US gaan nie ‘swart gesig’-studente vervolg

Die foto wat op sosiale media versprei is

Die foto wat op sosiale media versprei is

Die Universiteit Stellenbosch (US) gaan nie dissiplinêr optree teen die studente wat op ʼn foto met swart gesmeerde gesigte verskyn het nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aanwend.

“Die universiteitsbestuur het Vrydag die ondersoekspan se aanbeveling aanvaar dat daar nie dissiplinêr teen Michael Weaver, Ross Bartlett en Mark Burman opgetree word nie,” het die US in ʼn verklaring gesê.

Die drie studente het op 20 September ʼn vriend se 21ste verjaardagpartytjie by AmaZink in Kayamandi bygewoon. Die tema van die partytjie was “Twinning” wat verwys na tweelinge wat ook wenners is. Bartlett en Burman het besluit om soos die tennissusters Venus en Serena Williams aan te trek. Weaver het ʼn foto van hom saam met Bartlett en Burman op sosiale media geplaas.

Die universiteit het kort hierna aangekondig dat hy gaan ondersoek instel na die voorval. “Die voortsetting van kritiese debatte en versoenende gesprekke is vir die US se studentegemeenskap van veel groter waarde as optrede teen die studente wat verlede week ná ’n verjaardagpartytjie sosiale media aan die gons gehad het,” het die US Maandag gesê.

Volgens die universiteit het die drie studente onderneem om op verskillende studenteforums aan verdere gesprekke deel te neem. “Dit is om te help om verhoudings te herstel nadat hul optrede tot afkeur en gekrenktheid gelei het.”

Die foto is ook op sosiale media versprei

Die foto is ook op sosiale media versprei

Prof. Leopoldt van Huyssteen, waarnemende rektor en visekanselier van die US, het gesê die universiteit se bestuur beskou die voorval steeds in ’n baie ernstige lig. “Hoewel die ondersoek die studente se verklaring bevestig dat hulle die mondigwording van tweelingvriende in ’n restaurant in Kayamandi se toerisme-korridor bygewoon het, en dat hulle soos ander gaste ook volgens die ‘twinning’-tema aangetrek het, vereis ons land se geskiedenis en kwesbare verhoudings dat ons sensitief behoort te wees vir uitsprake, optrede en terminologie wat kan kwets en aanstoot gee,” het Van Huyssteen gesê.

Volgens hom was die gebeure van die afgelope week vir die betrokke studente en die kampusgemeenskap ’n waardevolle leerervaring. “Die voorval het die leierskap van ons pasverkose Studenteraad (SR) en Simonsberg se huiskomitee vroeg in hul termyne getoets. Ons studenteleierskapstrukture moet ons juis help om ’n verwelkomende kultuur op ons kampus te skep, en daarom was dit verblydend dat die SR en die huiskomitee sterk standpunt ingeneem het teen enige vorm van onsensitiewe optrede. Die US sal hierdie negatiewe voorval gebruik om oop gesprek ter wille van groter wedersydse begrip op ons kampusse aan te moedig.”

Lees ook:
US-studente sê oor ‘swart-gesig’-foto
US ondersoek ook ‘n ‘swart-gesig-foto’
“Swart gesig”-ondersoek duur voort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George Barnard ·

Dan dring ons daarop aan dat swart mense hulle hare soos blanke Vrouen dra ook aangekla moet word want hulle tas ons eer ek karakter aan met hulle reguit hare waar hulle ons Blankes na aap AuB tree op teen die swart mense wat hulle hare soos die B lankes dra,want ek beskou dit ook as onsensetiewe optrede teenoor die Blanke

steps ·

Daar word niks gesê van die straathoek mense wat hulle gesigte wit verf en met stokke of balle speel nie. Wit mens maak gesig swart groot probleem. Swart mens maak gesig wit geen probleem. Belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.