Upington-inwoners onder druk met konsepbegroting

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Dawid Kruiper- plaaslike munisipaliteit (Upington, Louisvale en Askham) se konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar gaan inwoners onder nog groter finansiële druk plaas en gaan dit vir sommige inwoners onmoontlik maak om hul diensterekeninge te vereffen.

“Die VF Plus is nie gekant teen tariefverhogings nie, maar dit moet die huidige ekonomiese omstandighede in ag neem en inwoners nie slegter laat as wat hulle reeds is nie,” sê Hendrik Greyling, VF Plus-raadslid in die Dawid Kruiper- plaaslike munisipaliteit.

Die voorgestelde tariefverhogings is soos volg:

  • Eiendomsbelasting: 5%
  • Elektrisiteit: 9,68% onderhewig aan goedkeuring van Nersa
  • Water: 5%
  • Sanitasie: 5%
  • Vullisverwydering: 5%

Die voorgestelde verhoging in die kragtarief is ver bo die huidige inflasiekoers van 5,7% en ook hoër as Nersa se voorstel dat munisipaliteite hul kragtariewe vanaf 1 Julie met 7,47% verhoog.

“Dawid Kruiper word gekenmerk deur talle diensleweringsprobleme en wanbestuur en voordat prestasiebonusse aan amptenare uitbetaal word, moet beskikbare fondse eers aangewend word vir die opgradering van kritieke infrastruktuur en die verbetering van basiese dienslewering,” voeg Greyling by.

Die VF Plus doen hiermee ʼn beroep op gemeenskappe en nie-regeringsorganisasies om deel te neem aan die openbare deelnameproses wat gevolg moet word voordat die finale begroting deur die raad goedgekeur kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

Dit is nie net Upington nie, dit is oral, tot in die Vrystaat ook. Die Plaaslike Regerings soek geld om die ANC te kan befonds. Gedink geld groei aan bome.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.