indien daar miskien nog finansiele druk afgehaal was deur die besluit sou dit meer verstaanbaar kon wees maar dit is net nog ‘n ding wat teen Tuks gaan tel in die Hof!!

Rens Roodt ·

Stem volmondig saam – soos gister moes alles al ontrek gewees het aan UP

Basson ·

Bronne vanuit UP vertel dat UP se akademiese kwaliteit alreeds agteruit begin gaan met ‘feesmustfall’ (agv verminderde inkomste), so die gladde afdraande pad na middelmatigheid is reeds betree.
Vaarwel akademiese uitnemendheid, jy is geoffer aan die god van tirannie.

JC ·

BAIE WAAR, BEGIN V/D EINDE VIR AKADEMIESE VRYHEID, VRYE DENKE EN UITNEMENDHEID BY TUKS-NIE!! BY AKADEMIA NIE!

putter ·

Ek het niks beter van de la rey verwag nie. Dit gaan oor haarself en nie oor Afrikaanse studente nie.Sy het haar siel verkoop.Geen rugraat integriteit mentaliteit moraliteit inbors te bespeur by haar nie. Daarom die afskaffing van Afrikaans.

Rieks ·

Sy moet sommer haar van ook verander!!!! De la Rey is AFRIKAANS!!!!!

wynand ·

Net Afrikaanse studente moet beurse ontvang vir ekstra klasse in Afrikaans by afgetrede Afrikaanse lektore . Beurse kan privaat aan Afrikaanse studente besorg word. Onttrek alle beurse wat deur die univ gekanaliseer word en kanaliseer dit privaat aan Afrikaanse studente of deur Afri.

pot ·

Kom voor of die Rektor daar dalk nie so “eerlik” is nie?Sy gaan die oorsaak wees datUP sink. Al klaar besig om te gebeur?

miem ·

Onttrek asb bevondsing aanUp . Dit gaan net vermors word deur hulle. Wend dit via Afri aan Afrikaanse studente aan.

jaco ·

Ek kan net my kop skud vir die mentaliteitlose rektor en kie wat met die ding saamstem. Wag maar dit gaan draai en sy gaan nerens welkom wees nie. Wanneer jy jou naam veloor het jy alles verloor.

Mandla ·

As ‘n oud Tukkie is dit vir my wonderlikke nuus dat Tuks se taal beleid uiteindelik in Die nuwe eeu kom. Alles in die besigheids wereld is Engels. Afrikaans sal oorleef soos Zulu. Well done UP. Welcome to our nation. Build new leaders for our country.

Vic ·

Ai, Mandla, so n ou imperialistieses siening uit die mond van iemand in die nuwe eeu. Die oorheersende wereldtale in besigheid is Chinees en Spaans, nie Engels nie. Maar gelukkig sal diegene wat Tuks net Engels wil he ook nou verantwoordelik wees vir hulle eie befondsing, want ons Afrikaners gaan ongelukkig nie meer kan bydrae daartoe nie. So sorry, old chap.

Grap ·

Mandla onthou jou woorde as jou kleinkinders eendag gedwing word om in Chinees onderrig te ontvang omdat hulle dan die meerderheid is in die piesang republiek

Charl ·

Ag, wat kan mens nou se, ou Mandla. Dat n man van die “nuwe eeu” nou so lief vir Ingils kan wees. Is Ingils dan nou nie n ou kolonialistiese taal nie? Man, die Ingilse en Yanks sal so bly wees om te hoor Afrika hang so aan hulle taal. Maar nouja. Een toffie, gekou. Ek werk nou al vir veertig jaar in die besigheidswereld, die wereld oor. Bitter min lande waar Ingils eitlik die voertaal is, seun. En mens het ook nou nie eitlik nodig om jou graad in Ingils te verkry om Ingils magtig te wees nie, ou maat – meeste mense leer taal aan in die eerste paar jaar van hulle lewe, lank voor hulle op universiteit kom. Meeste Afrikanerkjinnertjies is sommer 2-3 tale magtig teen die tyd wat hulle klaar is met laerskool. Geniet die taal van die imperialistiese kolonialiste, ons anner ouens leer sommer vir onsself Chinees en Spaans aan om besigheid te kan doen. So long, enjoy what was originally created by the Afrikaner, because we know it is not possible to create your own. It comes with our compliments.

JC ·

STAAK ALLE FINANSIELE BYDRAES AAN TUKS!! SAL SIEN HOE VINNIG VERANDER HUL, HUL BESLUIT! OOPS!! HULLE KAN NIE, HULLE IS FUNCTUS OFFICIO, SO AFRIFORUM SAL HUL HOF TOE MOET SLEEP DAT DIE HOF HUL BESLUIT HERSIEN EN TERSYDESTEL!!

GES ·

Ons hoef nie meer bekommerd te wees oor rommelstatus nie, dit is nou ashoopstatatus. So verval alles na middelmatigheid en weldrae sal gegradueerdes maar bedel werkies moet doen om te oorleef. Tragiese dag ….

Koos ·

Verander sommer die naam ook ek wil nie hê my kleinkinders moet my eendag jammer kry nie as hulle hoor ek het daar studeer nie dit is nou as daar iets oor is

Mandla ·

Liewe Oom Vic oom Charl en oom Grap. Dit is vir werklik ‘ n voorreg om Afrikaans magtig te wees en lief te wees vir al ons tale in Sud Afrika. Watter wonderlikke land waar ons leef. Ek is ook gelukkig dat ek twee van my grade by Tuks kon behaal en bloodhestel was aan uitmuntende disente. Ek reis oor die wereld agv my beroep en my spesialis kennis. En Ja. Meeste van die lande se voer taal is nie Engels nie. Maar Engels is die taal wat ons gebruik in besigheid oor die wereld. Self met China. In die top universiteite in die VSA en Frankryk word Chinees ook geleer vir van die top Studente. Die EU debakel is ‘n goeie les vir Suid Africa. Die besluit van Britanje was gemaak deur ou mense wat ‘n baie klein wereld sien. Die pronleem is dat die toekoms in die hande van die mense van die toekoms moet wees. Die jeug. Dalk moet ons die leiding neem in die wereld en mense wat bo 60 is nie toelaat om te stem nie. Ooms. Julle moet rustig slaap in de wete dat daar wonderlikke jong mense in die land is wat ‘n toekoms bou. Moet seblief nie vir hulle die wereld weerhou nie. Hulle sal nie kan meeding in die wereld ekonomie nie. Hoop ek sien julle by Innibos. Of dalk op ‘n vlug na ‘n land waar ons gaan besigheid doen in Engels of Chinees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.