US-koshuisstudente gemaan oor Afrikaans

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch (US) is blykbaar weer onder skoot nadat Afrikaanssprekende inwoners van minstens twee dameskoshuise tydens verwelkomingsweek aangesê is om slegs Engels met mekaar en besoekende ouers te praat. Dit, selfs al is almal teenwoordig Afrikaans.

Die DA en die Afrikaanse Taalraad het Maandag sy ontevredenheid uitgespreek nadat klagtes ontvang is van studente wat sê die maatreël is blykbaar ingestel om progressiwiteit en inklusiwiteit te bevorder. Na wat verneem word, is dit egter nie op anderstaliges van toepassing nie.

’n Afvaardiging van die DA gaan nou Stellenbosch besoek om sy steun aan die betrokke Afrikaanse studente toe te sê en poog om klagtes te konsolideer ten einde ʼn saak by die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig te maak.

Die Afrikaanse Taalraad het ook ’n gesprek met die universiteit aangevra. Die onafhanklike studenteorganisasie StudentePlein het intussen klagtes namens “geïntimideerde” eerstejaarstudente ingedien.

Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle het verlede week ’n klagte van ’n ouer ontvang oor die beweerde “afdwinging van Engels as verpligte omgangstaal” by ’n Stellenbosse dameskoshuis.

Die Afrikaanse Taalraad het ondersoek ingestel en kon bevestig dat inwoners van Irene en Minerva tydens verwelkomingsweek aangesê is om slegs Engels te praat.

“Hierdie kinders kom pas uit matriek met groot opwinding universiteit toe en dís hul eerste ervaring.”

Die raad erken dat taalgebruik in koshuise landswyd ʼn kwessie is, in so ver dit ʼn atmosfeer van insluiting moet skep. “Maar die afdwing van Engelse eentaligheid – veral op hierdie outokratiese manier – is nie die antwoord nie. Dit skend basiese taalkundige en kulturele regte. Dit ontstel en verdeel, veral indien dit blyk dat anderstaliges nie deur die verbod geraak word nie. Dit skep ook vrees vir vergelding en verbittering aan die kant van diegene wat die maatreëls as onredelik beskou.”

Universiteit Stellenbosch (Foto: US)

Tian Alberts, voorsitter van StudentePlein, sê dié organisasie het namens sy lede ʼn formele klag by die universiteit ingedien aangesien studente nie graag hulself wil blootstel deur self ’n klagte in te dien nie. Die organisasie verteenwoordig studente van agt fakulteite en verskeie koshuise. Die meerderheid van sy lede is eerstejaarstudente.

“Dit is belaglik om te verwag dat ’n eerstejaarstudent ’n klag moet indien nadat hulle reeds geïntimideer is.”

Volgens Alberts lyk dit boonop of daar selfs meer dameskoshuise is wat hul inwoners aangesê het om slegs Engels tydens verwelkomingsweek te praat. “Dit is [tekenend] van wat in die klasse gebeur. Ons is geskok dat dit nou deurgesyfer het tot in informele kommunikasie.”

Martin Viljoen, US-woordvoerder, sê dit is nie die US se beleid dat slegs Engels in koshuise gebruik mag word, of dat studente nie Afrikaans mag praat nie. “Die universiteit neem kennis van die ongelukkigheid en gaan meer inligting oor die saak inwin. Studente word aangemoedig om die klagteprosedure soos uiteengesit in die universiteit se taalbeleid te volg.”

Hy sê studenteleiers, ook diegene in koshuise, behoort geloof te word vir hul veerkragtigheid om die uitdaging van gemeenskaplike leefruimtes in geleenthede vir groei en ’n viering van diversiteit te omskep. “Ons studente het nie net verskillende taalvoorkeure nie, maar is ook van verskillende lande afkomstig. Hulle kan nie elkeen se taal vlot praat nie, maar almal kan ten minste Engels verstaan.

“Daarom word Engels meesal in koshuise tydens die verwelkomingsperiode gebruik om inklusiwiteit wat betref formele byeenkomste en gespreksgeleenthede te verseker. Dit is in ooreenstemming met die taalbeleid, wat lui dat taal in koshuise en ander leefomgewings op so ʼn wyse gebruik word dat, waar dit redelikerwys uitvoerbaar is, geen belanghebbende uitgesluit word van deelname aan enige formele aktiwiteite in hierdie omgewings nie. As studente enige ander taal binne of buite hul kamers wil praat tydens informele aktiwiteite sonder om iemand uit te sluit, bevorder dit veeltaligheid – iets waarna die taalbeleid streef.”

Hy sê die universiteit se taalbeleid beoog om uitvoering te gee aan artikel 29(2) van die Grondwet wat betref taalgebruik in sy akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste. “Die beleid beoog om billike toegang tot die US vir alle studente en personeellede uit te brei en om pedagogies verantwoordbare onderrig en leer te fasiliteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Stof ·

‘n Bekende stelling lui: Waarom word die veldtogte teen kolonialisasie, in die taal van die kolonis gevoer?

Deon ·

Dis hoe dit werk, op die oomblik, laat die skelm en korrupte, die ander skelm en korrupte ondersoek…. Snaakse denkwyse

Willem ·

Maar hulle mag hul vieslike tale praat!!!!!!!ANC voetsek!!!!!!!

Sarel ·

Onderdrukking van Afrikaans en dit op Steljenbosch
Die Woordvoerder prast klomp snert dit gazn oor onderdrukking van Afrikaans

Stefaan ·

Leer hulle nie uit die geskiedenis nie. Dit sal nie die eerste keer wees wat n regering probeer om ons taal te onderdruk nie. Niemand kon dit nog regkry nie en niemand sal dit regkry nie.

agnes ·

Dis blatante rassisme, ons vra vir n Afrikaanse universiteit. Dit sal in elk geval beter wees in opleiding en beter georganiseerd wees

Anton ·

Dink net as die opskrif was: US-koshuis studente gemaan oor Xhosa. Die Minister van “Onderwys” was binne twee minute daar

Misky ·

SA het 11 amptelike tale, so jy kan mos nie sê een het voorkeur bo n ander nie.

Loop tsek man!!!!

Suzette ·

Soos ek al gesê het – ons is in die pylvak na die einde…. Hierdie land is in sy maai en moenie regverdigheid verwag nie. Dit is nie in die woordeskat van die regeerders nie.

Kirst ·

Meeste mense vergeet gewoonlik dat die meerderheid Afrikaans sprekendes nie wit is nie. So nou word die wit kinders wat geen aandeel aan die vorige bedeling gehad het, saam met die bruin kinders wat nog lank nie tydens die vorige bedeling gebore was nie gestraf (wie weet waarvoor) en mag nie hulle moedertaal praat nie.
Dan moet my kinders (nou 6 en 4) maar eerder uit die staanspoor oorsee gaan studeer eendag, as hulle nie hier eers hulle moedertaal mag praat in die koshuis nie. En Stellenbosch is die naaste universiteit aan waar ons woon.

Mari ·

En wat gaan hulle doen as daar nie gehoor gegee word nie? mmmmm??
Ek daag julle uit …. daar is nie pille vir arogansie nie …. hemel, hulle moet darem verskriklik minderwaardig voel!!!

4ntj13 ·

Éi dink dis HOOG tyd om oorsese joernsliste (in Engels én ander Europese tale, en selfs Chinees) te kry om wóés hieroor te skryf orals. MRK het nie juis meer invloed nie…

Debby ·

Sal afrikaans praat en die nar wat my nie verstaan nie is nie my probleem nie. Kry n woordeboek

koos10 ·

Die MRK gaan NIKS doen nie. Hulle is daar om die blanke en sy taal te onderdruk.

SwartBees ·

Hoekom inskryf by n afrikaanse universieteit en dan engels afdwing!?!?!? Moedswilligheid?

AH ·

Dit is almal se reg om in die taal van jou keuse met jou mense te praat! Bid jou dit aan dat ek nie met my beste vriendin in ons altwee se moedertaal mag kommunikeer nie! Dit is verregaande en stiksienig en dit doen niemand ‘n guns nie!! Is die idee nie dat die diversiteit juis tot almal se voordeel moet strek sodat almal mekaar se taal, kleur en kultuur moet leer verstaan en eerbiedig nie? Nou moet die Afrikaanssprekendes weer gesmoelband word asof ons taal onbetaamlik is!

Vernon ·

Word dieselfde beleid toegepas by institute in amper uitsluitlik swart koshuise? Absurd. Hulle mag seker ook nie hoë Engels praat nie dan is dit ook anti-transformasie.

VaalDonkie ·

Jy weet, toe ek by ‘n restaurant gewerk het, het ons ook so drie verskillende tale gehad. En ons het self uitgewerk die swartes kan Xhosa en Engels verstaan, die kleurlinge van Bellville kan Engels praat, maar maak of hulle nie Afrikaans kan praat nie, en die wittes kon Engels en Afrikaans praat. So het ons maar probeer elke ou in sy eie taal, of alternatief in engels aan te spreek. geen reels was nodig nie want ons was nie dom nie.

Keith ·

Kan jy dit glo ? I’m english speaking, but tweetalig, and i always believed and accepted that Maties was and is an Afrikaans University. Why don’t “they” go to Wits if they want to learn/speak in english. This is crazy verby.

Botterblommetjie ·

Ek is jammer om die Afrikaanssprekendes ens se babbel te bars…. KYK na alle nuus en stel dit saam…. hulle vra nie meer nie, hulle doen… hulle is besig om die web so styf te span dat daar meer wanhoop gaan wees… Die DA, VF ens. en ons kan maar skop en skree… hulle gaan nou net voort sonder raadpleging ens. Gaan op “google maps” in en tik Port Elizabeth in – klaar verander. Hulle vra nie toestemming nie hulle doen. BEE ens gaan al hoe meer ‘n werklikheid raak en ons is nie ingesluit nie, hulle gaan oorneem/vat. Wette word subtiel verander en ons staan in Zombi mode.. want ons is magteloos…. Reverse phycology word gebruik in die media en oral… Ek as Christen is nie blind nie, al wat ek op vertrou is my Hemelse Vader (3 enige God)… As blanke vrou is ek magteloos, my krag sit in Gebed.

Gert ·

Ek het jare terug al, nadat ek ‘n skrywe aan U.S. ter verduideliking gestuur het , gese die U.S. het toe al ‘n instansie van IDIOTIESE grondslag gedord!!!

Danie ·

Dit het jy met ñ spul snobs wat almal wil voorskryf en polities korrek wil wees om te kruip voor die anc. Soos ander kommentators, sê ek ook voertsek met hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.