US-bestuur moet sê oor transformasieplan en taalbeleid

Universiteit Stellenbosch

Universiteit Stellenbosch

Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch is ontbied om volgende week Dinsdag antwoorde aan LP’s te verskaf oor transformasie-inisiatiewe.

Dié dringende vergadering volg na bewerings van rassisme aan die lig gekom het tydens ʼn omstrede dokumentêr, genaamd Luister.

Die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opvoeding, onder leiding van Yvonne Phosa, sal die reaksie van die bestuur van die universiteit aanhoor oor dié bewerings, lui ʼn verklaring wat die parlement uitgereik het. “Die komitee sal ook na verwagting hoor watter planne in plek gestel gaan word om te verhoed dat soortgelyke voorvalle weer gebeur, asook ʼn vorderingsverslag van die universiteit se transformasieplan en taalbeleid.”

Maroela Media het vroeër berig oor die 34-minuut lange video genaamd “Luister” wat op 20 Augustus op YouTube gelaai is. In die video praat 32 swart studente van die US en die Elsenburg-landboukollege terwyl ʼn dosent hulle uitvra oor hul ervarings by die universiteit. Die studente vertel in die video van rassistiese gedrag teenoor hulle by die instansie waar die dominante onderrigtaal Afrikaans is.

Volgens die Ahmed Kathrada Foundation Wits Society poog die universiteit om swart studente in te sluit deur lesings van Afrikaans na Engels te vertaal en dit is een van die kwessies wat die studente aangeroer het. “Swart studente se huistaal is selde Engels,” het die vereniging gesê. “Regdeur hul skoolloopbaan word hulle uitgedaag om in Engels te leer. Ons doen ʼn beroep op die universiteit en sy studente om ʼn oplossing te kry wat almal kragtens die taalbeleid akkommodeer.”

Die universiteit gebruik al sedert 2011 vertalingsdienste om sy studentekorps te diversifiseer, terwyl Afrikaans steeds as primêre onderrigmedium gebruik word. Meeste nagraadse klasse is in Engels. Verlede jaar was nagenoeg die helfte van studente swart.

Wim de Villiers, rektor van US, het vroeër vandeesweek gesê dit is betreurenswaardig dat sommige studente steeds blootgestel is aan rassisme en ander diskriminasie. Maar hy het gesê die vordering wat die universiteit gemaak het, moet nie hierdeur ongedaan gemaak word nie. “Om dit te laat blyk dat die universiteit nie ernstig is oor transformasie nie, en dat die universiteit homself blind hou vir blatante rassisme, of dat die universiteit op enige manier ʼn kultuur van apartheid bevorder, is eenvoudig nie waar nie en kan nie net daar gelaat word nie,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Universiteit Stellenbosch op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Martin Pretorius ·

Hierdie sogenaamde dokumentêr wat gemaak is, is baie eensydig. Hierdie betogende “studente” is daar geplant deur die ANC om die volgende verkiesing die Wes-Kaap in te palm. Enige student wat ernstig is oor sy of haar studies, hèt nie tyd om betoog nie. Hoeveel van hierdie molesmakers het al enige graad behaal? Ek sal graag hulle vorderingsverslae wil sien en natuurlik hulle matriekuitslae. Dit behoort ñ interessante prentjie te skets oor hoe ernstig hulle regtig oor akademie is. Dit laat my dink aan die storie oir die kliënt wat na Ford toe gaan, maar daarop aandring om ñ Kia te koop. Hy word verwys na Kia, maar dring aan daarop dat hy nou by Ford is en hulle die motor vir hom moét kry anders ggan hy sorg dat die bestuurder afgedank word oor swak diens. En dit bevestig net weer, hulle is nie daar om te studeer nie. Beslis nie! hulle matriek uitslae. My opinie is, wat soek hulle daar? Die oorgrootte meerderheidstaal in die Wes-Kaap ìs Afrikaans. So ook die Noord-Kaap. Dit sluit alle rasse van die bevolking in. Hierdie studente gaan hoofsaaklik Stellenbosch toe. Baie van hulle sukkel ook met die Engels. My seun se vriend is ñ Kleurling wat daar studeer en hy sukkel met die Engels. Sy huistaal is Afrikaans. Iemand het hierdie stukkie geskryf wat mens nogal laat dink. Die kliënt gaan na ñ Ford handelaar, maar dring aan om ñ Kia te koop. Hy word verwys na Kia, maar wil opsluit die motor deur

Martin Pretorius ·

Jammer oor die deurmekaarspul van ny eerste skrywe. Kon nie regstellings doen en toe stuur dit per ongeluk

sannie groenewald ·

Ware woorde Martin daar is universiteite waarna hul kan gaan wat nie Afrikaans is nie. Ek stem saam as hul tyd het om te betoog….Leer hul defnitief nie

sannie groenewald ·

Ek stem saam Martin daar is nie sprekende Afrikaanse universiteite waarheen hulle kan gaan. As hul so betoog leer hul defnitief nie en mors die wat graag wil leer se tyd!

mariaan ·

Ek sidder om te dink watter beroepe die klomp eendag gaan betree. Gaan hulle ook eendag lieg oor hulle kwalifikasies soos die res? Gaan hulle sê hulle was op universiteit, maar nou kam hulle om een of ander onverklaarbare wyse nie hul graad toon nie? Of soos een onlangs gesê het, haar graad is gesteel.

adrian ·

Woensdag middag op 702 was daar n gesprek van kommentator steven grootes en die die rektor van stellenboch. Grootes se woorde was ,, will it not be better that afrikaans be totally abolished at the university” die rektor het egter die taal verdedig. Vyande oral teen die afrikaner.

Johann Marx ·

20 jaar in die nuwe Suid Afrika in. Hoeveel Universiteite in die land? Hoeveel Engels? Hoeveel Afrikaans? Hoeveel van Afrikaans na Engels? Hoeveel in Zulu? Hoeveel in Xhosa? Hoeveel in Tswana? Hoeveel in Pedi? Die Afrikaan se dilemma is dit: Ek WIL nie in Afrikaans leer nie, ek KAN nie in Engels leer nie, en in my eie taal is daar nie voorsiening gemaak vir verdere studie nie. So wat doen ons? Plaas ons druk op die regering om na ons behoeftes om te sien? Nee. Ons plunder wat bestaan….en gee iemand anders die skuld daarvoor.

Wilhelm ·

Hoekom dring die Afrikaanssprekende studente by UCT en Wits nie ook daarop aan om in Afrikaans onderrig te ontvang nie? Maar ‘n vername man het eendag gesê die Afrikaner is so ordentlik hy sal nog doodgaan daarvan. Kom ons laat staan ons ordentlikheid en veg vir wat reg is!

Tollie Louw ·

As oud-student (en oud-SR-lid) wil ek heelhartig met Martin Pretorius hierbo saamstem. Hierdie is ‘n georganiseerde polities-geaktiveerde optrede om die Afrikaanssprekende (noem dit ook WIT) te terroriseer en te traumatiseer. Wanneer gaan ons opstaan en ook ons stem dik maak. Ek het tans twee kinders wat aan die US studeer en hulle kwalifiseer nie vir beurse nie – hulle is nie voorheen-benadeeld nie. Enige aanname rakende rassisme (wit vs swart) word sonder enige twyfel as die waarheid aanvaar – ook in hierdie geval van LUISTER! Wat van die omgekeerde rassisme? Ek beleef dit daagliks in die besigheidswêreld – BEE, Regstellende Aksie, ens!

Emile ·

“Helfte van studentetal swart…”

Kleurlinge, wie se moeder- en onderrigtaal Afrikaans is, maak bykans 80-90% van Stellenbosch “swart” studente uit. Dit in ag geneem is 90%+ van die studente se onderrigtaal Afrikaans, maar dit moet nou verander word omdat …

Emile ·

Die US het ‘n eenvoudige antoord vir die LUR:

“Sodra ons die ‘Luister’-video beweringe ondersoek het kan ons ‘n ingeligte antwoord gee….”

Mariaan ·

Die video is gemaak vir propaganda en nou glo mense dit. Hulle ontwrig ander studente met hulle stakings, maar daaroor word niks gese nie. Kyk maar net na die video van gister se oproerigheid by Potch. Hulle ruk staalhekke om dit oop te kry. Die klomp is beslis nie vredeliewend nie. Hulle WIL moeilikheid maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.