Urelange reddingspoging ná vrou by waterval val

(Foto: Netcare 911)

Reddingsdienste in KwaZulu-Natal het Sondag byna vier uur lank gespook om ’n beseerde vrou na veiligheid te bring nadat sy by ’n waterval in die Krantzkloof-natuurreservaat, wes van Durban, geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê nooddienste is omstreeks 10:24 na die Kloof-ravyn ontbied nadat ’n 52-jarige vrou vermoedelik haar balans verloor het en sowat vier meter na onder op die rotse geval het.

(Foto: Netcare 911)

’n Reddingspan bestaande uit onder meer paramedici, reddingswerkers en die polisie het die lang staptog aangedurf tot waar die vrou geval het. Die vrou, wat ernstig in die val beseer is, is op die toneel gestabiliseer voordat sy met ’n gespesialiseerde draagbaar uit die ravyn gedra is.

ʼn Toureddingstelsel is gebruik om haar by die steil opdraandes op te dra waarna sy met ’n lugambulans na ’n hospitaal gevlieg is vir verdere mediese behandeling.

Die omvang van haar beserings is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andréas ·

Sê u dat iemand wat geen medies het, net daar gelos sou word…?

Androclus ·

Hou op sarkasties wees julle weet so goed dat daar na mediese werkers verwys word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.