Upington-man kom op skoonpa se lyk af

misdaadtoneel

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn Noord-Kaapse sakeman Woensdag in sy huis in Upington gevind is nie.

Dries Botha (61) se liggaam is Woensdag omstreeks 18:00 deur sy skoonseun, Jurgens Coetzee, gevind. Hy het ʼn steekwond in sy bors gehad.

Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik presies wanneer Botha vermoor is nie. “Ons weet hy is Dinsdag omstreeks 11:00 vir die laaste keer lewend gesien. Daar sal ʼn nadoodse ondersoek gedoen word wat na verwagting ʼn beter aanduiding sal gee van wanneer hy dood is,” het September gesê.

Coetzee het aan Maroela Media gesê hy is Woensdag na sy skoonpa se huis ontbied nadat ʼn buurvrou onraad vermoed het. “My skoonpa was altyd vroeg soggens op en bedrywig rondom sy huis. Toe een van die buurvroue agterkom dat dit al heeldag stil rondom die huis is en gesien het dat die hek waaragter sy motors geparkeer staan, oop staan, het sy onraad vermoed,” het Coetzee gesê.

“Sy het by sy kamervenster ingeloer en gesien dat die kamer heeltemal omgekeer is. Sy was bang dat daar dalk nog ʼn rower in die huis kan wees en hulle het my gebel om te kom kyk. Ek het toe op sy liggaam afgekom.”

Volgens Coetzee is klein items soos selfone, ʼn skootrekenaar en kameras uit die huis gesteel, maar hulle is nog nie seker wat alles vermis word nie. “Ons vermoed maar dat hulle op ʼn manier in die huis ingekom het en dat daar ʼn struweling was. Ons weet nie of iemand wat hy geken het by die moord betrokke was of selfs hoeveel verdagtes betrokke was nie. Die polisie is besig met die ondersoek en ons hoop dat hulle binnekort ʼn deurbraak sal maak.”

Botha was jare lank ʼn sakeman op die dorp en het ten tyde van sy dood sy eiendomme bestuur. Hy was die pa van twee dogters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charlotte Botha ·

Hy was nie 61 jaar oud maar wel 59 hy sou die 12 Novemeber 2016 60 geword het. Hy is my man se broer en my man is ouer as hy. Hy was die 2de outste van 4 kinders.

Cherokee ·

Dankie vir wat jy vertel, Charlotte. Wanneer meer inligting beskikbaar word, laat weet asseblief.

Pastoor ·

Upington. Vreedsame dorp inni Noord Kaap. Selfs daar word gemoor. Vir n selfoon kamera skootrekenaar. Mense alles saam seker nie R 12 000 werd nie. Droom ek…..nee Nou word n man uit die gemeenskap weggeneem deuriemand wat te lui en sleg is om te werk. Kleinkinders van n oupa ontneem. Deur n pes. Mense word net geskiet gesteek vermoor. Dit is skokkend. Nog n pa vermoor. Ek was baie op Upington. Mooi mense. Daai vyand kom van buite. Here ek glo hy sal gevang word. Jammer vir die familie wat agterbly. Dit is swaar. Hopelik pik n pofadder die moordenaar. Hy moet 300 jaar in die tronk sit

Marianne ·

My innige simpatie aan die familie. Dit skeur ‘n gat in mens se hart!
Waarom vermoor? Wat is die doel van moord?
Here gee rus, gee kalmte.

Wimpie Botha ·

Dries was my broer ook. Ek gun hom God se vrede en rus. Rus sag Dries en dankie vir die baie lekker tye wat ons saam deurgebring het.

LS ·

So jammer vir julle verlies. Dit is so hartseer !!!

Rus in vrede Dries Botha.

Sterkte aan die familie wat agterbly, mag God julle hande vat in die moeilike tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.