US ‘jammer’ oor beperking van Afrikaans

(Foto: Universiteit Stellenbosch/Facebook)

Die Universiteit Stellenbosch (US) sê hy vra “onomwonde verskoning” aan alle studente in die koshuise Minerva en Irene wat deur praktyke gedurende die verwelkomingsweek in 2021 geraak is, en wat gevoel het hul menseregte en waardigheid is aangetas deurdat hulle nie toegelaat is om Afrikaans in ʼn sosiale konteks te praat nie. 

Dié verskoning volg nadat die Menseregtekommissie (MRK) vroeër bevind het dat die US wél studente se regte geskend het deur hulle te verbied om Afrikaans te praat. 

Die universiteit het Maandag aangedui dat daar wel aspekte in die MRK se verslag oor taal by die universiteit se koshuise gedurende die 2021-verwelkomingstydperk is waarop die US moontlik meer volledig sal wil reageer “en moontlik selfs wil betwis”.

“Die universiteit beoog egter nie om die inwerkingstelling van die kern van die MRK se regstellende optrede en aanbeveling tot die datum wat die kommissie bepaal het (13 Mei 2023), te vertraag nie.

“Die US herhaal ook sy vorige verklarings dat die soort optrede wat in die MRK se verslag uiteengesit is en wat die gebruik van Afrikaans in koshuise beperk het, verkeerd is en nooit moes gebeur het nie. Soos die MRK aangedui het, sou die universiteit se taalbeleid nie toegelaat het dat enige student verhoed word om die taal van hulle keuse in koshuise te praat nie.”

Die universiteit sê hy win tans regsadvies in oor aspekte van die kommissie se verslag waarop hy meer volledig kommentaar sal wil lewer.

“Die universiteit verwelkom egter die MRK se bevinding dat daar nie ‘’n flagrante en gekonsentreerde verbod op Afrikaans was wat deur ’n gesamentlike poging van die US en sekere individue in die bestuur aangevuur en gemotiveer is om Afrikaans by die US uit te roei nie’.”

Die US sê hy sal voortgaan met sy opleiding aan studenteleiers oor die toepassing van die US se taalbeleid – soos ook deur die MRK vereis.

“Ons bevestig terselfdertyd ons verbintenis tot ’n meertalige, multikulturele universiteit wat menseregte en waardigheid respekteer en waar al ons belanghebbers welkom voel.”

DA verwelkom verskoning, maar…

Die DA sê hy verwelkom die US se openbare en “ondubbelsinnige” verskoning aan studente, maar dat daar ook kennis geneem moet word van berigte dat dieselfde taalbeperkings glo tydens die 2023-verwelkomingstydperk herhaal is.

“Terwyl ons die MRK-verslag as ’n baie betekenisvolle oorwinning vir taalregte beskou en die US se verskoning en onderneming verwelkom om hul foute reg te stel, moet daar kennis geneem word van die berigte dat ʼn soortgelyke verbod op Afrikaans weer tydens die 2023-verwelkomingstydperk opgeduik het,” het dr. Leon Schreiber, DA-LP en US-raadslid, gesê.

“Die lakmoestoets van die universiteit se toewyding om nooit ’n herhaling van hierdie menseregteskendings toe te laat nie, sal sy vermoë wees om die daad by die woord te voeg. En sou sulke onaanvaarbare oortredings herhaal word, hoop ons ook dat dit nie nog ’n MRK-saak, en meer as twee jaar, sal neem vir die universiteit om op te tree teen enige persoon wat die gebruik van ’n inheemse taal probeer verbied nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Di ·

AG ASB! Nou dat die saak by die Menseregtekommissie aangemeld is, is hulle nou skielik bitter jammer!! Dis te laat, DIT moes in die eerste plek NOOIT gebeur het nie. Wys mens net hulle kyk waar hulle kan wegkom met die snert!

domheks ·

Jammer dat US vir al die verkeerde redes die nuus haal. Kry julle nie SKAMM nie? Veral wim!

Papsak ·

Ag jammer US julle dink net aan snert dankie laat die menseregtekommiesie op gestaan het vir afrikaans bravo

Althes ·

Jul universiteit het genoeg skade aangerig. Los jul politiekery uit universiteite. Dis ñ plek waar studente moet studeer, nie om aan onnodige spanning blootgestel te word nie.

Geert ·

Dit sou baitter interesant wees om te kan verstaan hoe n meertalige en multikulturele universiteit in die praktyk bedryf word. Klink vir my baie na chaotiese toestand sou hulle dit werklik doen. Klink meer om verengelsing oor die medium termyn teweeg te bring.

Hennie Biebouw ·

En wat word van die SR-lede wat dit op hulself geneem het om die verbod op Afrikaans af te dwing? Of het die instruksies van hoër gekom?

Alex ·

Ek wil net graag iets weet. Sou ek Afrikaans gepraat get in die koshuis, wat sal hulle aan my gedoen het? Jy mag enige taal praat, net nie Afrikaans nie. Sou hulle my uutgegooi het, geskiet het, beboet het (wat ek ook nie sal betaal nie). Wat? Ek soek net n antwoord hierop

Oompievis ·

ń Wanhopige poging van ń spul burokrate om kwansuis jammer te sê oor ń kapings poging wat in hul gesigte ontplof het.
Papbroekige “hensopers” wat baie duidelik die bakermat van Afrikaanse tersiere opleiding wil dwing om oor te gee aan die versoeke van anarchistiese aanspraakmakers wat in der waarheid geen reg het behalwe om opgevoed te word nie.

Dieselfde mense wat kla dat Afrikaans nie ń akademiese taal is nie. Wat het hul voorgangers gedoen?
Hulle het met puik navorsing, sweet en baie toewyding akademiese materiaal toegevoeg tot die kurrikulum wat US geneem het tot ongekende hoogtes.

Jammer is maar altyd ń betwyfelwaardige ou woordtjie.

Grassie ·

Om te sê hulle is jammer is net nog ‘n liegstorie. Hul “jammerte” is bloot krokodiltrane.

Jakkie ·

Ek twyfel aan “ jammer”, my Afrikaanse onderwyser het destyds gesê gebruik liefs skuus dis beter Afrikaans as jammer…..

Vonny ·

US jinne kry jul nie skaam????
Ons hoor nooit iets wow wat by jul gebeur.
Soos bv wen die varsity cup!!!

TRP ·

ASB US moet nie deel word van die probleem nie. My dogter se grootste droom is hierdie Universiteit en hoe maak mens ‘n 17 jarige wakker om ‘n nagmerrie te leef? Ons kinders verdien nie hierdie nie.

Nettie ·

Afrikaners – PRAAT nou julle taal. Orals op die kampus. SOVEEL as moontlik. Skree dit uit. Sing dit. Wys vir hulle julle is nie bang nie en sal julle taal praat. Wees trots op julle pragtige taal.

US: Ons hou julle dop. Moet dit vir geen oomblik vergeet nie.

Afrikaners het OOK regte. En ons SAL veg vir ons s’n. Maak nie saak hoeveel julle ons haat en onderdruk op ‘n universiteit wat deur ONS Afrikaner voorouers gebou is met ONS geld, deur ONS vindingrykheid, vir ONS kinders nie. Dis Afrikaner s’n en sal ons s’n bly. Julle is tydelik in beheer. NET tydelik. Binnekort gaan als verander, en julle gaan julle haat en nyd teenoor ons berou.

JohanR ·

Wie het in die eerste plek die besluit geneem? Dom besluit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.