Upington-ongeluk eis drie

ER24

Argieffoto: ER24

Drie mans is dood en ses mense is beseer in ʼn ongeluk buite Upington in die Noord-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê twee bakkies was Sondagaand in ʼn trompop botsing op die N14 buite Upington.

Volgens Meiring is albei bakkies erg beskadig in die botsing. Drie mans is op die toneel dood verklaar. Ses mense is na die Doctor Harry Surtie-hospitaal geneem vir behandeling nadat hulle beserings opgedoen het in die ongeluk.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Sjoe, die ongelukke op die land se paaie is weer erg en dit is nog nie eers Desember nie. Dit word net erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.