US-blackface: ‘DStv sal ‘X-Files’ van die televisie moet haal’

black-pers-face-stellenboschDie hele kwessie rondom die sogenaamde pers “blackface”-geval by die Universiteit Stellenbosch (US) is gek.

Dit is die mening van adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys. Volgens Alberts is dit só gek dat die logiese gevolg van die denke van Open Stellenbosch en die ondersoek van die US-owerhede daarop neerkom dat DStv gedwing sal moet word om die program X-Files van die Fox-kanaal te verwyder weens rassisme.

“Enige gesprek tussen die FBI-agente Fox Mulder en Dana Scully oor “aliens” sal as rassisme beskou kan word. Dit sal nog erger wees indien enige buiteruimtelike wesens gewys word. Sou enige [van hulle] pers wees, sou dit onvergeefbaar wees,” het Alberts gesê.

Hy sê dit is duidelik dat rassistiese oorwegings nie ʼn rol gespeel het in die studente se kostuums en voorkoms nie en dat daar dus nie ʼn prima facie-saak uit te maak is teen die studente nie. “Tog gaan die US-bestuur voort om die saak te ondersoek en die studente te onderwerp aan die sielkundige gevolge van vervolging. Die denkpolisie by die US, soos gerig deur Open Stellenbosch, is besig om hierdeur ʼn gekke, maar gevaarlike kultuur van onderdrukking van die grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking te skep.”

Volgens Alberts moet ʼn universiteit juis ʼn forum vir vrye en kreatiewe denke daarstel. “Dit lyk of die US nou die verpersoonliking word van die staat in George Orwell se 1984. Die ironie van Open Stellenbosch se invloed op die US-bestuur kan ook nie uit die oog verloor word nie. Die US wat veronderstel is om ʼn universiteit in die besonder vir die Afrikaanssprekende minderheid op nasionale vlak te wees, maar daardie mandaat versaak het, laat ter wille van politieke gedienstigheid toe dat ʼn minderheid op kampus die US-bestuur se beleid stuur ten gunste van die meerderheid op nasionale vlak. Daarmee versaak die US sy grondwetlike en internasionaal-regtelike plig teenoor minderhede in Suid-Afrika.”

Alberts het gesê die US moet hom eerder by uitnemende hoër onderrig in Afrikaans bepaal. “Vandag presteer talle voormalige studente wat in Afrikaans onderrig is wêreldwyd sonder enige nadeel weens hul Afrikaanse onderrig en grootword-wêreld. Trouens, dis juis vanweë onderrig in hul moedertaal dat hulle so presteer in Engels-, Spaans-, Frans- en selfs Mandarynssprekende lande. Indien die US-bestuur so ʼn beginselvaste geloof het in transformasie wat die nasionale demografie moet reflekteer, moet hulle die morele leierskap neem en bedank en etnies swart persone in hulle eie poste aanstel. Anders moet hulle eerder stilbly en die US bestuur as ʼn instelling wat moedertaalonderrig in Afrikaans respekteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

DPJ ·

Baie goeie artikel. Gaan dood geswyg word en voort beweeg van selfvernitiging.
Hoe gouer die dood in treë hoe beter.

chrisp ·

Dan is daar nog werklikwaar Afrikaanse mense wat wil verkondig dat engels die in ding is as jy gaan werk, veral oorse.

Louis ·

So belaglik kleinlik. Ek dink net Leon Schuster moet dalk land uit vlug want as die sirkus hom gaan aan kla vir blackface is dit tickets met hom.

Conrad ·

Louis, ek dink Leon Schuster het die ding gesien kom en dit is hoekom hy gestop het om die flieks te maak. Hehehehe. Hy was bang hy word ook gedagvaar/geskors/oor-die-vingers-getik.

Paul ·

Hierdie probleme het alles begin toe die huidige rektor daar oorgeneem het. Ek weet nie hoe dit moontlik was dat De Villiers daar aangestel is nie

Berhalet Beukes ·

Maklik… Hy het baie sitvlakke gesoen om die posisie te kry!

Eric ·

Dit is reg DAT iemand darem sy se se.In hierdie land word allies hit verband geruk. Gekleurde gesigte is rassisme.? Boe dis onsin.so gaan dit. Myne is gevaarlik. Inderdaad ja maar hoeveel mense gaan daar dood? Kom ons kyn net gou. Hoeveel word op plase vermoor. Hoeveel gaan op paaie dood. Wat doen ons geliefde regeering aan dit niks man niks in vergelyking met sec 54 op myne nie. So word ons ekonomie opgedons maarhoor hoor hulle nie. Kyk hoe skoon moet dit op myne wees maar in plakkerskamppe jy kan net jou kop skut.

Johan 2 ·

Dit laat my nou dink. Wat van die Kaapse Klopse. Hulle is wit en swart geverf.

Wat-ek-lees ·

Hulle is egter korrek geverf, nl. 80% swart en 20% wit.

Theo ·

VF Plus, julle is spreekwoordelik mosterd na die maal. In ieder geval, welkom by die gesprek.

chrisp ·

Theo. Ek stem hulle kon werklik meer spoed aangesit het. Ons wag egter nog vir die DA. Soos altyd.

Conrad ·

Ek wonder waar is die DA. Dit is egter verkiesingstyd en hulle is stil… Baie snaaks dat hulle nog nie hulle sê gesê het nie. Dalk is hulle bang om iets te sê. Hulle word dalk van die verkiesings blaaidjie afgehaal.

Pappa Beer ·

Se my net gou, met al hierdie absolute twak en waansin, is daar darem nog studente wat actually klas toe gaan, iets leer en dit dan gaan swot vir die eksamen? Jy weet, soos n universiteit veronderstel is om te loop?

Elizabeth ·

Soos ek gister al gesê het: Wanneer begin die universiteit fokus op hulle kernbesigheid waarvoor hulle kliënte betaal??? Dit is hulle plig om wêreldklas vakspesialiste die lewe in te stuur. Gaan die klasse darem voort, of gee niemand om nie?

Benito Odendal ·

Ek’s ‘n expat….. word op die hande gedra……my opleiding , werksetiek , pligsbesef en lojaliteit word geprys !!! Ander Suid Afrikaners hier uiters bevoeg , baie gewild en oral in aanvraag…… …… Ons opleiding was regtig van die beste in die wereld GEWEES en dit wys soooo dem duidelik oral waar jy Janne ,Piete , Kose en Gerte hier sien wat net ” a cut above the rest ” is .As jou patetiese wereldjie van minderwaardigheid , jaloesie en self opgelegte rugraatloosheid jou DWING om iemand anders te misbruik , sleg of verdag te probeer maak en om elke hoek en draai te teister ,…. ten einde jouself goed , beter of meer aanvaarbaar te laat lyk , ,,,,,,het JY die stryd teen JOUSELF verloor ……. jy kan maar handoek ingooi…….jy het die graad PATETELOGIE ge CUM !!!!…….Waar die BESTUUR , dosente en die ” Entitled ” studente hul tans by UP bevind deur juis bogenoemde moet hul dus self besluit of hul regtig onnosel, pateties of net totaal onbevoeg is …….Die res van die gemiddeldes bepaal hul maar intussen by hul studies en gesonde studente pret ……..hoe die komedie gaan uitspeel en wie vir wie gaan opoffer skeel die “gewones ” , die REGTE STUDENTE soos in glad nie !!!………” Small things will always amuze small minds “… terwyl… “Great minds think alike “……….. Ag tog en dan is ons nog boonop in die jaar van die ” monkey ” ………… ( Monkey see Monkey do Sindroom….. hier kom die brigade !!!! )…..WAT NOG !!!! ????……

joe ·

Die rek toe laat my dink aan nog n’ “De” wat ons verraai het nl Mnr. Klerk. Mmmmmmm

Benito Odendal ·

O wee o wee my land het ‘n ” ietsie ” geword !!!!….Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie voor die Maties se agter deur……Hoop dis kort genoeg O’ GROOT GENERAAL van Maroela !!!……..May the year of the monkey bring us joy and comedy in abundance….

Frik Lotz ·

Die hele ding is belaglik en kinderagtig. Geen wonder ons land lyk soos hy lyk nie. Goed gedoen Adv. Anton Alberts en VF Plus. Enigste party wat nog nugter dink oor als!

Pietertjie ·

HOOR-HOOR! Hierdie landjie van ons is wragtag besig om in ‘n piesang-plaas te verander: daar is nie eens meer sprake van ‘n Republiek nie. Ek wonder hoe styf mag ons dames hulle hare krul voordat dít ook rassisties gaan wees?

Max Berg ·

Apies hou van piesangs ! Dit is hoekom ons n piesang-plaas is !

Joss ·

DA begin en staan op vir die Afrikaans sprekende mense!! Raak onslae van De Villiers vd US. Sal graag wil weet hoe het hy daar in gekom as rektor.

Winston ·

Small things amuse small minds. Welkom in SA. Kan nie verstaan hoe so n klein stukkie studente pret uit verband geskeur word nie. Soos een piesang in n hok vol honger ape. Pateties en belaglik

Bach ·

Winston jy moet versigtig wees want die woord ape is rassisties!

Chris N ·

Wel, as my insette telkens nie geplaas word nie, dan is my periodieke finansiële skenkings seker ook nie meer goed genoeg nie????

adrian ·

Open stellenbosch bestuur is bo verdenking. Wie is hulle waar kom hulle vandaan dalk kommuniste onder n baadjie. Die klein groepie beheer n groot instansie en Wim dans saam ..vra net

Nicolise ·

Dan is die Kaapse klopse ook mos rassiste want hulle verf hulle gesigte wit

Marie ·

Nou wonder ek die swart vrouens wat hulle gesigte so wit smeer………..

Berhalet Beukes ·

Alle maatskappye haal dadelik julle haarkrul produkte die mark af…. Hier kom ‘n ding!

Elizabeth ·

Wanneer begin Afrikaners om hulle klasgelde te weerhou tot hulle hul grondwetlike regte op US mag uitoefen? Kom ons kyk of US dit sal maak sonder Afrikanergeld!

Theo ·

Ag, as n mens die “Open Stellenbosch” net kon weg wens, maar nou ja, hulle is daar om te bly en gaan nog gereeld in die toekoms soos pas hulle naam krater maak. Gelukkig verstaan mens hulle denkrigting en kan daarom werk. My probleem is egter met die US bestuur wat hierdie hele saak soos laerskool kinders hanteer het. Erns moet koppe rol, verseker. Solidariteit het n petisie vir die instelling van n mosie van wantroue teen die US bestuur. Ek het dit geteken as dit enigsins sal help om van die slap gewrigte ontslae te raak.

jaco ·

Die twee studente moet eintlik bly wees dat hulle geskors is. Waar met hulle natuurlike wit velkleur sal hulle eendag werk kry wanneer hulle hulle universiteitsgrade gekry het???

marlene ·

en onthou net, jy mag ook nie bobbejaan of aap uitrustings dra nie, want as party mense hulle self herken soos in die aliens geval, dan is jy in die moeilikheid!!!!

Johannes Meintjes ·

Mens sou hoop dat die twee studente waarvan nou onverskillig slaansakke gemaak word, elders ‘n beurs by ‘n meer objektiewe akademiese instansie sal kan verwerf, terwyl die US se bestuursrade vervang word met mense van die nodige statuur, inbors en nering. Intussen hoop mens ook dat internasionale akademiese en ander navorsingsinstansies hulle borgskappe op objektiewe wyse na verdienstige universiteite sal verskuif.

tamboti ·

Alles wat deur die Afrikaners tot stand gebring is en tot internationaal erkende hoogtes ontwikkel is, ook ons infrastruktuur en woongebiede, word geteiken om oorgeneem en afgebreek te word. Die standaarde is eerste wat in die slag bly, daarna die prestasie en ook die uiterlike voorkoms, als word gesteel , gebreek of besoedel tot in so ‘n mate dat dit ‘n skaamte is en dat ons self die “naam” wil verwyder om sodoende dit ‘n genadedood te gee.
Maar ons Volk en Taal sal hul nie breek nie!!!!

Marinda ·

Duidelik is sommige mnse kleurblind. Dink net, dalk lyk wit ook een vd dae soos swart…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.