Upington-tronkbewaarder glo met dwelms betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 50-jarige beampte van die departement van korrektiewe dienste in Upington in die Noord-Kaap is deur die Valke in hegtenis geneem nadat hy glo dwelmmiddels ter waarde van R15 000 by hom gehad het.

“Die man is die afgelope naweek by sy werkplek by die gevangenis in Upington in hegtenis geneem,” het Philani Nkwalasi, woordvoerder van die polisie se prioriteitsmisdaadeenheid (Valke), Woensdag gesê. “Die man se kollegas het glo op inligting reageer en die dwelmmiddels ter waarde van R15 000 glo in sy besit gevind.”

Die man is dadelik in hegtenis geneem en die Valke is ontbied om ondersoek in te stel.

“Hy het Dinsdag in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R2 000,” het Nkwalasi bygevoeg.

Hy moet op 8 Augustus weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jef ·

ha ha hy het die tronk van buite gesien hoop hy gaan nou die cel van binne sien, kry vir jou.

Vicua ·

En hy moet nou ander tot beter lewe inspireer! Sluit toe en gooi die sleutel weg?

Winston ·

Ja so word jou werkplek jou blyplek. Hy moet n voorbeeld gemaak word.

Piet Boer ·

Mense, julle moet verstaan wat daar aangaan: Hy verkoop daardie dwelms aan gevangenes binne die tronk. Hy het ‘n florerende besigheid want sy kliënte kan nie juis by ‘n ander “winkel” gaan koop nie. Slawerny met korrupsie as bykos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.