US-mosies: ‘Doodsklok vir Afrikaans’

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het “vir alle praktiese doeleindes sy beleid van meertaligheid versaak en ʼn beleid van buigsaamheid, wat die doodsklok vir Afrikaans is, aanvaar”.

Dit is volgens adv. Jan Heunis, president van die Konvokasie van die US, nadat die raad Saterdag by ʼn buitengewone vergadering drie mosies oor taalimplementering aanvaar het.

Volgens die US het die raad taalimplementering breedvoerig bespreek en onder meer ʼn mosie aanvaar om ʼn amptelike subkomitee van die raad aan te stel, wat verantwoordelik sal wees vir aangeleenthede met betrekking tot die taalbeleid en taalplan.

In ʼn tweede mosie het die raad sy uitvoerende komitee versoek om ʼn onafhanklike persoon aan te stel om die onlangse proses oor taalimplementering te ondersoek en ʼn bevinding te maak oor hoe afwykings ontstaan het, sowel as aanbevelings te maak oor hoe om dit in die toekoms te hanteer.

In ʼn derde taalmosie het die raad toestemming gegee vir ʼn interim-maatreël om die taalspesifikasies vir akademiese modules met soepelheid toe te pas, met nakoming van die beginsels dat tale so gebruik word dat geen student van ʼn lesing uitgesluit word nie en dat die gebruik van Afrikaans in lesings verseker, bevorder en aangemoedig sal word. Hierdie tussentydse maatreël sal geld totdat die raad ʼn nuwe taalbeleid en taalplan goedkeur.

Heunis het gesê die nuutste verwikkelinge volg nadat AfriForum ʼn dringende hofaansoek gebring het, wat op sy beurt daartoe gelei het dat die universiteit ʼn skriftelike onderneming gegee het dat die beleid geïmplementeer sou word. Volgens Heunis is die doel van die besluite wat geneem is, om “volmag aan die bestuur te gee om, soos daar in 2016 weggespring is, voort te gaan met Engels as voorkeur-onderrigtaal ten spyte daarvan dat dit ʼn afwyking van die taalbeleid is en dat daar ʼn skriftelike onderneming aan AfriForum gegee is dat dit gestaak sal word”.

Hy het gesê hy is meegedeel dat die raadsbesluit teenstrydig is met die regsadvies wat tot die raad se beskikking was. “Die besluit kom in werklikheid neer op ʼn wysiging van die taalplan, wat nie voldoen aan die voorgeskrewe prosedures nie en wat die universiteit se ooreenkoms met AfriForum ongedaan maak. In die proses het die raad vir alle praktiese doeleindes sy beleid van meertaligheid versaak en ʼn beleid van buigsaamheid, wat die doodsklok vir Afrikaans is, aanvaar. Die raad het, soos wat die bestuur voortdurend doen, gebuig.”

Heunis het gesê die verwikkelinge het baie ernstige implikasies, nie net vir die US nie, maar ook vir onderwys in die algemeen, veral in die Wes-Kaap. “Ek beoog om in die nabye toekoms en op ʼn dringende basis samesprekings met ander rolspelers te voer om op ʼn strategie te besluit om hierdie dwaasheid te probeer hokslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Christa venter ·

OPEN PRIVAAT AFRIKAANSE UNIVERSITEITE. EK IS BAIE SEKER DAAR IS GENOEG FINANSIELE ONDERSTEUNING VIR SO IETS.

tamboti ·

Ja Christa maar sal die regering ons dit toelaat en sal die gepeupel ons uitlos. Dis duidelik dat hulle alles wil he en dit net vat soos die huidige instansies?

jc venter ·

Ek is doodseker, sonder om naief te wees, dat die Afrikaners (kinders van Suid-Afrika) wat Afrikaans koester en liefhet, verseker sal bydra tot die stigting van ander privaat Afrikaanse universiteite, en die uitbou van die reeds bestaande Akademia.

Ek is ook seker mense sal dit doen NET VIR AFRIKAANS sonder dat hul enigsins enige baat daarby vind. Solank hul weet hul bydrae dra by tot die behoud en uitbou van ons PRAGTIGE EIESOORTIGE INHEEMSE AFRIKA TAAL.

Indien elke persoon bv. R100-00 sou skenk om in ‘n belggingsportefeulje vir die doeleindes geplaas te word, en 100, 000-00 mense doen dit so sal dit ‘n aardige bedraggie geld wees wat aangewend kan word. Waarom nie se iets doen nie? WAT VERHINDER DIT, KOM ONS DOEN DIT MAN!

KOM ONS NEEM DIE TOEKOMS VAN AFRIKAANS IN EIE HANDE-ONS KAN EN MAG NIE DAT DAAR SO OP ONS EN ONS GELIEFDE TAAL GETRAP WORD NIE! NOOIT NIE!

Indien Afriforum die proses van stapel stuur sal dit ondersteun word!

AFRIKAANS ONS IS LIEF VIR JOU!

JC.

Otter ·

Solidariteit en andere is juis besig daarmee: Akademia, Soltech, Aros, ens. Ons moet nou ALMAL begin bydraes maak sodat dit moontlik is om hierdies uit te bou (bv. fakulteite uit te brei van Akademia)!!!

tamboti ·

Dan kan die Afrikaanse ouers maar die Universiteit in kennis stel dat hul nie meer studiegelde oorbetaal nie.
Hierdie saak gaan nie oor Afrikaans / engels nie. Die wit gesigte moet van alle universiteite verdryf word sodat hulle nie meer op grond van goeie kwalifikasies vir goeie poste kan aansoek doen nie.
Skole sal volg na die al die universiteite gekaap is.

mafoeta ·

Bou ‘n nuwe Universiteit, / gebruik leegstaande Industriële Geboue en rig ‘n 100% Engelse Universiteit in, dit moes al lank reeds gedoen gewees het. !!!!!!!!!
Die wat nou skop en slaan het geen GEVOEL en WAARDERING vir Stellenbosch nie. Behou dan US vir die wat daar wil studeer met ‘n gesonde Afrikaanse basis en Engels (getolk) en ook Xhosa (getolk).
HOU NET OP VERNIETIGEND OPTREE! Die arrogansie van ‘n WIM DE VILLIERS maak mens bang, want hy dink almal buite die kring het geen insig (of IK) nie, maar niemand is so blind as hy wat nie WIL SIEN nie.!!!!!!!!!!

TM ·

JC ek stem saam. Ons wag altyd dat iemand anders iets begin doen. Dis hoekom die ander klomp altyd ons ‘n punt bewys want hulle staan saam en doen net. Kom ons staan ‘n slag saam en bewys hulle dat ons nooit sal oorgee nie en sal aanhou veg. My beursie is oop vir oplossings.

Loeis ·

Afriforum, dit klink of julle heirdie een verseker in die hof gaan wen. Voeg elkeen op die Raad wie vir die wegdoen van Afrikaans gestem het in hul persoonlike hoedanigheid as respondente. Dit sal ‘n vreugdedag wees wanneer die saak met koste teen hulle gewys word!

Rina ·

Dis ongelooflik hartseer om te dink die land word geheel en al deur mense van die straat af, regeer terwyl die polisie en weermag se hande safgekap is, word die geweld openlik goedgekeur deur die regering, anders sou daar lankal plan gemaak word. Maar dissipline is n vloekwoord deesdae.

Wat-ek-lees ·

Niks anders as ‘n witskrif teen Afrikaans. Eerder genoem ‘n persskrif. Eie universiteite en dat hulle die huidiges druk is die oplossing.

Gesie ·

Wat my verstom is dat universiteite behoort te weet dat hulle tot niet gaan gaan as alle betalendes hul kinders daar onttrek. En nogsteeds swig hulle voor die gepuipel wat nie eers noodwendig studente is nie. Daar is nie ‘n manier waarop ek my seuns by hierdie universiteite sal inskryf nie! Stem saam, ek sal nou al belê in Akademia sodat meer fakulteite daargestel kan word.

Christine ·

Moslems (Indiers) het hul eie. Stem,ons kan ook ons eie he. Afriforum, julle “rock”. Ons sal aanhou bid. N klein groepie rooi t-shirts moenie hul sin kry. Kanie verstaan dat so n klein groepie ANC wil ” run”. Ons kan saamstaan as Afrikaners. Baie sterkte

wanda ·

Iemand al daaraan gedink……al hierdie kinders kry nou hulle grade in die nuwe universiteite, waar gaan hulle werk kry, beslis nie hier in suid afrika nie.. N uitgemaakte saak, al doen ons wat!

anna ·

afri doen julle ding!!!!!ons staan agter julle
dit gaan nie stop nie. Julle sal moet wenvir al ons blankes se onthalwe. sterkte. hoe gou gaan die hofsaak voorkom?

Elizabeth ·

Om ‘n universiteit te bou, kos honderde miloene rande, indien nie biljoene nie. Hoekom moet Afrikaners die universiteite wat hulle help bou het, nou versaak en nuwes bou wat ook teenstand gaan kry? Hoekom betaal ons vir opleiding wat ons anders wou gehad het? Die studente is die kliënte van die universiteit – weerhou eenvoudig julle klasgelde en kyk hoe vinnig kan beleid verander word!!!

Wouter ·

Elizabeth hoe kan jy jou klasgelde terughou? Jou kind kry nie toegang toe enige klas koshuis of kampus as hy nie vooruit betaal en registreer nie. Maw geen betaling geen toegang. My seun is eerste jaar op PUK en ek moes alles vooruit betaal vie eerste semester. Hoe kan ek my geld terug hou?

Wondermaarnet ·

Is dit nie teen die Grondwet om mense en hul taal te viktimiseer en te intimideer nie. Lyk my die dom rooies het niks beter om te doen as om te vernietig en te verwoes nie. So dra hulle hul sin gekry het gaan die universiteit “rommel” wees. Kan julle dink hoe gaan stellenbosch oor n paar jaar lyk……..rooi hemde, pers gesigte….

anna ·

engels is die taal van die kolonaliste
weet hulle dit nie? hoop die rugraatlose bestuur gaan hulle werk hierdeur verloor want na die eis wat hulle na die hofuitspraak sal moey betaal gaan hulle nie geld oorhe om hulle personeel te betaal nie. die hof wat n klomp lamsakke.

Johan 2 ·

Dit gaan nie stop nie, maak nie saak hoe mooi die linkses probeer saamspeel nie.

Ben ·

Skole soos Curro is privaatinstansies. dus kan akademia, ens hulle eie beleide hê. Ek stem vir n aanlyn Universiteit. Die grootste probleem van bg veranderinge is die maatskaplike toestande wat verander in en om die universiteits persele soos Tuks en Maties. Maties is n toerisme dorp en die waarde van eiendom gaan in die slag bly

jakes ·

Sterk wees Afrikaners en veral Afrikaner jeug ons is trots op julle , Hulle die gespuis gaan ons nie onder kry nie ons sal sterk word soos ons geskiedenis ons leer, ons sal nie buig vir die gespuis en slapgat Universiteits wit bestuur nie . Trap op ‘n Afrikaner en hy kry Krag van sy Skepper . die Afrikaner het nie voorvader geeste nie , die Afrikaner het ‘n Lewende Skepper God , die Enigste Een wat daar is . Staan sterk Afrikaner , jou God is met Jou.

Emile ·

Stellenbosch wil ooglopend nie meer Afrikaans wees nie. Gee dus Jan Marais se geld, wat vir ‘n Afrikaanse universiteit bemaak is, vir die stig en uitbou van ‘n privaat Afrikaanse universiteit wat wel, volgens sy wense, Afrikaans sal wees.

Oom Boer ·

Hierdie is die begin punt van verswakte opleidings strukture en alle opleidings hetsy Primêr, Sekondêr of Tersiêr gaan nog vorentoe geraak word. Dalk kan van die boere help in omgewings met stukkies grond vir privaat opleidings skole, koshuise, sport ontwikkelinge ens/ Ek het ‘n stukkie strand erf te Paradys strand onontwikkel wat vir enige doel gebruik kan/mag word tot voordeel van die Afrikaanse Gemeenskap as daar enige belangstelling mag onstaan en is plus minus 880vk meter.

Apollo ·

Alle aanduidings is daar dat Suid-Afrika op ‘n hoogs voorspelbare, post-koloniale “road to nowhere” is. Die besluit om die land te verlaat, was die mees bevrydende oomblik van my lewe en ek raai almal met jong kinders aan om dieselfde te doen. Weens die massiewe foute wat gedurende die Apartheidsjare gemaak is, sal rasseverhoudings nooit weer moeiteloos kan wees nie, en te oordeel aan onlangse gebeure is dit duidelik dat die “Reënboognasie” nie bestaan nie. Die wanhopige geklou aan Afrikaans as simbool van ‘n identiteit sal ook niks bereik nie, want ons weet heimlik dat die skrif aan die muur is. Die Afrikaner is eenvoudig nie meer geregtig op ‘n mening nie. Gee jul kinders dus die gereedskap om oorsee ‘n heenkome te vind in plaas daarvan om hulle te isoleer aan die suidpunt van Afrika.

Liewe Heksie ·

Afriforum gaan vir wat ookal vir my AFRIKAANSE kinders tot voordeel kan wees jul het my ondersteuning en bydra’s En ek glo as ons nou as Afrikaans sprekendes ons geldjie kan bymekaar (saamstaan) sit kan daar n verskil gemaak word Enigeiets waarby my kleinkinders uit voordeel kan trek

Theresa B ·

Ruggraadloos…………………………………….

neelsie ·

Afrikaners,
Tyd is nou hier om saam te staan.
Skep ons eie instansies, beskerm ons taal en tradisies.
Hierdie barbaarse optrede gaan oor meer as net taal- dit is n totale aanval teen die beskawing en teen die Christene.
Anargisme is die taal en optrede van die duiwel!

Andrea van Vuren ·

Maroela het my vorige kommentaar nie geplaas nie. Ek probeer weer. Wié het al ons land se universiteite, hospitale, munisipaliteite, teaters ens. gebou? Nou wil hulle Tuks se naam verander, seker na een of ander onbekende struggle kommunis s’n. US is in sy doodsnikke en RAU is nou UJ. Ek gee op, dink Satan grynslag heerlik saam met ons e no 1 in die Uniegebou wat ons gebou het!

Gerhard Burger ·

Toe ek die bewoording en bedoeling van die mosies, veral die laaste mosie gesien het was die raad se ineenstorting duidelik. Regtens moes die raad se standpunt gewees het dat daar by die taalbeleid, soos dit wettig besluit is, volstaan word. Jan Heunis argumenteer tereg dat die afwyking van die taalbeleid, soos die raad dit gedoen het, as onregmatig uitgewys kan word. Ek ondersteun Academia, dit is egter ook belangrik om die plek van Stellenbosch te beskerm. Academia sal nog ‘n paar jaar neem om as uitgebreide universiteit te ontwikkel. Intussen is daar Afrikaanssprekende studente op Stellenbosch en dit is in die Wes-Kaap met ‘n meerderheid Afrikaanssprekers. Afrikaans het ‘n verkreë plek aan die US met grondwetlike verskansing. Die universiteitsowerhede is verplig om op die huidige feite gewoon uitvoering aan die grondwet te gee. Ook blyk dit dat die universiteit se werwingsaksies reeds geruime tyd wyd en syd op Engelssprekende studente ingestel is. Hierdeur word die demografie van die US op ‘n onnatuurlike wyse versteur EN oorvol klasse verseker. Ja vir optrede. Afrikaanssprekers moet hulle afwysing aan die universiteitsowerhede duidelik maak. ‘n Goed ondersteunde protes waarby die breë Afrikaanssprekende gemeenskap saam met Afrikaans studente betrokke is moet organiseer word, en – volgens ‘n opmerking hierbo, voeg die raad ook nou as respondente indien Afriforum die hof sou nader vir ‘n bevel teen ‘n afwyking van ‘n ooreenkoms EN die taalbeleid. Ek sal my bydrae lewer – beide in persoon en finansieël.

hans ·

Die vinnige ommekeer van US Raad oor die taalbeleid is besonder vreemd en dat hulle teen hul eie regsadvies besluite neem nog vreemder Ek oordeel daar uitsonderlike druk op Raad uitgeoefen is om taalbeleid skielik te wysig,ek sien “Open Stellenbosch” se hand hier in. N intensiewe ondersoek behoort uitgevoer te word hoe dit gebeur het dat n groepie soos “Open Stellenbosch” soveel invloed op die besluitnemingsprosese van die universiteit kan uitoefen.

hans ·

Een van die skrywers verwys na Curro skole-is hulle fokus nie op onderrig in Engels nie?

hans ·

Kan Afriforum en Soldariteit dalk onderhandel met die trustees van die “Jan Marais” bemaking om die om van die fondse na Akademia oor te plaas siende dat Stellenbosch nou n Engelse pad wil volg en nie meer Afrikaans wil wees nie. .

jimmy ·

Alle groepe moet saamwerk. Hier is dit duidelik ni net oor die taal afrikaans nie. Dit gaan oor wit en swart en daar is alreeds aangedring oor mederheid toelating vir n spesifieke groep. In die geval gaan veral wit studente onttrek en na alternatiewe opsies kyk. Nou wonder ons hoekom is plase wat voorheen toegeken is onbewerk, hospitale in so swak toestand en nou universiteite. Ag tog, wat het ons leiers gedoen en waar is die huidige regering wat moet ingryp, lyk of hul die chaos ten volle goedkeur. Jammer vir vandag se jeug. Dis nie goed vir ons land nie. Daar was jare tyd om op verskeie maniere regstellende aksies te hanteer en dis nie gedoen nie.

Jacobus Pienaar ·

Slimwim en sy bende, voer mense van regoor Afrika in, bou net nog nuwe koshuise en breek huise af vir nuwe woonstelle vir toekomstige gebruik. Ten koste van die dorp se infrastruktuur. Dit om die Afrikaanse element te oorheers, hy spog vreeslik met sy prestasie.
Die studente is almal gaste vir n jaar of meer. Die dorp is weer n rustige Afrikaanse omgewing vakansietye. Die ergste is dat hy die Afrikaanse personeel wil forseer na Engels. Hoe gronwetlik is dit? Afriforum, gebruik dit ook in jul stryd.. Baie sterkte..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.