US ondersoek ook ‘n ‘swart-gesig-foto’

Die foto wat op sosiale media versprei word.

Die foto wat op sosiale media versprei word.

Die Universiteit Stellenbosch (US) het bevestig dat hy ondersoek instel na ʼn foto wat op sosiale media versprei word van twee Maties met swart gesmeerde gesigte.

Die foto is glo by ʼn 21ste verjaardagpartytjie geneem en die twee studente was soos die tennissusters Venus en Serena Williams aangetrek.

Susan van der Merwe, ʼn woordvoerder van die universiteit, het gesê prof. Leopoldt van Huyssteen, waarnemende rektor en visekanselier, het versoek dat die saak ondersoek word, aangesien die inligting wat op sosiale media versprei word die enigste inligting tot hul beskikking is. “Hy het ook alle inwonende en besoekende hoofde van koshuise, privaatwyke en klusters versoek om die sensitiwiteit van sulke optrede met hul studenteleiers en studente te bespreek.”

Volgens die universiteit keur hy enige optrede af “wat moontlik van sy studente, sy personeel en lede van die publiek kan aanstoot gee, en wat moontlik teenstrydig is met die Grondwet en die verwelkomende kampuskultuur wat die US wil bevorder”.

Van der Merwe het gesê daar is duidelik uiteenlopende menings en sienings oor die swart geverfde gesigte. “Dit is egter voortydig om uit hierdie geval enige afleidings te maak of enige optrede vooruit te loop. Die US-bestuur sal na gelang van die uitkoms van die ondersoek gepaste stappe oorweeg,” het sy gesê. “Die voorval het die kampus aan die praat en hopelik lei dit tot groter wedersydse begrip in ons studentegemeenskap.”

Die Universiteit van Pretoria (UP) is intussen steeds besig met ʼn ondersoek na twee van sy studente verlede maand op ʼn foto verskyn het waar hulle huishulp-klere aangetrek en hul gesigte ook swart gesmeer het. Die foto is glo by ʼn temapartytjie geneem en is ook op sosiale media versprei. Die studente is tydelik uit hul koshuise geskors. Hulle mag steeds klasse bywoon.

Lees ook:
“Swart gesig”-ondersoek duur voort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

HEVW ·

Oeg, dit is darem n gewigtige saak.Di tis noual n maand en UPis nog steeds besig om die saak te ondersoek.keinlikheid verby.

Bianca ·

Die sleutelwoord hier is “21ste partytjie”… Weereens ‘n privaat partytjie wat niks met die Universiteit te doen het nie. Ek weet nie hoekom ek nog na hierdie blad kyk nie. Dit maak my net woedend!

Tannie T ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie! Regtig!!! Is daar nie belangriker kwessies wat aandag benodig nie! Soos moordsyfers wat klim en bedrog en en en!!! Die dam word nou behoorlik onder die eend se agterent uitgeruk!

a van blommestein ·

Ag wat, as al die lelie studente die “bols” het moet hulle net ‘n swartgesig dag hou,wat dan ?

Hendriette ·

Ag genade! Dit is belaglik. Wat moes hulle dan die William suster as witmense voorgestel het. Dan was dit weer rassisties , want hulle dink dat die suster beter sou gewees het as hulle wit was. Wat gaan aan met hierdie land? n Mens kan nie skuins draai sonder om beskuldig te word van iets nie. Dit was by n privaat partytjie!

Pieta ·

Ag kom nou, is dit nou so sensitief, mag mens die woord swart nog op die kampus se. Dit raak nou belaglik

Babs ·

Wat van die swart vroue met blonde hare. Kan net blond wees as hulle albinos is. Verlede week weer ‘n fliek van Leon Schuster op nasionale TV met sy swart gesmeerde gesig. Hoekom studente uitsonder.

Gert ·

In hul haas om in die politieke kollig (lees dampkring van die ANC) te kom skep die benepe leierskap van vroeere prestige instellings wanorde uit orde en word beuselagtighede tot lofwaardige strewe verhef. Wat ‘n patetiese spul – die jongelinge het geen benul van die sogenaamde ‘black face’ satiriese geskiedenis nie maar word nou vir studente pret as sulks (rassisties) verkwalik. Wat ‘n pot ……………………..gom!

marianna ·

Hoe belaglik! Al die swart dames wat met witgeverfde gesigte rondloop, niemand praat daaroor nie Groei op in die universiteite mens sal dink dit is ‘n laerskool!

Dennis ·

Die s….rt tennis susters behoort gevlei te voel , hoor gou net wat se hulle , dan is die’ internasionale kwessie opgelos , maar aan die een kant voel ek dit behoort voor die VN se algemene vergadering gestel word met die volgende sitting . Wat se Obama toe daarvan ? Ons kan hierdie saak nie net hier laat nie . Wat van die knape kontak werklik die Withuis ,die tennis susters en Putin . . Dear Zeena and Geena , we are huge fans , we even dress like you when playing tennis . It will give us great joy if you could autograph our Photo . iets soos dit en saak opgelos

Marlene ·

Goeie f@k kan die mense nou regtig so verdomp stupid wees. Dit was n privaat party . Duideliek het hulle niks beter om tedoen met hul lewe nie. Verdomp bou n brug en kom oor julle nonsense. En jammer vir die tweede word van my sin.

Ben ·

Ek wonder net wat sou gebeur as Swart studente hulle gesigte wit verf?

Sjert ·

Uitstekende argument!
Ongelukkig veels te PI (Polities Inkorrek) om meer aandag in die PK media te ontvang.

P.S. Du Plessis ·

Dit is belaglik.Op Sony/Max wys hulle elke dag vir

die Amerikaanse Akteur EDDY MURTH

Y

di

Dit is skoon belaglik. Die Eddy Murthie show op SONY/MAX adverteer gereeld die swartman wat sy gesig en hande wit gekleur het en homself as n ou wit joodse man voorstel. ASB julle martelare wees net konsekwent en veroordeel dit ook.Ons praat mos nou van Amerikaanse celebrities hetsy Tennis of Akteur.

Griet ·

Dit was duidelik ñ tema-partytjie. Hoe moet jy iemand uitbeeld as jy nie van grimering gebruik mag maak nie. My kollegas by die werk daag gereeld met blonde en rooi langhaarpruike op. Hul beledig ons. Hul hou nie van w mense nie, maar volg alles wat ons doen. Hul gebruik straightning lotion om hul hare reguit te maak en ontslae te raak v hul natuurlike krul. Hul eie tradisionele rituele val weg om ons na te volg. Nou hoe nou? Wat dan v die witgeverfde outjies langs pad wat dans by die robotte vir geld? Hoekom ñ wit gesig?

rikku ·

Griet, ek stem saam met jou ! Hulle Plak hul gesigte met grimeering om meer w te lyk, wat nie by hulle pragtige velle pas nie. Lyk kompleet soos “n stoflaag op hul gesigte. en dan se hulle ons mag nie ons gesigte bruin of swart smeer nie. “Instan Tan ” produkte gaan ook seker nou van die rakke verwyder , moenie eers praat van Spray Tan nie. Ons word gehaat omdat ons velle wit is, so hoekom mag ons dit nie donker maak vir ‘n tema partytjie nie ? Nee, dan word dit Rassime genoem ! My gom man, wat gaan aan met die wereld ?

Gert Malan ·

Ag, hoe belaglik en eenvoudig!! Niemand word mos beledig nie?!

Elizabeth ·

Ons het nooit ons broeke bevuil toe anderskleuriges in die ou dae hul gesigte met Eskamel of iets besmeer het in hul pogings om wit(-ter) te word nie. Vandermerwes het hul nooit vererg as daar honderde grappe oor hul gemaak is nie. Wat van die boer, Skot en Engelsman grappies wat jarelank die rondte gedoen het? Ek weet nie van een Skot of Engelsman wat wou hof toe gaan omdat hulle gewoonlik as die dommes in sulke grappe voor gekom het nie. En die dom bokser grappies – ook geen probleem. Oee en wat van blondine grappies? Wat van die komediante wat met als en almal die spot dryf – niemand kla oor dit nie! Maar moet tog nou NET nie jou gesig swart smeer nie, o jinne nee, dis darem NET te erg. Haal tog jul rassistiese chip van jul skouer af en los mense om pret te hê soos hulle wil. NS Wanneer raak iemand histeries omdat Leon Schuster sy gesig in heelwat flieks swart gemaak het???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.