US kry wind van voor oor Afrikaans

afrikaans-sal-bly

Dié foto is in 2017 in Stellenbosch geneem. (Foto: Facebook)

Die kat is behoorlik in die taal-duiwehok by die Universiteit Stellenbosch (US) oor die jongste skynbare teenkanting teen die gebruik van Afrikaans op die kampus. Die US-senaat sal boonop dié week ʼn voorstel oorweeg waarvolgens alle nuwe kursusse tydens die eerste semester slegs in Engels aangebied mag word. Kenners meen dié besluit sal deurslaggewend wees om die universiteit se werklike houding jeens Afrikaans en meertaligheid te bepaal.

Universiteitsowerhede probeer tans vure doodslaan oor voorvalle op die kampus op Stellenbosch sowel as op die Tygerberg- mediese kampus waar studente skynbaar verbied is om Afrikaans te gebruik – selfs in sosiale verkeer.

Die herrie het begin nadat huiskomiteelede van die Irene- en Minerva-dameskoshuis nuweling studente verbied het om Afrikaans te praat, selfs in informele gesprekke by die koshuise. Dit, sê die US-bestuur nou, was ʼn waninterpretasie deur oningeligte koshuisleiers van die universiteit se taalbeleid en is in stryd met die doelstellings van meertaligheid van hierdie beleid.

Maar taalkenners en voorstanders van die gebruik van Afrikaans stem nie hiermee saam nie.

“’n Mens moet hierdie gebeure teen die groter agtergrond van die algemene verengelsing van die US beoordeel. Dit is duidelik dat Engels as die openbare taal ‘wat almal mos verstaan’ op kampus bevorder word, terwyl die gebruik van Afrikaans as die probleemtaal afgeskaal word,” meen Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad (ATR).

“Dan wonder ʼn mens ook hoekom die universiteit so lank vat om op die klagtes oor die beweerde verbod op Afrikaans in koshuise en elders op te tree. Hulle kon immers in ander situasies blitsig reageer. Dit pla dat sommige koshuise steeds blyk te dink hulle het niks verkeerd gedoen nie. Daarby kry ʼn mens die gevoel die US besef nie werklik die ernstigheidsgraad van hierdie vergrype nie. Waar bly die reaksie?”

stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch.

Volgens Steenkamp is dit wel so dat goeie werk aan die US gedoen word om meertalige ondersteuning aan studente te gee, maar dit help nie die US blaas hierdie beuel terwyl daar terselfdertyd oorgeskakel word na eentalige Engelsmedium-onderrig nie. Dit verteenwoordig die aftakeling van tweetaligheid pleks van die ontwikkeling van ware meertaligheid aan dié instelling.

Steenkamp beklemtoon dit dat hierdie nie ʼn stryd teen Engels is nie, maar een om Afrikaans te behou.

“Dié agtergrond stem ʼn mens onrustig oor die fakulteite se voorstel dat nuwe kursusse tydens die eerste semester slegs in Engels aangebied mag word, ʼn afwyking van die taalbeleid. ʼn Mens twyfel sterk daaroor dat so ʼn besluit tydelik sal wees. Hierdie voorstel wat op 19 Maart voor die US-senaat dien, verteenwoordig die spreekwoordelike koeël deur die kerk. Dit beteken die einde van Afrikaans as onderrigsmedium aan die US.”

Tian Alberts, voorsitter van Studenteplein, ʼn onafhanklike studente-organisasie, het ook gesê die organisasie is bekommerd oor die gebrek aan optrede deur die US-bestuur.

“Die US-bestuur was verkeerd om eerstens sonder ondersoek te aanvaar dat hierdie voorvalle geïsoleer was, en tweedens om te impliseer dat nuwelinge ervarings rondom moedertaal beleef het wat nie werklik of waardig is nie. Intussen het dit ook aan die lig gekom dat soortgelyke voorvalle op die Tygerberg-kampus van die mediese fakulteit voorgekom het. Hoe is dit dan geïsoleerde voorvalle? Die US-bestuur het sover op ongeloofwaardige wyse uitgewys dat hierdie afdwinging nie sy beleid is nie, maar hy het nie die betrokke koshuisleiers se optrede uitdruklik gerepudieer nie,” meen Alberts. Studenteplein vergader binnekort met die universiteitsowerhede oor die aangeleentheid.

alana-bailey-afriforum-featured

Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum. (Foto: Reint Dykema)

Alana Bailey, hoof van kultuursake van AfriForum, sê die versoek om nuwe kursusse net in Engels aan te bied, is net nóg ’n voorval wat die US se gebrek aan verbintenis tot veeltaligheid, en meer spesifiek tot Afrikaans, illustreer.

“AfriForum heg min waarde aan die universiteit se verweer in die media dat die moontlike aanvaarding van hierdie voorstel ‘slegs ’n tydelike reëling in die eerste semester sal wees’.

“As eentalige onderrig nou skielik die enigste oplossing is, dui dit op ’n gebrek aan dienslewering aan ’n beduidende deel van die studentegemeenskap, ’n gebrek aan kreatiewe denke en aanpasbaarheid, maar bowenal ’n miskenning van die menseregte van alle betrokkenes.

“Die senaat se besluit oor hierdie versoek sal wel ’n aanduiding wees van die US se toekomstige verbintenis tot Afrikaans en meertaligheid. Die universiteit se nuwe taalbeleid wat in die vooruitsig gestel word, sal verder toon tot watter mate die bestuur se verbintenisse tot die bevordering van Afrikaanse studente se taalregte lippediens is, al dan nie,” meen Bailey.

Die US het by navraag bloot na sy webtuiste verwys waar uitvoerige verduidelikings vir die huidige kwessie gegee word.

Daar word gesê dat die US se studente nie net verskillende taalvoorkeure het nie, maar ook van verskillende lande afkomstig is. Hulle kan nie elkeen se taal vlot praat nie, maar almal kan ten minste Engels verstaan.

“Daarom gebruik studenteleiers in koshuise tydens die verwelkomingsperiode meestal Engels in formele byeenkomste om ’n atmosfeer van inklusiwiteit te skep, en sodat almal kan verstaan. Dit is in ooreenstemming met die taalbeleid se paragraaf 7.2.5 wat lui dat taal in koshuise en ander leefomgewings op so ʼn wyse gebruik word dat, waar dit redelikerwys uitvoerbaar is, geen belanghebbende uitgesluit word van deelname aan enige formele aktiwiteite in hierdie omgewings nie,” lui ʼn deel van die verklaring.

Volgens die verklaring is die kern van die US-taalbeleid steeds dat die universiteit verbind is tot die omgang met kennis in ’n diverse samelewing. Die taalbeleid beoog om uitvoering te gee aan artikel 29(2) van die Grondwet wat betref taalgebruik in sy akademiese, administratiewe, professionele en sosiale konteks. Die beleid beoog om billike toegang tot die US vir alle studente en personeellede uit te brei, om pedagogies verantwoordbare onderrig en leer te fasiliteer, en meertaligheid te bevorder.

John Steenhuisen by die Universiteit Stellenbosch. (Foto: Verskaf deur die DA)

Die DA het ook sterk teen die optrede van die US te velde getrek en het  ʼn afvaardiging onder leiding van die party-leier, John Steenhuisen, en die kiesafdelingshoof, dr. Leon Schreiber, na Stellenbosch gestuur om agter die kap van die byl te kom.

“Die probleem is duidelik sistemies en die krisis is vererger deur bewerings dat die universiteit van plan is om voortaan alle nuwe kursusse slegs in Engels aan te bied. Wat tans op Stellenbosch gebeur is ʼn skokkende oortreding van Afrikaanse studente se grondwetlike regte. Ten spyte van die universiteit se flou verskonings blyk dit dat hierdie jongste vergrype heeltemal strook met die gees van die 2016-taalbeleid, wat Afrikaans as ʼn gelyke onderrigtaal naas Engels afgeskaf het,” het Schreiber in ʼn verklaring laat blyk.

“Ons gaan formele klagte by die Menseregtekommissie en die taalregtekommissie indien. Ons doen ʼn beroep op hierdie grondwetlike instellings om die saak met dringendheid te ondersoek, aangesien hierdie kwessie van groot belang is vir ons Grondwet se strewe om ʼn nasie te bou waar diversiteit en meertaligheid as ʼn bate gesien word, eerder as ʼn las.

“Tot en met 2016 was Stellenbosch die laaste universiteit in die suidelike helfte van die land wat steeds onderrig in Afrikaans aangebied het. Na die 2016-besluit om Afrikaans as ʼn gelyke taal af te skaf, het vier miljoen Afrikaanssprekendes in die Wes- en Noord-Kaap nie meer toegang tot hoër onderwys in hul moedertaal nie. Dit is ten spyte van die feit dat Stellenbosch die vermoë het om in Afrikaans onderrig te bied – soos wat dit inderdaad vir meer as ʼn eeu lank gedoen het.

“Die aantal Afrikaanse studente neem af omdat Afrikaanse onderrig aanhoudend aangeval word, soos wat deur hierdie voorvalle bewys is. Hoe kan die universiteit verwag dat studente welkom voel op ʼn kampus waar hul geïntimideer en geviktimiseer word wanneer hul Afrikaans praat?”

Die DA gaan die veldtog ter verdediging van moedertaalonderrig op Stellenbosch verder verskerp en dring namens die miljoene Afrikaanssprekendes in die Wes-Kaap en Noord-Kaap daarop aan dat Afrikaans gelyk gemaak word met Engels aan die US en dat moedertaalonderrig uitgebrei word, nie aangeval word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

gatgogga ·

Wim de Villiers het nou al te veel skade gedoen deur sy taal-verraad.

Hendrik ·

Miskien kry hulle nou nie meer die skenkings wat hulle gekry het in die verlede nie. Liberaliste leer stadig.

JM ·

Ek, as Afrikaanssprekende skenker, sal onmiddellik enige skenking aan die US onttrek as Afrikaans as onderrigtaal verbied word.

Johann ·

Nie onderrig taal wat hulle probeer verbied nie, is die gebruik van die taal op kampus.

Cherokee ·

Ek sien in die digitale koerante beskryf net soveel onbekendes hulself as bydraers tot Afriforum se fonds. En ek glimlag.

Misky ·

Afrikaans het die US gebring en bou tot waar hy is vandag en was al die jare die “boustene” van die universiteit. Skaam julle en ons moedertaal so afbreek!!! Afrikaans is 1 van 11 amptelike tale in die land, ons het net soveel reg as enige ander taal en spesifiek engels.

Magda ·

Baie goeie vraag, Dis ook ons land maar as ons taal nie gepraat mag word nie – GEEN BELASTING DEUR AFRIKAANS SPREKENDE MENSE NIE – WIE STEM VIR DIT??

VaalDonkie ·

Hang af wie jy vra. As jy vir SARS vra, is dit JA. As jy my vra, is dit NEE.

Dup ·

Waarom is die sogenaamde “studenteleiers”. oningelig en wie se skuld is dit? Dra van hulle miskien rooi barets en is hulle ook deel van die bandebrand en vullisdrom omgooier kaders?
Ek wonder maar net waarom Engelssprekende en “wannebe” Engelssprekende studente nie dan na Engelse universiteite gaan nie.Dit gaan slegs oor transformasie van alles wat eens Afrikaans was en niks anders nie.

Wakkerslaper ·

Nee wat, net die begin van die einde van Stellenbosch Universiteit soos wat met elke ander Afrikaner universiteit gebeur het – KOVSIES, TUKKIES, RAU… noem maar op. Afrikaans word geheel en al op kampus en in kursusse verwyder, dan is die deure mooi oop vir enige “studênt” om te registreer, volgende word geëis dat name van geboue en koshuise verander word, dat studente ontgroening en kultuur afgestel word, dat sport, koshuise, lesings, studentelewe ens. meer “inklusief” moet wees om die meerderheid van die “studênts” se kultuur te pas… en uiteindelik verval die universiteit tot ‘n derde wêreldse hool van opstande en geweld omdat die “studênts” nie meer klasgelde wil betaal nie, maar steeds onderrig en grade wil hê ongeag…

Boon ·

Jammer,aar proZ- Afrikaans beteken beslis nie teen swart studente of ander kulture nie. Dit gaan enkel en alleen oor Afrikaans, gebore in Afrika vir Afrikaners en Afrikane.

Makoukie ·

US moet maar uitsluitlik die studente wat brand en vernietiging saai vir gratis tersiêre opleiding akkomodeer. Ander kampusse moet hierdie geleentheid gebruik om betalende Afrikaanse studente in te trek.

Natasha ·

Hier is ‘n goeie geleentheid vir werkskepping. Kry tolke en gehoorstukke sodat almal in die taal van hulle keuse onderrig kan ontvang en aanbied. Net soos internasionale leiers kommunikeer.

annie ·

Wim en sy baas (3 raaie, is lg ook Afrikaanssprekend?) is hoeka kop in een mus en slaan gelykstelling skynbaar hoog aan (ons wag op inligting oor gelyk aan wat). Hoekom dink die twee ere menere die Universiteit van Stellenbosch is hul eiendom waar hulle kan maak en breek nes hul wil? 25 jaar gelede was daar skaars swartmense in die Wes-Kaap en vandag demand hulle wyd en suid of is die demandese self verbaas oor al die toegeeflikhede vanuit hogere geledere.

Pieter ·

Dan moet die ANC net vir ou slim wim betaal ook. Dan moet ons afrikaans sprekendes ons geld maar net weg vat dit is al.

Barend ·

Dis lyk my dis ‘n poging om dosente wat nie Afrikaans magtig is nie aangestel te kry om al die B’s en E’s deur te druk.

Debbie ·

Is afrikaans nie ook een van die amptelike lands tale nie? Vra maar net. Ons afrikaners betaal ook belasting

Madz ·

Nog ‘n geleentheid vir Solidariteit se kampus om UIT te brei….. Ons sal SIEN hoe lank US kan bestaan as daar net vir die “agtergeblewenis” klas gegee word! Want duidelik is hulle ietwat stadig om te betaal…. go ahead! Make my day! Ongelukkig vir hulle DRAAI die wiel aanhoudend.

Sylvia ·

Wie het besluit “almal verstaan Engels” dit is die grootste klug wat daar bestaan, en dit is oorgeêrf van die Britse invloed, wat nog steeds ‘n klug leef en o die “wêreld” dink hulle is beter as gesnyde brood en konfyt daarop

Deon ·

Presies, wie het besluit almal verstaan engels, hier in die nama-khoi distrik sukkel meeste van die mense met afrikaans.

VaalDonkie ·

Mens is nie eens meer lus om snedige kommentaar te maak nie. begin ‘n hofsaak en plaas die bankbesonderhede sodat ek ‘n bydrae kan maak. Dagvaar die wit waks uit US uit, en gebruik daai geld om NOG ‘n Akademia kampus te bou.

Pandora ·

Sekerlik is die volgende stap om die naam van die Universiteit te verander… :(
As student het ek gedroom om binnekort my meestersgraad by US te voltooi.
As gevolg van bogenoemde artikel heroorweeg ek my opsies.

Ria ·

In watse staat bly ons. Hierdie is om van naar te word. Nazi Afrika

Boon ·

Groot dank en waardering aan die DA en Afriforum om die totale gebrek aan integriteot van US se rektor en bestuur insake 2016 se amptelike beleid insake Afrikaans se gelyke status met enige ander taal op die kampus. Field rektor behoort te bedank omdat sy geloofwaardigheid onder ernstige verdenking is.

Nici ·

Klink my die Afrikaanse belasting betaler mag nie in die Wes Kaap meer hul Afrikaans universiteit behou nie want studente van ander lande en diegene wat reeds toegang tot elke ander publieke universiteit in die land het, is belangriker. Dis tyd om geld te onttrek en nuwe geleenthede te skep.

Moedeloos ·

Ek wens hul wil eerder Engels verplig by alle Winkels sodat ons almal kan verstaan wat die kassier en die klient vir mekaar te sê het. Dis mos die taal wat almal verstaan ☺

Jackie ·

Akademia gaan in die volgende paar jaar ongekende groei beleef

Lourens CFG ·

Kan Soltech en Akkademia nie uitbrei om die Afrikaanse US studente te akkommodeer nie?
Dan kan Us maar verengels soos hy lus is, maar sonder die Afrikaanse studente se geld.

JohanR ·

Kan Maroela die name van die mense op die US-senaat verskaf, sodat ons kan weet wie hulle is. Te veel by US steek hulself weg!

Genis ·

Ek as Afrikaanse wit man sal my taal praat waar ek wil…en so terloops my beursie ook toe… As jy my taal haat, haat jy oom my geld

jzjz05 ·

Win de villiers is van die begin vir die verengsing van US,miskien glo hy die ANC en liberaalis sal hom vergoed vir wat hy besig is om tedoen

agnes ·

Dit is blatante rassenhaat ( rassisme) en mag nie toe gelaat word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.