Upington-gemeenskap geskok oor moord op 72-jarige man

Argieffoto: Kent Williamson

Die gemeenskap van Upington in die Noord-Kaap is geskok oor die afsterwe van die 72-jarige Frikkie Rademeyer.

Rademeyer, ʼn geliefde inwoner van Middelpos in Upington, se liggaam is Saterdag in sy huis gevind met verskeie meswonde.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Rademeyer se bure het die polisie Saterdag omstreeks 11:00 ontbied in verband met ʼn moontlike rooftog. “Toe die polisie by die toneel opgedaag het, het hulle die oorledene in die gang van sy huis gevind. Hy is ʼn paar keer met ʼn mes in sy bors gesteek en is op die toneel dood verklaar.”

Gamieldien het gesê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Lt.kol. Doggie Magugu versoek die publiek om hulle by te staan met enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die aanvallers kan lei. Kontak hom by 082 469 0578. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Rademeyer se gesin kon nie in hierdie stadium verder kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Philip ·

Tragies. Nog ‘n moord op ‘n ou man. Die moordenaars is lafaards want hulle kom nie alleen om ons ou mense te moor nie maar in getalle. Ek was self een en is vir dood agter gelaat. Daar was 2 van hulle. Die tragedie in my geval die man het vir my gewerk en het dit op Sondagaand 7 uur gebeur. Hy is 24ste Januarie vir agt jaar gevonnis. Ek neem geen persone in diens nie en sluit ek my toe. Mort seker my laaste jare ook soos tronkvoël deurbring. Innige simpatie met naasbestaandes. Mag die Here hul bystaan gedurende hierdie tyd.

PJC ·

Ja Phillip vir ń mens se eie veiligheid moet jy maar agter tralies leef en selfs dit is soms nie eers veilig genoeg nie. Jy moet ook gewapen en 24 uur van die dag paraat wees. As jy ń aandjie by vriende gekuier het weet jy ook nie meer wat wag vir jou by jou terugkoms nie en moet jy nog daarvoor ook spesiale voorsiening maak. Ek laat my egter nie bang maak deur hierdie dinge nie en geniet nog steeds die lewe.

Jillian Alcott ·

“Just as libraries connect the past and the present to the future, oral histories of a community’s elders extend the legacies of these individuals to generations yet unborn. They are a source of wisdom and experience that need not be lost when they are no longer with us.”
Dennis Sparks

Hanna Hoekom ·

Lafaards! En so sak julle op weerlose oumense toe. Watter weerstand kon daardie ou man bied? Julle is lafaards! Moenie kom met “misdaad” of “huisroof” nie: dis HAAT. Finish en klaar.

Cherokee ·

Danksy ondermeer Helen Suzman en VanZyl Slabbert se progresiewe pary waarvan die naam verander is na Demokratiese Alliansie (lees DA) en (gewese) leier Helen Zille wat deur menige lokale kommentators steeds ondersteun word.

Adam ·

Cherokee, jy dwaal met hierdie argument. Onthou jy nog die Progressiewe Party, die Verenigde Party en die Progressiewe Federale Party. Dit is gevolg deur die DP wat later die DA geword het. Maar wat ek graag van jou sal wil hoor, is watter alternatief die HNP gebied het? Een parlementslid in hul lang bestaan en kon beswaarlik hulle deposito behou in ‘n verkiesing)! Die AWB en KP (onthou jy nog Genl Constand Viljoen se “stormtroepe” in Bophutatswana, wat weggehardloop het toe die eerste man geskiet geword het langs sy ou Mercedes. Wat bied die VF+ vandag? Hulle steun is onbeduidend en die “regse Afrikaner” kon nog nooit met ‘n alternatief tevore kom nie en ek blameer hulle nie omrede hulle hul steun uit ‘n baie klein deel van die bevolking moet kry. Die Pieter Marais storie wys jou hoe desperaat die VF+ is. Die mense na wie jy verwys was mense met integriteit en alhoewel ons nie altyd met hulle kon saamstem nie, kan hulle nie vergelyk word met die lot van vandag wie weinig tekens toon van die besit van ‘n behoorlike morele kompas nie. Terloops, die VF+ praat nou van ‘n Federale staat: kan ek aanneem hulle het nou die lig gesien wat die PFP al 40 jaar terug gesien het?

Gaitsigubib ·

Tussen Cherokee en Adam iewers le gesonde, positiewe gesprekvoering. Ek sal graag hoor wat Cherokee op Adam se skrywe antwoord. Is daar ‘n rede waarom julle my kommentaar permanent blok? Hou julle nie van uiteenlopende opinies nie of spel ek te sleg?

Nettie ·

Nou dáár is vir jou twee “kommentators” wie ek graag in ‘n debat teenoor mekaar sou wou sit: Cherokee en Adam. Beide het geldige punte beet; die een nie noodwendig antagonisties teenoor die ander nie. Maar ek neig meer om saam met Adam te stem – smaak my Adam kén sy politieke geskiedenis en is oopkop in vandag se moderne politiekery.

Olly ·

So hartseer! Daar sal niemand in hegtenis geneem word, het self familie op so gruwelike manier verloor (erger) en niemand is in jare aangekeer nie. Siek!

Martie Zaayman ·

RIV oom Frikkie. Ons harte is baie seer. Sterkte Tannie Fia en kinders en res van familie.

Thinus Erasmus ·

Adam, amper niemand wil hul lewe op die spel plaas as jy eerder net kan sit en praat en praat en praat en hoop alles kan so uitgesort word.
Onthou toe die “handjie” vol Voortrekker besluit het hulle het genoeg van die Engelse onderdrukking gehad, toe was daar ook baie (90%+) wat vir hul gelag het en maar aanhou swaarkry het in die Kaap – of het hul eenvoudig net nie beleef en verstaan wat het die trekkers as boere beleef nie?
En toe die Engelse ook die trekkers se vrye Republieke wil annekseer, toe het ook meer as die helfte wat direkte voordeel uit die trekkers se aksie gekry het, sommer besluit om hul eie mense te verraai – ja party sommer direk teen hulle veg!
So Adam jy kan maar lag vir die regse Afrikaner en sy plan vir voortbestaan afmaak as geen plan of alternatief nie, eendag sal die geskiedenis wel wys wie sal as Afrikaner volk oorleef: die linkse proggies wat hul kinders wil Engels grootmaak, die meerderheid joiners wie se kinders Engels gedwing gaan word, of die ou klomp regse wat niks anders as Afrikaans wil wees nie, al moet hul bloei daarvoor.
Ek bloei eerder vir ‘n SAAK as om verniet te bloei.
Jammer oom Frikkie – die MEERDERHEID en ons LEIERS het ons gevaal in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.