‘US nie rassisties nie, maar ons het rassiste’

Verteenwoordigers van Universiteit Stellenbosch in die parlement voor die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding Foto: ANA

Verteenwoordigers van Universiteit Stellenbosch in die parlement voor die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding Foto: ANA

Die uittredende voorsitter van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aan die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag gesê die universiteit kan nie in sy geheel rassisties genoem word nie.

“Stellenbosch is nie rassisties nie, maar ons het rassiste,” het Stefan Lang in sy toespraak aan die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding, gesê.

Die universiteit en verskeie aandeelhouers, insluitend die VSR, moes voor die komitee verskyn om bewerings van rassisme by die universiteit te bespreek. Die bewerings het aan die lig gekom in ʼn dokumentêr genaamd Luister wat op YouTube gelaai is deur die studentebeweging, Open Stellenbosch.

Lang het gesê die VSR fokus daarop om diversiteit te vier. “Ons visie is om ʼn verwelkomingsetos te handhaaf en enigiets wat teenstrydig is daarmee, moet uitgeroei word,” het hy gesê. Hy het gesê alhoewel rassisme “onomwomde” teenwoordig is by die universiteit, “kruip dit in die hoeke weg”. Hy het gesê die universiteitsgemeenskap moet hard werk daaraan om diskriminasie aan te spreek.

Die nuwe VSR-voorsitter, Axolila Qina, het by Lang se versoek tot optrede aangesluit en gesê dit sal die kern vorm van die nuwe VSR se termyn. Hy het gesê dit is hoog tyd dat die universiteit sy gemeenskaplikheid, sy menslikheid, vier.

Lees alle vorige berigte oor Universiteit Stellenbosch op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jaco ·

Ai die ou woordjies Rasisme en Apartheid. Ek wonder hoeveel rasiste is in die ANC? Of kan n swart persoon nie n rasis wees nie…

Kaspaas ·

Daar is baie swart rassiste daar – beslis in die meerderheid.

Winston ·

Kyk maar na die beeld materiaal op SAUK nuus ook. Hulle (EFF) houding sê alles. Ons het ook regte. DIS ONS REG OM ONS STANDAARDE TE LEEF. LAAT HY SY STANDAARD IN SY LEERPLEK LEEF. Wanneer gaan ons ophou terugval?

JAN BRITZ ·

As alles wat die Afrikaner opgebou en ontwikkel het dan so sleg is, wat soek hulle daar? . Watter universiteit het hulle tot stand gebring? Gaan studeer daar. Voel vry! Onthou n mens word nie onthou vir wat jy verwoes het nie. Jy word onthou vir wat jy tot stand gebring het.

Anneke ·

Ek moet se die video wat geneem is binne die Elsenburg Lanbou kollege soos op You Tube en news 24 het die Boer seuns hulle nie laat intimideer nie. Toe hulle begin terug baklei hardloop al wat n lafaard is sweep en al . Mooi seuns. Jul het die situasie hanteer die beste wat jul kon.

Carel ·

Dit gaan oor niks anders as om beheer oor te neem en te wys wie is die baas. Uiteindelik sal die standaarde van die staats universiteite begin val soos die lektore vervang word. ‘n Laerskool kind uit die ou dae sal meer weet as ‘n professor. Gaan kyk maar wat aangaan by die kolleges en van die skole. Die dosente/onderwysers is nie in die klas , of het geen vak kennis plus geen praktiese idee wat aangaan in die werklikheid. Klasse se inhoud by die plekke soos tegniese kolleges is onsinnig , asook die eksamens en aanstellings gebeur nie op meriete nie. Al wat gepraat en gedoen kan word is sinnelose redenasies. Die grade en kwalifikasies sal nie die papier werd wees nie. So as die name van die instansies verander word , vat dit en maak privaat universiteit/e wat die naam met trots kan verder dra, of maak hulle heeltemal tot niet . Neem die lektore wat hulle werk gaan verloor in by hierdie instansies. Hou dan ook op om almal te probeer paai, en enige informasie te deel. Kry kreditasie vanaf oorsee en los die res van die land. Die laaste paar jaar het die Afrikaanse universiteite ook begin self begin meewerk aan hulle eie verval met allerhande politieke speletjies in plaas daarvan om kennis oor te dra en op te voed. So mense doen iets terwyl jy nog kan, want die tyd is amper reeds te laat. Maar dit is nooit te laat, as ‘n volk sy leiers roep wat in sy /haar hart belange het van daardie volke, en die leiers die kans gee om te lei en ook saamwerk, dan sal daardie volk ten spyte van groot uitdagings en probleme sukses bereik. Die land kan ‘n pragtige land wees vir almal, maar ongelukkig wys die werklikheid dat die regering ons nie hier wil hê in woorde, dade en in houding. Dit word gewys uit hierdie gebeure dat die stand van sake die werklikheid is, en kan nie weg geredeneer word nie. Daarom sê ek drie dinge 1: As die volk of wat hulle ook al hulle self wil noem sal hulle moet begin opstaan en dinge vir hulself doen, nie wag vir leiding van iemand nie maar self begin eie leiding neem, 2 mekaar te help om self dinge te vermag 3 op te hou om met mense te praat en te gesels wat nie hulle belange dra nie, want hulle luister nie. Al hierdie dinge wat die regering en onstigtende “studente” doen gaan uiteindelik terugkom na hulle , of dit volgende week , maand of oor jare is.

Leon ·

Ek stem saam. Akademia is nou ‘n goeie voorbeeld van ‘n privaat en Afrikaanse universiteit.

Tollie Louw ·

Die ou Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) was ‘n mooi en opkomende universiteit wat puik akademiese opleiding verskaf het! Navorsing wat daar gedoen was, was van wêreldgehalte. Toe moes dit ook transformeer om by die nuwe politiek aan te pas – dit moes inklusief word, die taalbeleid is verander. Vandag is dit ‘n sirkus en geen graad wat nou daar verwerf word, het enige waarde nie. Stellenbosch loop presies dieselfde paadjie! As ek nie die standaard kan haal nie, blameer ek iemand of iets anders! Niks wat suksesvol is het tans bestaansreg in SA nie. Kyk maar na die inmenging by SA Rugby. Hulle wil alles hê, maar kan niks anders doen behalwe afbreek nie! Oor 5 jaar gaan die rugby/US ook soos die sokker lyk – korrup!

Wat nou? ·

Carel en Tollie, wat gaan ons maak dat hierdie feite deurdring tot dat ons begin vas staan??!! “Tot hier toe en nie verder nie”!!

chris ·

Carel en Tollie julle slaan die spyker erg raak.

“US is nie rassisties nie”.
Julle lieg blatant en wil nou he ons moet die snert glo? Natuurlik is julle rassiste. In my boek is ‘n persoon of instansie ‘n rassis as hy iemand bevoordeel op grond van ras onderandere, daar is ook ander voorbeelde. Se gou vir ons as ‘n blanke kind beter punte behaal as ‘n swat kind kry hy toelating se maar tot die mediese fakulteit of is daar verskillende standaarde vir verskillende rasse?
Indien wel is julle rassiste net soos die ANC,DA,EFF wat bee en al die ander rassistiese wette onderskryf.

Hou op lieg julle huigelaars!

Bruno Stef ·

Weereens die blanke Afrikaner in die beskuldige bank en moet voor n gelaaide ANC paneel verskyn om sy skuld al dan nie te bieg en te bepleit.Dit is presies wat die kommunis met opgeswelde poffer gesig en handtjies wil he en dan nog bygese die armsalige bekentenis van die Universiteits woordvoerder op n aborsie en eensydige SG verklarings waarvan geen bewyse bestaan nie.

Flippie ·

Ons, die Boervolk, Afrikaners, en ander Afrikaanstaliges word tans onderwerp aan ‘n intense aanslag op ons onderskeie kulturele onderbou. Afrikaanse instellings, alle afrikaanse instellings.
Die meeste afrikaanse besighede en instellings moes noodwendig onder die huidige rassistiese ANC regering transformer om ekonomiese oorewing. In die proses is duisende Afrikaanses so van werk- en bevorderingsgeleenthede ontneem dat hulle of in ondergeskikte werksposissies misbruik word, werkloos is of emigreer het.
Feit is dat die ANC die drywer van hierdie ontmagtigingsaksie is. Aan die oppervlak word hierdie rassistiese beleid verdedig deur ‘n ANC geskepte persepsie dat hierdie rassisme geregverdig is deur die onregte van die verlede. In werklikheid word die beleid van regstellende aksie en transformasie bedryf deur ‘n intense haat teenoor Afrikaanses.
Hierdie aanslag teen opleidingsinstellings waar Afrikaans gebesig word, word uit die oorlogskamers van die SAKP en ANC gedikteer. Die strategie wat gevolg word is die skep van ‘n persepsie wat uit leunagtige voorstellings gegrond word. In hierdie geval opgerakelde rassistiese voorvalle en gepaardgaande gewaande slagoffer mentaliteit. Van hieraf aan word die persepsie as die waarheid voorgehou en as verskoning gebruik om afrikaanse instellins met behulp van die staat se institusionele meganismes en magte te verguis en in nietigheid te laat verdwyn.
Dit is hoogtyd dat die afrikaanse gemeenskappe hulle rue moet styf maak en ‘n onverbiddelike standpunt hier teen inneem.
Ons moet ook teen leidende afrikaanse individue wat sogenaamde middeweg standpunte jeens die kwessies inneem “ontleier”. Hulle is bewustelik of onbewustelik besig om rassisme, die weklike en gevaarlike rassisme wat teen afrikaanses gemik is, te vetroetel en te voted.
Ons bly in die land en is geregtig om hier te woon, te lewe, te werk en dood te gaan in vrede soos wat ons wil en soos wat ons begeer sonder die inmenging van drakoniese rassistiese wetgewing.

pop ·

As ek nou n wens kon kry, sou dit wees om hier te kon sien oor 50 jr. Daar sal natuurlik geen blankes wees nie, en ook niks anders nie. Ek moet net seker maak dat my kinders en kleinkinders almal weg is. Ons oues se dae is getel maar hulle kan iewers anders hulle kinders van n toekoms verseker.

chris ·

Nee pop daar is geen beter land as die een nie.Daar is orals probleme in die wereld en die meeste westerse lande begin nou waar ons in die 80 jare was.Die proses gaan hom net herhaal daar en ek is nie lus vir dieselfde paadjie weer nie.Miskien is Rusland ‘n uitsondering en dis ‘n groot miskien.
Hierdie gemors moet sy loop neem en aan die eiende sal ons baie beter af wees solank ons die dinge begin aanspreek,planne maak en planne uitvoer.Die gewaarwording begin nou stadig maar seker posvat by ons mense en die blatante rassisme teen ons is ‘n vertrekpunt vir baie gewese liberaliste wat nou uit hul sluimerslaap wakker skrik.
Ons moet net aanhou om hierdie leuns en dubbele standaarde aan die groot klok te hang vir wat dit is.Hierdie leuns word veral versprei deur naspers en hul sogenaamde joernaliste en blanke liberaliste.Let egter op hoe kom die mense dit nou agter terwyl dit ‘n paar jaar terug glad nie raakgesien is nie.Baie meer mense lees die alternatiewe media vandag as 2 jaar terug .Dit sal baie interessant wees om die groei van Maroela media te kry vanaf hulle bestaan.

Bly hier, hou jou kinders hier, hulle sal jou ewig dankbaar wees.Ek kom uit ‘n ander land waar dit nou baie beter gaan met die bietjie witmense wat agter gebly het.Afrika het ons baie meer nodig as wat die meeste mense dink .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.